Kings en Boland het albei heelwat te bewys

 Foto dailymaverick.co.za

Foto dailymaverick.co.za

ʼn Saamgeflanste span om die naam van OP-rugby te begin herstel na Cheeky Watson en sy trawante se wanadministrasie, draf Vrydagmiddag vir die OP Kings in Port Elizabeth in ʼn Curriebekerwedstryd teen die Boland uit.

Daar is heelwat ervaring gemeet aan jare op die speelveld en ook Superwedstryde in die OP se span, maar die realiteit is dat weinig van hulle nog vandag in tel is wanneer gehalte ter sprake kom.

Boonop het hulle die week eers bymekaargekom.

Hulle speel teen die Boland Kavaliers wat ʼn vars briesie is na die administratiewe blapse en swak bestuur die afgelope jare. Die Wynboere het wel verlede naweek teen die Vrystaat pak gekry, maar het met die uitsondering van 17 minute waartydens die drieë gedruk is, hulle in die geheel redelik van hul taak gekwyt. Dit was immers vir die meeste van die spelers hulle eerste wedstryd in die Premierliga en ook die Boland se eerste sedert 2009.

Dit is moeilik om te voorpel wat ʼn mens van die OP kan verwag. Benewens die splinternuwe span het hulle ook ʼn nuwe hoofafrigter, die oud-Bokslot Barend Pieterse, wat in sy speeldae vir die Leeus, die Cats en die Cheetahs uitgedraf het en in 2012 nog vir die Kings gespeel het. Hy is reeds besig om naam as afrigter te maak.

Dit gaan ʼn interessante stryd wees. Die Kings wil wys hulle sal kan saamgesels, en die Boland se harde werk moet deur ʼn wen vergoed word.

Die afskop is Vrydag 17:00.

♦  Op Kingspark speel die Sharks teen Griekwas, wat hul laaste twee wedstryde in Durban gewen het.

Griekwas is altyd ʼn moeilike kalant, maar het na die einde van die Curriebeker se opstellende ronde so effens stoom begin verloor.

Die Sharks is aan die bou, en van wat ʼn mens verlede naweek teen die Pumas gesien het, gaan hulle dié keer nie sommer besgee teen Poubloues nie.

Dit sal egter ʼn goeie poging verg ondanks die heelwat Sharksspelers wat Super-ervaring het, want Griekwas speel steeds ondanks gedurige verwisseling van personeel en selfs afrigters, nog dieselfde ongenaakbare rugby voorlangs as deur die jare.

Die afskop is Vrydagaand 19:10.

Die spanne – 

OP vs Boland, Vrydag, 17:00

OP Kings: 15 Siviwe Soyizwapi, 14 Alcino Isaacs, 13 Johan Tromp, 12 Waylon Murray, 11 Sampie Mastriet, 10 Kobus Marais, 9 Ricky Schroeder, 8 Christiaan de Bruin, 7 Sebastian Ferreira, 6 Vince Jhobo, 5 Cornell Hess, 4 Tazz Fuzani, 3 Vukile Sofisa, 2 Mike Willemse, 1 Schalk Ferreira (kapt.). Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Justin Forwood, 18 David Antonites, 19 Brandon Brown, 20 Jacques Fick, 21 Burton Klaasen, 22 Lungelo Goza.

Boland Kavaliers: 15 Nico Scheepers, 14 Sergio Torrens, 13 Ryan Nell (kapt.), 12 Christopher Bosch, 11 Danwel Demas, 10 Adriaan Carelse, 9 Marnus Hugo, 8 Zandré Jordaan, 7 Jacques Engelbrecht, 6 Kenan Cronje, 5 Hanno Kitshoff, 4 Shaun McDondald, 3 Basil Short, 2 Chadley Wenn, 1 Stephanus Wessels. Bank: 16 Francois Esterhuizen, 17 Francois Hanekom, 18 Joubert Horn, 19 Chaney Willemse, 20 Jovelian de Koker, 21 William van Wyk, 22 Craig Pheiffer.

Sharks vs Griekwas, Vrydag, 19:10 

Sharks: 15 Curwin Bosch, 14 Neil Maritz, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Sibusiso Sithole, 10 Inny-Christian Radebe, 9 Stefan Ungerer, 8 Lubabalo Mtembu, 7 Philip van der Walt, 6 Keegan Daniel (kapt.), 5 Stephan Lewies, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Thomas du Toit, 2 Franco Marais, 1 Dale Chadwick. Bank: 16 Mahlatse Ralepelle, 17 John-Hubert Meyer, 18 Ruan Botha, 19 Jean Deysel, 20 Michael Claassens, 21 Heimar Williams/Odwa Ndungane, 22 Rhyno Smith.

Griekwas: 15 Adriaan Coertzen, 14 Ederies Arendse, 13 Jacobus Jonker, 12 Johnathan Francke, 11 Alshaun Bock, 10 Clinton Swart, 9 Rudi van Rooyen, 8 Jason Fraser, 7 RJ Liebenberg (kapt.), 6 Wendal Wehr, 5 Jonathan Barry Janse van Rensburg, 4 Mzwanele Zito, 3 Stephan Clyde Kotzé, 2 Marius Fourie, 1 Willem Andries Stephanus Roberts. Bank: 16 Abraham Jacobus le Roux, 17 Devon Martinus, 18 Liam Hendricks, 19 Sias Koen, 20 Stephan Vermeulen, 21 Renier Botha, 22 Elgar Watts.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.