Kan dit waar wees: Duane is op pad en Mitch waai?

Duane Vermeulen – Is hy op pad na die Bulls toe? (Foto: GB Jordaan)

Dit sal darem baie ironies wees as John Mitchell, die Bulls se afrigter, byna alles kry waarvoor hy gevra het, maar dan steeds die pad na Engeland vat.

Volgens The Mail on Line het Mitchell reeds die aanbod aanvaar om Eddie Jones se Engelse span se verdedigingsafrigter te word (ek het ʼn voëltjie hoor fluit dat hy as aanvalsafrigter ingespan sal word, wat baie meer sin sou maak).

Jones het die Aussie Scott Wisemantel as sy aanvalsafrigter gehad vir die reeks van drie toetse in Junie teen die Bokke, maar Engeland is met 1-2 verslaan.

Al wat glo nog in Mitchell se aanstelling se pad staan, is dat die Engelse Rugbyunie (RFU) die Blou Bulle Maatskappy (BBM) sal moet vergoed, want sy kontrak by hulle verstryk eers aan die einde van Oktober 2019.

Die RFU het die BBM aanvanklik €50 000 pond (sowat R900 000) aangebied, maar die BBM het glo op €500 00 pond (bykans R9 miljoen) aangedring. Daar sal straks oor ʼn middeweg ooreengekom moet word.

Sy salaris by die Bulls beloop R3,5 miljoen per jaar en hy kan R5,4 miljoen by die RFU verdien.

Die Springbok-agtsteman, Duane Vermeulen, het intussen die Bulls se aanbod aanvaar om hom aanstaande jaar in Pretoria  te vestig, het Rapport Sondag berig.

Dit was een van Mitchell se pleidooie aan die Bulls: stel R90 miljoen beskikbaar om die regte span(ne) en spelers te koop om sukses te behaal. Die kans bestaan ook nog dat die Springbokhaker Schalk Brits sy loopbaan in die Jakarandastad sal voorsit.

Is dit nie waarvoor Mitchell gevra het nie? Hoekom vat hy dan die pad?

Die Bulls het nou 15 Springbokke in Vermeulen, Marco van Staden (nuwe Bok), Lood de Jager, RG Snyman, Jason Jenkins, Lizo Gqoboka, (dalk) Brits, Trevor Nyakane, Embrose Papier, Ivan van Zyl, Handré Pollard, Jesse Kriel, Travis Ismail, Jamba Ulengo en Warrick Gelant.

Maak dit alles sin?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik UAE ·

Ek pleit vreeslik onnosel maar is hulle almal springbokke?SJOE! Wys net hoe agtergeblewe is ek .

Callie ·

Helfte van hulle hoort nie eers in Bulls span nie. Nou kan almal dalk verstaan waar rugby regtig in SA is

Joshua ·

Eish, John Mitchell,, hoe kon jy? Maar nou ja, geld is meer belangriker as lojaliteit aan die Bulle.

Rupert Ashford ·

Hy, as buitelander het nie nodig om hom met die politieke hool te vermoei wat SA sport is nie. Ek sou ook loop as ek hy is.

Mrs H ·

Dit sal glad nie ironies wees nie. Ons staar n rasse oorlog in die gesig! Hy hoop seker die volgende breier vat wat hy alles gekry het en gaan vorentoe daarmee… Ek natuurlik, hoop hy gaan Engeland toe en gaan praat sin in daardie “royal-confused” se koppe in, om ons te kom bystaan in SA. After all… Die Britte het vir ons n “royal-boggerop” hier geskep, en maak of hulle van niks weet!

Danie ·

As Michell n span wil bou moet hy tenminste 3 seisoene kans gee kyk na Heyneke Meyer (Bulls), Johann Ackerman (Lions) ens. n Wenspan word nie in 1 seisoen van 0 tot kampoein gemaak nie.

Oom Kalahari ·

John Mitchell, jy het ‘n wonderlike geleentheid gekry, neem dit en kom uit hierdie Afrika hool met jou gesin. Jy sal en gaan beter sukses by RFU behaal waar jy geensins druk van kwota toepassings gedreig gaan word nie en waar spelers op meriete speel. Jy het die strategiee en ondervinding John, pas dit toe en maak ‘n sukses, want SA Rugby beweeg na ‘n dooie punt. So ook spelers van formaat, gaan liewers oorsee en ontgin jouself met sukses.

Henry ·

Dankie Oom Kalahari!
Waarom buitelanders nog in hierdie kwotasirkus wil rondhang, weet nugter of wie ookal steeds hier rondsluip.

nico k ·

Pieter, met die bedrag wat die RFU die BBM aangebied het, het jy iewers met die nulle deurmekaar geraak. Moet nou nie ‘n Zuma op jou trek nie.

Ben ·

Die grootste fout wat SA Rugby maak is om buitelandse rugby afrigters aan te stel. Hulle kom eintlik hier leer en spioneer op ons. Gee liewer ‘n jong nuwe afrigter ‘n kans en laat ou afrigters as mentors en hulp afrigters optree. Sodoende bevorder ons, ons totale spel en die toekoms. Suid Afrika het MEER as genoeg kundiges.

Cobus ·

Vermeulen is ‘n goeie aankopie. Jammer Mitch gaan weg. Ek dink die bulle het ten minste nog 1 seisoen onder sy leiding nodig gehad.
Wat van Jasen Ryan as ‘n moontlike nuwe hoof afrigter. Victor as lynstaan konsultant. Fourie vir agterlyn en Paul True as verdediging en skills. Gary Botha doen egter ook nie sleg nie, en daar was defnitief verbetering by die voorries hierdie jaar. Jonathan Mokuena Doen goed by die Luiperds en Pukke, so hy sal ook dalk ‘n opsie vir aanval afrigter kan wees. Pote Human is ook ‘n goeie afrigter,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.