Kings begin goed, maar toe tref die Rooi Geweld hulle

Die Britse en Ierse Leeus se heelagter, Leigh Halfpenny, druk een van die Scarlets se agt drieë. (Foto Facebook Scarlet Rugby)

ʼn Verrassend mededingende eerste helfte deur die Kings het die Scarlets en die toeskouers laat regop sit, maar toe het die Pro12-kampioenspan van 2016-’17 losgetrek en amok gemaak.

Die wentelling van die Scarlets in die Parc y Scarlet-stadion was 57-10 nadat die Kings twee minute voor rustyd net 12-10 agter was en gaan water drink het op 10-15.

Die tweede helfte het 42 punte vir die Rooitruie opgelewer sonder dat die Kings ʼn enkele punt aangeteken het of gelyk het of hulle dit sou doen.

Die Scarlets het in die tweede helfte byna na willekeur die besit by die afbreekpunte omgekeer en dan met goeie ondersteuning aangeval. Hulle het ook die Kings se aanslane en verlore aangeë deeglik gestraf en op die ou end agt drieë teen een gedruk.

Ses hiervan het ná rustyd gekom teen die Kings wat, tot hulle krediet, tot met die einde geveg het.

Dissipline, veral by die afbreekpunte, sal ook aangespreek moet word.

Die Kings het ná rustyd net 32% van die besit gehad, meestal op die agtervoet. Daar was nietemin, selfs in die tweede helfte, ʼn paar opflikkeringe en in die eerste helfte was daar tekens dat hierdie span, soos die Superspan wat eintlik gedisintegreer het, tot ʼn goeie eenheid kan ontwikkel.

Maar dit is die toekoms. Die hede en realiteit wys op ʼn kortstondige voorloop op 10-8, daarna tot rustyd veg om in die wedstryd te bly, en toe net vir ʼn vale keer en keer.

Puntemakers –

Scarlets (15) 57: Drieë: Johnny McNicholl 2, Leigh Halfpenny, Rhys Patchell, Jake Ball, Emyr Phillips, Hadleigh Parkes, Steff Evans  Doelskoppe: Halfpenny 3, Patchell 4 Strafdoel:  Halfpenny
Kings (10) 10: Drie: Yaw Penxe. Doelskop: Kurt Coleman. Strafdoel: Kurt Coleman.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans C ·

Dit word nou duidelik dat hoe ondeurdag Saru se besluit was om die spanne van Suid Afrika
in die Pro 14 kompetisie te laat deelneem.Die Pro 12 spanne word bedryf soos die sokkerspanne,jy laai hul eenvoudig met die room van die Suidelike halfrond spelers en plaaslike voorste spelers om spanne op die veld los te laat wat die vloer met twee swak
Super 18 spanne vee.

Al wat nou gaan gebeur is dat die uitblinkers in beide die Kings en Cheetahspanne gou aanbeidings gaan kry van spanne in die kompetisie.Daar is nou sprake dat die Leeus en Stormers ook belangstel om in die Noorde te speel.Hou gouer hoe beter daar van die idee afgesien word.As jy daar wil speel moet jy ‘n volle sterkte Super 18 span aangevul,veral voorlangs,met kwaliteitvoorspelers,daaraan kom as jy nie aan die korste end wil trek nie.

Jy kan nie daar wil speel nie en ook plaaslik meeding in die Curriebeker,want soos gewoonlik as jy op twee stoele wil sit val jy gewoonlik tussen die twee.

MANIE ·

Hier kan duidelik gesien word hoe saru en anc beleid rugby faal. Julle gaan nog groter loesings kry

danie ·

Kyk die Kings is mos maar eintlik ‘n affirmative action insluiting deur SARU en het nog nooit op meriete vir enige elite kompetisies gekwalifiseer nie (King speel steeds in die B-afdeling van die CB en toe ek laas gekyk het, was hulle selfs daar onderaan die punteleer). In effek speel hier ‘n B-afdeling CB span in ‘n elite kompetisie en pakslae sal hulle kry. Die Cheetahs behoort meer op standaard te wees maar gegewe dat hulle nie die mas kon opkom in superrugby nie, is die waarskynlikheid dat hulle hier ook maar gaan sukkel. Die twee spanne se voortgesette deelname in daai kompetisie is natuurlik gebonde aan ‘n klousule dat hulle mededingend moet wees. Dit het nie goed begin nie.

danie ·

Ek dink daar is min verskil in kwaliteit tussen daai kompetisie en superrugby, basies dieselfde kwaliteit prakties gesproke. Die twee SA spanne het gesukkel in superrugby en sal verseker in daai kompetisie ook sukkel as hulle nie meer topspelers kontrakteer nie. Dis die Lions en Sharks wat blykbaar voelers uitgesteek het maar ek dink al die SA spanne gaan maar oplaas daar speel. Hierdie kompetisie strek nog langer as superrugby. Wat ookal gebeur, indien SA spanne in enige elite oorsese kompetisie speel, sal die CB maar afgewater bly daar is net nie genoeg spasie op die kalender vir ‘n “op volle sterkte” CB kompetisie meer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.