Kapteinkrisis vir Bulls op toer

Burger Odendaal. Bulls se Facebookblad.

Lood de Jager, Handré Pollard en Duane Vermeulen. Drie van die Bulls se hardebaarde wat almal reeds die kapteinarmband vanjaar vir die Pretorianers gedra het, maar wat vir die res van hul oorsese toernooi, of seisoen, nie beskikbaar is nie.

De Jager het sy heil oorsee gaan soek, Pollard is beseer en vertrek binnekort na Frankryk, terwyl Vermeulen ’n harde stamp verlede naweek gekry het en wie se speeltyd ook deur SA Rugby bestuur word.

Dié kapteinkrisis beteken dat Burger Odendaal die kapteinskoene die naweek teen die Blues sal volstaan.

Die 26-jarige oudleerling van Hoërskool Monument sal saam met Johnny Kotze die senterpaar vorm, met Cornal Hendricks en Rosko Specman die vleuels.

Op die punteleer is die Pretorianers tans derde, ’n kortkop agter die Sharks en vier punte agter die Jaguares.

Dit sal beslis ’n opdraande stryd teen die Blues wees – ’n span wat elf van die 12 wedstryde op hul tuisveld teen die Bulls gewen het – maar die Pretorianers het vroeër teen die Rebels gewys dat hulle kan wen wanneer min dit verwag.

Bulls: Warrick Gelant (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Johnny Kotze (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter en kaptein),  Rosko Specman (linkervleuel),  Manie Libbok (losskakel),  Ivan van Zyl (skrumskakel), Paul Schoeman (agtsteman),  Hanro Liebenberg (flank),  Marco van Staden (flank),  RG Snyman (slot),  Jason Jenkins (slot),  Trevor Nyakane (stut),  Schalk Brits (haker), Lizo Gqoboka (stut). Reserwes: 16 Jaco Visagie, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Wiehahn Herbst, 19 Jannes Kirsten, 20 Ruan Steenkamp, 21 André Warner, 22 JT Jackson, 23 Divan Rossouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carel ·

Ek is n Bulls ondersteuner maar kom ons haal “kapteins” uit die opskrif en sê liewer krisis vir Bulls op toer

H ·

Ek hoop slak van Zyl is betyds vir die wedstryd O wee dit gaan n groot pakslae wees . Ek wens dit is al verby .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.