Kiewiete begin Nasiesbeker op vaste voet

Die Kiewiete het hul verdediging van Wêreldrugby se Nasiesbeker Saterdag op vaste voet geplaas deur in Montevideo, Uruguay, met 29-10 oor Fidji se Warriors te seëvier.

Die rustydtelling was 10-10.

Luidens berigte het die tuisspan skitterend vertoon en was hy veel beter gekondisioneer as Fidji se naasbestes.

Die losskakel Felipe Berchesi het 16 punte met twee doelskoppe en vier strafdoele vir die Kiewiete behaal.

Uruguay het reeds vroeër sy plek in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan bespreek, toe hy met Kanada afgereken het.

In Saterdag se ander kragmeting by die Nasiesbekertoernooi, het die Argentynse Vyftiental gesukkel om Opkomende Italië in ʼn swak wedstryd met 19-8 te klop.

Luidens berigte moes die Italianers grootliks verdedig, maar die Suid-Amerikaners se swak hantering, dissipline en afronding het hulle talle puntegeleenthede laat verspil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.