Kampioene slaags in Oos-Kaapse eindstryd

Saterdag se eindstryd in die Oos-Kaapse Super 12-reeks bied vanjaar ʼn ware kragmeting van kampioene.

Die deelnemende bonde, die Oostelike Provinsie en Grens, se onderskeie klubkampioene Gardens (Uitenhage) en Oos-Londen Polisie, sê mekaar om 15:30 op Uitenhage se Sentrale Sportveld om die eerste prys van R50 000 die stryd aan.

Gardens, ook die verdedigende Super 12-kampioen, het so hittete vanweë ʼn administratiewe fout die eindstryd misgeloop, en moes ʼn hofbevel kry om sy reg in dié opsig te verdedig.

Hy het die tuisveldvoordeel, maar Polisie se ervaring in die afgelope internasionale reeks om die Goue Beker kan hom goed te pas kom.

Toeskouers behoort hulle te kan gereedmaak vir ʼn rugbyskouspel van die boonste rak.

Progress (Uitenhage) en Spring Rose (New Brighton) speel om 11:30 om die derde en vierde plek uit.

Die reeks word deur die Oos-Kaapse Departement van sport, ontspanning en kultuur geborg en onder die beskerming van die provinsiale sportkommissie aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.