Kan dié Crusaders-XV-tal geklop word?

Richie McCaw het 148 toetse vir die All Blacks gespeel. Foto: Facebook.

Die Crusaders is vanjaar weer – soos telkemale in die verlede – die voorste span in die Superrugby-reeks.

Die Sharks het weliswaar verlede week gelyk teen Sam Whitelock se troepe in Christchurch gespeel, terwyl die Waratahs hulle óók getroef het, maar met 42 ligapunte het hulle so te sê reeds een hand op die silwerware.

Die webblad allblacks.com het pas die beste Crusaders-span ooit gekies. En selfs internasionale spanne sal swoeg om dié vyftiental te klop.

Waarskynlik die beste losskakel van alle tye – Daniel Carter. Foto: Facebook.

Met Wêreldbeker- en Superreeks-wenners in hul geledere, sterk leiers én spelbrekers, sal enige span (waarskynlik in die geskiedenis van die spel) sukkel om by hulle kers vas te hou.

Name soos Daniel Carter, Richie McCaw, Kieron Read, Israel Dagg en Leon MacDonald trek onmiddellik die aandag, om dan nie eens van Codie Taylor en Justin Marshall te praat nie.

Die vyftiental het altesaam 1 074 All Blacks-toetse agter hul naam.

 

 

Die span:

Leon MacDonald (heelagter – 56 toetse)

Israel Dagg (regtervleuel – 66 toetse)

Ryan Crotty (buitesenter – 44 toetse)

Aaron Mauger (binnesenter – 46 toetse)

Caleb Ralph (linkervleuel – 14 toetse)

Daniel Carter (losskakel – 112 toetse)

Justin Marshall (skrumskakel – 81 toetse)

Kieron Read (agtsteman – 119 toetse)

Richie McCaw (flank – 148 toetse)

Reuben Thorne (flank – 50 toetse)

Samuel Whitelock (slot – 108 toetse)

Todd Blackadder (slot – 12 toetse)

Owen Franks (stut – 106 toetse)

Codie Taylor (haker – 41 toetse)

Wyatt Crockett (stut – 71 toetse)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Boerboel ·

RICHIE Mc Caw OP sy beste is baie gevaarlik vir engige span wat reen hom speel. Ek dink nie daar is iemand wat sy revering het OP flank nie. En as hy toegelaat word om op die onkantlyn te speel is hy n’ groot during in die vlees.

Johan ·

Die ou bokkies kan maar by die All Blacks gaan leer wat is dit om n Trotse
rugby speler te wees. Richi jys n yster. Go All Blacks ,Crusaders

Swartwolf ·

Nie net was McCaw ‘n fantastiese speler nie maar seker een van die beste kapteins wat ooit ‘n rugbyspan gelei het. Vergelyk huidige internasionale kapteins met hom en hulle lyk maar sleg. Dalk Alun Wynn Jones van Wallis en huidige All Black kaptein Kieran Read staan uit. Huidige bok kaptein is nerens nie as speler of leier. “Dwarf in a giants robe”.

Bekommerd ·

My oe het baie jare terug oop gegaan, toe die ANC begin het om in te meng in sport.
Ek ondersteun al vir jare die Crusaders en All Blacks

Boerboel ·

Stem saam Swartwolf. Hy was goed en ek dink nog steeds. n’ legend.

Ai. ·

Die beste flank maar ok die best skelm in wereldrugby was hy… Baie onkant gespeel en daarmee weggekom….

Swartwolf ·

Kyk op you tube “Richie McCaw – the game starts here”. Dis hoekom hy beskou word as die grootste All Black ooit en beste toetskaptein ooit.

Pieter du plessis ·

Net so kan ek n transvaal span bymekaar sit die een wat die super 10 gewen het en wat ek glo min internasionale spanne sou kon wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.