Kanada kroon nuwe kampioen

Kanada het Sondag ʼn nuwe kampioen gekroon, nadat die vorige titelhouer in die Kanadese Rugbykampioenskap (CRC) in die halfeindronde uitgeskakel is.

Die Ontario Blues het Quebec-Atlantic Rock in die eindstryd in Calgary met 22-17 verslaan, nadat hy die verdedigende kampioen, British Columbia Bears, in die halfeindstryd met 58-36 oorrompel het.

The Rock het sý halfeindstryd teen die Prairie Wolf Pack met 31-14 gewen.

In die uitspeelwedstryd om die derde plek het die Bears met 48-32 teen die Wolf Pack gewen.

Dié wedstryd het in die laaste 20 minute in ʼn mate van wanorde ontaard, toe vier geelkaarte binne drie minute uitgedeel is.

Guiseppe du Toit, die Bears se binnesenter, wat in Johannesburg gebore is, het met vier doelskoppe geslaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.