Kanada het Maandag in Coventry, Engeland, allermins oortuig in sy laaste littelosmaker voor die heruitdun in Marseille, Frankryk, met die oog op aanstaande jaar se Rugbywêreldbeker-toernooi (RWB) in Japan.
Hy het die Engelse klub Coventry met 35-12 geklop.
Coventry is vanjaar eers tot die Engelse Kampioenskap (tweede vlak) bevorder nadat hy verlede jaar die Eerste Liga (derde vlak) gewen het.
Sondag in Marseille durf die Kanadese vir Kenia aan, wat vol vertroue is dat hy die sukkelende Noord-Amerikaners kan klop.
Kanada se voorhoede het seker gemaak dat hy die spel uit die staanspoor oorheers, maar sy bank het nie heeltemal die mas opgekom nie, sodat Coventry teen die einde die houvas afgeskud het.
Die besoekers het vyf drieë teen twee gedruk.
♦ Kanada het vroeër die eerste van sy twee littelosmakers teen die universiteit van Oxford met 26-20 gewen.
Guiseppe du Toit, wat in Johannesburg gebore is, het een van Kanada se vier drieë in dié wedstryd gedruk.
Vreemd dat rugby in Kanada so agteruitgaan. Hulle het darem al ‘n slag in die kwarteindrondte in die wêreldbeker gespeel. (Weliswaar met ‘n gelukige loting.) Nou sukkel hulle om te kwalifiseer.