Kies jou SA-speler van die Wêreldbekerrugby-toernooi

Suid-Afrika se Eben Etzebeth vier ‘n oorwinning saam met sy spanmaat, RG Snyman (4 Oktober 2019) (Foto: AP Photo/Shuji Kajiyama)

Die Springbokke het Saterdag oorwinning gevier teen Engeland tydens die Wêreldbekerrugby-toernooi in Japan.

Die Suid-Afrikaanse rugbyspan het vir ʼn derde keer die Web Ellis-trofee verower toe hulle die Rose in die eindstryd met 32-12 verslaan het.

Die Springbokke is Sondag boonop as Wêreldrugby se span van die jaar aangewys en Rassie Erasmus het die toekenning vir breier van die jaar ontvang. Pieter-Steph du Toit, Springbok-flank, is aangewys as die rugbyspeler van die jaar, met sy meer as 50 duikslae tydens die toernooi. Hy is soms beskryf as die “hart en siel van die Bokke se enjinkamer”. Die Bok-vleuel Cheslin Kolbe is aanvanklik ook vir dié prys benoem.

Nou wil Maroela graag ons eie Springbok van die Wêreldbekerrugby-toernooi aanwys! Die Springbok-rugbyspeler wat deur die meeste persone benoem word, sal uiteindelik as Maroela se speler van die toernooi aangewys word.

Die sluitingsdatum vir benoemings is 10 November 2019 om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.