Kings, Cheetahs sal foute moet beperk om te wen

As jy die vooruitsigte van die twee Suid-Afrikaanse spanne in Saterdag se tweede ronde van die Pro14-reeks wil opsom, sal dit seker wees dat selfs ʼn enkele oorwinning ʼn welkome maar onverwagse uitslag sal wees.

Verlede week het dit gewemel van foute en vaardigheid-tekortkominge, hoewel die Southern Kings en die Cheetahs albei hier en daar goeie rugby gespeel het, maar ook albei geleenthede met dissipline en afronding verlore laat gaan het.

Dragons vs Kings, Saterdag, 16:00 (SA tyd)

Die Kings het verlede week die swak Zebre, wat verlede seisoen laaste in afdeling A was, in Italië redelik vasgevat, maar beswaarlik gelyk of hulle sal wen.

Die Kings speel Saterdag teen die Dragons in die Rodney Parade-stadion in Newport, en die tuisspan het verlede week die reeks begin soos hy verlede jaar gespeel het.

In die 2017/18-seisoen het die Dragons net twee van sy 21 wedstryde in afdeling B van die reeks gewen, die meeste drieë afgestaan en die tweede minste drieë in hul 21 wedstryde gedruk.

Verlede naweek het die Dragons tuis met 17-21 teen Benetton Treviso verloor, en as die Kings hul dissipline kan verbeter en uit die staanspoor inklim, kan hulle hul eerste oorsese besoek dié seisoen met ʼn heel eerste oorsese oorwinning nóg in die reeks afsluit.

Spanne ‒

Dragons
15 Jordan Williams, 14 Dafydd Howells, 13 Tyler Morgan, 12 Jack Dixon, 11 Hallam Amos, 10 Josh Lewis , 9 Rhodri Williams, 8 Ross Moriarty, 7 Ollie Griffiths, 6 Aaron Wainwright,  5 Cory Hill (kaptein), 4 Matthew Screech, 3 Leon Brown, 2 Elliot Dee, 1 Brok Harris. Bank: 16 Richard Hibbard, 17 Ryan Bevington, 18 Lloyd Fairbrother, 19 Brandon Nansen, 20 Huw Taylor, 21 Tavis Knoyle, 22 Arwel Robson, 23 Adam Warren.

Kings
15 Yaw Penxe, 14 Michael Makase, 13 Harlon Klassen, 12 Berton Klassen, 11 Bjorn Basson, 10 Masixole Banda, 9 Rudi van Rooyen, 8 Andisa Ntsila, 7 Martinus Burger, 6 Stephan de Wit, 5 Bobby de Wee, 4 Schalk Oelofse, 3 Luvuyo Pupuma, 2 Michael Willemse (kaptein), 1 Justin Forwood. Bank: 16 Alandré van Rooyen, 17 Schalk Ferreira, 18 Lupumlo Mguca, 19 JC Astle, 20 Ruaan Lerm, 21 Godlen Masimla, 22 Martin du Toit, 23 Ulrich Beyers.

Ospreys vs Cheetahs, Saterdag, 18:30 (SA tyd)

Die Cheetahs draf in die Liberty-stadion in Swansea teen die Ospreys op die veld met ʼn enkele verandering aan die span wat met 0-38 teen Munster verloor het.  Aidon Davis vervang vir Oupa Mohoje, wat nege maande buite aksie sal wees.

Die Cheetahs se afrigter, Franco Smith, sou die afgelope week aan die afrond van geleenthede, waarvan daar verlede week ʼn hele paar was, gewerk het.

Maar die telling van 38-0 teen die Cheetahs bly ʼn skande en hulle kom boonop te staan teen ʼn span wat ʼn hele paar Walliese toetsspelers insluit, insluitende Wallis se kaptein en slot, Alun Wyn Jones, en manne soos onder andere George North, Scott Williams, Owen Watkin, Aled Davies, die Ospreys se kaptein Justin Tipuric en Dan Lydiate.

As hulle nie ook veel aan hul verdediging gewerk het en dit nie aansienlik verbeter het nie, wag daar weer groot slae.

Die Cheetahs kry Saterdag ook met hulle vaskop-spanmaat van verlede jaar, Tom Botha, te doen. Botha maak sy buiging in die Ospreys se Pro14-span en sal in die skrums teen Ox Nché sak.

Spanne ‒

Ospreys
1
5 Dan Evans, 14 George North, 13 Scott Williams, 12 Owen Watkin, 11 Tom Williams, 10 Sam Davies, 9 Aled Davies, 8 James King, 7 Justin Tipuric (kaptein), 6 Dan Lydiate, 5 Alun Wyn Jones, 4 Bradley Davies, 3 Tom Botha, 2 Scott Otten, 1 Nicky Smith. Bank: 16 Scott Baldwin, 17 Rhodri Jones, 18 Alex Jeffries, 19 Adam Beard, 20 Sam Cross, 21 Tom Habberfield, 22 James Hook, 23 Joe Thomas.

Cheetahs
15 Malcolm Jaer, 14 Rabz Maxwane, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Nico Lee, 11 William Small-Smith, 10 Tian Schoeman, 9 Shaun Venter (kaptein), 8 Jasper Wiese, 7 Aidon Davis, 6 Junior Pokomela, 5 JP du Preez, 4 Justin Basson, 3 Luan de Bruin, 2 Jacques du Toit, 1 Ox Nche. Bank: 16 Joseph Dweba, 17 Charles Marais, 18 Aranos Coetzee, 19 Walt Steenkamp, 20 Gerhard Olivier, 21 Tian Meyer, 22 Ernst Stapelberg/Marnus van der Merwe, 23 Ryno Eksteen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hernan Goosen ·

Ongelooflik hoe die Cheetahs net geen wenkultuur nog ooit bewerkstelig het nie. Hulle het van die eerste woord in die nuwe seisoen na ‘n absolute ramp gelyk. Interessant hoe die instaan afrigter hulle geweldige sukses laat behaal het en Franco Smith geen hond haar af kon maak nie. Nou dat hy weer in beheer is speel die Cheetahs hulke kenmerkende individualistiese paloeka rugby van hardloop rond sonder ‘n plan. Dit is duidelik dat hulle net geen rigting heten geen kans obder hulke minderwaardige bestuur om enigsins sukses te behaal nie. Vergeet can beter soelers kry Kry ordentlike bestuur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.