Kan Rassie trots, tradisie by die Bokke herstel?

Daar is sekere dinge wat jy nooit uit rugby kan haal nie, soos passie, trots en tradisie.

Jy kan maar in geel, rooi of pienk truie speel, jy kan maar die span en stadion se naam verander, maar wanneer dit werklik saak maak, sal daardie drie bestanddele jou tot die hoogste pieke voer.

Dink maar terug aan die Springbokspan van 1995 wat die Wêreldbekertoernooi gewen het; aan die onbesonge Griekwaspan wat in 1970 die Curriebeker uit die hande van die Springbokgelaaide Noord-Transvaal gepluk het; aan Natal wat Noord-Transvaal in 1990 in die Curriebeker-eindstryd geskok het; aan die onervare Noord-Transvaalse span wat in 1975 die Westelike Provinsie met sy amperse Springbokspan op Loftus geklop het; aan Vrystaat wat Noord-Transvaal in 2005 se eindstryd geklop het; aan die Lions wat die Sharks in 2011 met 42-16 geskok het.

Dit het Saterdag weer op Loftus gebeur toe die Bulls die Stormers met 33-23 in die Superrugbyreeks geklop het.

Vergeet van die groot name; reputasies tel niks nie. Wat werklik saak maak, is passie, trots en tradisie – van die bestanddele wat die afgelope paar jaar ook by die Springbokspan ontbreek het.

Gaan kyk maar wat het Saterdag in Limerick (die stad het net 92 000 inwoners) gebeur toe Munster tot die halfeindstryd van die Europese Kampioenebekerreeks deurgedring het deur Toulon te klop.

Vergeet maar van die tjekboeke; vergeet van Toulon se Fidjiane; van die twee monster-senters, Ma’a Nonu en Matthieu Basteraud; vergeet van Duane Vermeulen, Juandré Kruger en Marcel van der Merwe, vergeet van Guilhem Guirado, Chris Ashton, Malakai Fekitoa en Facunda Issa.

Dink terug aan 1978 toe Munster die enigste span was wat die All Black-toerspan geklop het, aan boeke en toneelstukke wat daaroor geskryf en in tot in die Sydney-operahuis opgevoer is.

Dis hoekom CJ Stander, die boerseun van George, en Rassie Erasmus (verlede seisoen) en nou die plat-op-die-aarde Johann van Graan so goed as afrigters vaar.

Sout van die aarde, voete plat op die aarde en wavragte vol passie, trots en tradisie.

John Mitchell is besig om dit by die Bulls te herstel, Johan Ackermann het dit byna vervolmaak by die Lions.

Kan Erasmus dit by die Bokke regkry?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos1 ·

Ek hoop so, maar ondervinding het my geleer dat die nie gaan wees nie. Sien, ons het te veel inmenging. SA se swakste afrigter het geklou aan sy pos soos Zuma aan sy presidentskap. SA se beste afrigter net voor hom (okay, kom ons vergeet bietjie van daai Japanese kragmeting, want sien hulle het vir Eddie Jones aan hulle kant gehad) moes beklei teen al wat rugby administrateur is en dan nog eis oudspelers sy kop. Voor hom was ou Pieter ook nie sleg nie (in sy eerste twee jaar) en is ook gevra om te loop en rig nou Zim af, en so kan ons maar aangaan.
So sien, afrigters word nie gemeet aan die selfde standaarde nie (amptelik en nie-amptelik). As Rassie en sy span gaan wen, sal daar geen probleme wees nie, maar o weë, laat hy net bietjie verloor, dan word sy kop mos geëis.

boerseun ·

Springbok rugby is verby. Politiek en kwotas. Weet nie hoe gaan da n span 50% swart spelers op die veld draf in wb nie. Ek gee ook lankal nie om nie. Haal net asb die springbok wapen af. Dit is n vernedering vir legendes.

JR ·

Springbok rugby?? Nie geweet hulle bestaan nog nie. Die bok is lankal dood en geen inspuiting sal hom ooit weer lewend kry jy. Daars ‘n beter kans om roadkill weer lewend te kry as ons oorlede Springbokkie.

Annetjie ·

Ag asb ons is moeg om van die Bulle te hoor !!! Hulle maak nie die Bokspan nie…maar ek stem Springbok rugby is nie meer wat dit was nie !! Die beste spelers word nie gekies nie

Pietman ·

Jy kan maar in pienk, rooi of groen truie speel en die stadion se naam verander maar kan nie tradisie en trots uit rugby uithaal nie???? Maar dan het jy mos juis tradisie verander!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.