Kings, Cheetahs kies vir oulaas vir Superrugby

Dis seker gepas dat die twee spanne wat voortaan nie meer aan Superrugby sal deelneem nie, Vrydagaand (afskop 19:00) in hulle laaste wedstryd in dié kompetisie teen mekaar speel.

Die Cheetahs het vier veranderinge aangebring en ook ʼn posisionele skuif gemaak, en die Southern Kings het net een verandering gemaak met die slot Willem van der Sluys wat vir Irné Herbst vervang.

Die Vrystaat het Fred Zeilinga in die plek van Niel Marais op losskakel gekies; William Small-Smith vervang Sergeal Petersen wat met ʼn dyspier sukkel; Carl Wegner keer op slot terug in die plek van Armand Koster; en Oupa Mohoje is terug na sy besering, wat beteken dat Uzair Cassiem na die oopkantflank toe skuif.

Henco Venter is na sy rooi kaart teen die Stormers nie in die spelersgroep vir die wedstryd nie.

Die spanne –

Southern Kings
15 Malcolm Jaer, 14 Wandile Mjekevu, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Makazole Mapimpi, 10 Lionel Cronje (kapt.), 9 Louis Schreuder, 8 Andisa Ntsila, 7 Tyler Paul, 6 Chris Cloete, 5 Wilhelm van der Sluys, 4 Lubabalo Mtyanda, 3 Ross Geldenhuys, 2 Michael Willemse, 1 Mzamo Majola. Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Schalk Ferreira, 18 Dayan van der Westhuizen, 19 Irne Herbst/Mzwanele Zito, 20 Thembelani Bholi, 21 Rudi van Rooyen, 22 Masixole Banda, 23 Waylon Murray/Yaw Penxe

Cheetahs
15 Clayton Blommetjies, 14 William Small-Smith, 13 Francois Venter (kapt.), 12 Clinton Swart, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Tian Meyer, 8 Niell Jordaan, 7 Oupa Mohoje, 6 Uzair Cassiem, 5 Reniel Hugo, 4 Carl Wegner, 3 Johan Coetzee, 2 Elandré Huggett, 1 Ox Nche. Bank: 16 Joseph Dweba, 17 Charles Marais, 18 Tom Botha, 19 Armandt Koster, 20 Junior Pokomela, 21 Chris Dry, 22 Ruan van Rensburg, 23 Niel Marais.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard ·

Die teelaarde van springbokke is nou venietig, deur die Cheethas uit superrugby te haal. Die groot bonde maak seker dat hulle die beste spelers van Vrystaat bekom, aangesien daar nou geen droom meer is vir hulle talent in sie Vrystaat nie. Was dit n kliek? Het hulle nie meer behoorlike spelers nie? Tragies!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.