Kampioen haal halfeindronde net-net

Die wenner van verlede jaar se Curriebeker- Eerste Liga het vanjaar se halfeindronde net-net gehaal.

ʼn Puik sege van 40-7 (rustyd 15-7) Vrydag in Oos-Londen oor Grens, in die heel laaste rondomtalieronde, het die Griffons in staat gestel om met 19 ligapunte Boland (op 15 punte) verby te steek, en vierde te kom.

Dit beteken ʼn weghalfeindstryd teen Suidwestelike Distrikte vir die Noord-Vrystaters.

Die Griffons-haker, Anrich Alberts, het drie drieë gedruk.

SWD het boaan die punteleer geëindig deur die Oostelike Provinsie Saterdag in Despatch met 36-7 te verslaan (rustyd 19-0).

Die Valke het die Luiperds Vrydag op eie werf geklop, en hul kragmeting in Potchefstroom met 41-35 te wen (rustyd 28-21).

Dit beteken dié twee pak mekaar wéér in die ander halfeindstryd, dié keer op die Valke se tuisveld.

Die puntemakers –

Luiperds 35 (21) – Drieë: Dean Stokes (3), Lungelo Gosa, Marius Stander. Doelskoppe: Schalk Hugo (5).

Valke 41 (28) – Nie beskikbaar nie.

Grens 7 (7) – Drie: Billy Dutton. Doelskop: Aphiwe Stemele.

Griffons 40 (15) – Drieë: Anrich Alberts (3), Jean-Jacques Pretorius, Duan Pretorius, Nkululeko Marwana, Thato Mavundla. Doelskop: Duan Pretorius. Strafdoel: Duan Pretorius.

OP 7 (0) – Nie beskikbaar nie.

SWD 36 (19) – Nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.