Kaptein Francois was Cheetahs se beste in 2016

Francois Venter, die Cheetahs se speler van die jaar (Foto fscheetahs

Francois Venter, die Cheetahs se speler van die jaar (Foto fscheetahs)

Die Cheetahs het Donderdagaand hul topspelers in 2016 by ’n luisterryke geleentheid by die Ramblersklub in Bloemfontein beloon.

Francois Venter, kaptein van die Cheetahs, wat die Bloemfonteiners na die 2016-Curriebekerkroon gelei en ook verlede jaar sy Springbok-buiging gemaak het, is as speler van die jaar bekroon.

Die spelers se speler van die jaar, ’n toekenning waarvoor die spelers stem, is aan nog ’n Springbok-debutant van verlede jaar, die flank Uzair Cassiem, gemaak.

Die vleuel, Raymond Rhule, wat verlede seisoen weer die gehalte rugby opgedis het wat hom in 2013 op die toneel laat verskyn het, is as Superrugby se speler van die jaar aangewys.

’n Rits talentvolle jong spelers is ook vereer, met die stut Ox Nche (21) wat as Curriebekerspeler van die jaar, die haker Joseph Dweba (21) as die Vrystaatse XV-tal se speler van die jaar, die agsteman Jasper Wiese as die o.21-speler van die jaar en die stut Kwenzo Blose wat as o.19-speler van die jaar bekroon is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.