Kan Springbokke verskil aan Curriebeker maak?

ʼn Belangrike vraag wat eerskomende naweek se Curriebeker-rugby moet beantwoord, is of die vrygestelde Springbokke van só ʼn gehalte is dat hulle enigsins waarde tot die verwaterde reeks kan toevoeg.

Twaalf Bokke behoort darem mos ʼn wesentlike verskil te maak, of hoe?

Net twee van die 13 vrygestelde Bokke, Aphiwe Dyantyi (Goue Leeus) en Bongi Mbonambi (Westelike Provinsie), is oor die hoof gesien, maar Coenie Oosthuizen (Sharks) keer terug nadat hy verlede jaar op die Bokke se jaareindtoer beseer is.

♦ Die span wat die dié naweek die meeste op die spel het, is die Pumas, sonder ʼn bokinspuiting, wat die Leeus in Nelspruit aandurf. As hulle die halfeindronde wil haal, moet hulle vier drieë in ʼn sege teen die besoekers druk, en seker maak dat laasgenoemde geen bonuspunt kry nie.

Die Goue Leeus, met Nic Groom as hul nuwe kaptein, bly egter die gunsteling om die kragmeting te wen.

♦ Tesame met die onoorwonne WP en die Sharks, lyk die Blou Bulle seker van hul halfeindplek, maar ʼn bonuspunt kan die Pretorianers nie kwaad doen nie.

Hul speel Saterdag op hul tuisveld teen die Streeptruie, die verdedigende kampioen, en ʼn oorwinning teen die glad geoliede Kaapse masjien is onwaarskynlik.

Dis die twee spanne – met vier elk – wat die meeste baat by die vrygestelde Bokke vind.

♦ Die Sharks is die gunsteling in Kimberley teen Griekwas, wat vanjaar nog net een wedstryd kon wen, maar sal teen oorgerustheid moet waak as hulle nie onaangenaam verras wil word nie.

Eerste Liga

Die Eerste Liga se halfeindronde Vrydag beloof om nogal strawwe mededinging op te lewer.

♦ Die Luiperds het redelik goed reggeruk ná hul gesukkel in die SuperSport-reeks, en sal die seisoen gewis beter wil afsluit as met drie nederlae op die ry af – verlede week sʼn teen die einste Valke.

Dit was nogal op hul tuisveld, en Saterdag pak hulle die Valke op dié se werf in Kemptonpark.

Aan die ander kant het die Valke lank laas so goed soos vanjaar gevaar, en sal hulle die kans om die titel te wen nie goedsmoeds wegsmyt nie.

♦ Die Griffons, die verdedigende kampioen, het ná ʼn swak wegspring net-net by die halfeind-agterdeur ingeglip.

Of die Noord-Vrystaters die skietgoed het om die Suidwestelike Distrikte op George te klop, sal gesien moet word.

Die Volstruisboere het self lanklaas vonkelwyn uit ʼn silwerbeker geteug, en sal waarskynlik die grootste (en luidrugtigste) tuisskare van die naweek agter hulle hê.

Die naweek se bepalings –

Vrydag

Curriebeker

19:00 Pumas teen Goue Leeus, Mbombela-stadion, Nelspruit.

Eerste Liga

15:00 Valke teen Luiperds, Barnardstadion, Kemptonpark.
18:00 SWD teen Griffons, Outeniekwapark, George.

Saterdag

Curriebeker

15:00 Griekwas teen Sharks, Griekwaspark, Kimberley.
17:15 Blou Bulle teen WP, Loftus Versfeld, Pretoria.

Die spanne –

Pumas

15 Devon Williams, 14 Morné Joubert, 13 Neil Maritz, 12 Ryan Nell (c), 11 Ruwellyn Isbel, 10 Chris Smith, 9 Stefan Ungerer, 8 Francois Kleinhans, 7 Willie Engelbrecht, 6 Marnus Schoeman, 5 Cameron Lindsay, 4 Le Roux Roets, 3 Marné Coetzee, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Morgan Naudé. Bank: 16 Simon Westraadt, 17 Andrew Beerwinkel, 18 Stefan Willemse, 19 Jeandré Rudolph, 20 Abri Griesel, 21 Kobus Marais, 22 Henco Marais.

Goue Leeus

15 Sylvian Mahuza, 14 Wandisile Simelane, 13 Lionel Mapoe, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Nic Groom (kaptein), 8 Hacjivah Dayimani, 7Jo-Hanko de Villiers, 6 James Venter, 5 Marvin Orie, 4 Rhyno Herbst, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Corné Fourie, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Pieter Jansen, 17 Danie Mienie, 18 Chergin Fillies, 19 Driaan Bester, 20 Len Massyn, 21 Dillon Smit, 22 Shaun Reynolds.

Griekwas

15 AJ Coertzen, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn, (kaptein), 12 André Swarts, 11 Enver Brandt, 10 George Whitehead, 9 Zak Burger, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Pieter Jansen van Vuren (onderkaptein), 4 Sintu Manjezi, 3 Ewald van der Westhuizen, 2 Khwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 Liam Hendricks, 17 Nicolaas Oosthuizen, 18 Jonathan Janse van Rensburg, 19 Eital Bredenkamp, 20 Louis Venter, 21. Stephan Janse van Rensburg, 22 Edwin Sass.

Sharks

15 Aphelele Fassi, 14 Sbu Nkosi, 13 Jeremy Ward, 12 Robert du Preez, 11 Lwazi Mvovo, 10 Curwin Bosch, 9 Louis Schreuder (kaptein), 8 Daniël du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Jacques Vermeulen, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Coenie Oosthuizen, 2 Akker van der Merwe, 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Thomas du Toit, 18 JJ van der Mescht, 19 Jean-Luc du Preez, 20 Grant Williams, 21 Marius Louw, 22 Kobus van Wyk.

Blou Bulle

15 Divan Rossouw, 14 Jamba Ulengo, 13 Johnny Kotzé, 12 Franco Naudé, 11 Jade Stighling, 10 Manie Libbok
9 Ivan van Zyl, 8 Hanro Liebenberg (kaptein), 7 Marco van Staden, 6 Ruan Steenkamp, 5 Eli Snyman, 4 Hendré Stassen, 3 Trevor Nyakane, 2 Jaco Visagie, 1 Matthys Basson. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Dayan van der Westhuizen, 18 Ruan Nortjé, 19 Nick de Jager, 20 Embrose Papier, 21 Tinus de Beer, 22 Dylan Sage.

WP

15 Dillyn Leyds, 14 Sergeal Petersen, 13 Ruhan Nel, 12 Dan du Plessis, 11 SP Marais, 10 Damian Willemse, 9 Herschel Jantjies, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Ernst van Rhyn, 6 Kobus van Dyk, 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl (kaptein), 3 Wilco Louw, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Neethling Fouché, 19 Salmaan Moerat, 20 Jaco Coetzee, 21 Paul de Wet, 22 Joshua Stander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Is dit Currie cup??? Eens ons geliefste toernooi nou so afgewater!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.