Die Kiewiete het Wêreldrugby (WR) se Nasiesbeker die tweede agtereenvolgende keer verower toe hy Sondag die deurslaggewende stryd in Motevideo, Uruguay, gewen het.
Die tuisspan het die Argentynse Vyftiental met 26-20 getroef nadat die Argentyne rustyd met 10-6 voor was.
Uruguay se losskakel Felipe Berchesi het 16 punte vir die wenspan behaal. Hy het albei drieë verdoel en vier strafdoele bygevoeg.
In die ander kragmeting op die laaste dag van die toernooi het Opkomende Italië naelskraap met 29-27 teen Fidji se naasbestes, die Warriors, gewen.