Kings kan Leeukos word; Bulle pak WP in die Kaap

vrystaat logo’n Hele paar besonder taai wedstryde word in die tweede ronde van die Curriebeker beslis, waarvan die stryde tussen die Bulle en die WP straks die hoofdis sal wees.

Pumas se uitdaging teen die Sharks

Die Pumas gaan hul spel hierdie naweek nog verder moet lig wanneer hulle die verdedigende kampioene, die Sharks, in Durban aandurf.

Albei het laas week klein oorwinings behaal. Terwyl die sege oor die (weliswaar uitgedunde) Vrystaat Cheetahs stellig versigtige selfvertroue by die Pumas sal inboesem, sal die Sharks waarskynlik verlig en teleurgesteld voel oor hul 31-24-uitstappie na Kimberley. Griekwas het 73 minute lank met net 14 spelers gespeel en steeds 21 punte in die tweede helfte aangeteken en amper gewen.

Dit maak die Sharks baie gevaarlik in hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Curriebeker-reeks.

’n Mens moet jammer voel vir Patrick Lambie. Heyneke Meyer wil hê hy moet eers Curriebekerblootstelling kry. Fred Zeilinga, wat fantasties teen Griekwas was, is weer op losskakel en só sal Lambie Vrydagaand ook op die Sharks se bank moet sit.

Spanne

Sharks: 15 SP Marais, 14 Odwa Ndungane, 13 S’bura Sithole, 12 Paul Jordaan, 11 Tonderai Chavhanga, 10 Fred Zeilinga, 9 Cameron Wright, 8 Tera Mtembu (kaptein), 7 Ettienne Oosthuizen, 6 Jacques Botes, 5 Marco Wentzel, 4 JC Astle, 3 Lourens Adriaanse, 2 Kyle Cooper, 1 Thomas du Toit.
Bank: 16 Monde Hadebe, 17 Matt Stevens, 18 Johan Meyer, 19 Francois Kleinhans, 20 Hanco Venter, 21 Patrick Lambie, 22 Lionel Cronje.

Pumas: 15 JW Bell, 14 Ruwellyn Isbell, 13 JW Jonker, 12 Stefan Watermeyer, 11 Jerome Pretorius, 10 Justin van Staden, 9 Reynier van Rooyen, 8 Renaldo Bothma, 7 Jaco Bouwer, 6 Corne Steenkamp (kaptein), 5 Giant Mtyanda, 4 Frikkie Spies, 3 DeJay Terblanche, 2 Francois du Toit, 1 Vincent Koch.
Bank: 16 Frank Herne, 17 Corne Fourie, 18 Marius Coetzer, 19 Uzair Cassiem, 20 Rosko Specman, 21 JC Roos, 22 Heinrich Steyl. 

Afskop: 19:10

Skeidsregter: Christie du Preez
Assistente: Lesego Legoete, Cwengile Jadezweni
TV: Willie Vos
Aartsvyande pak mekaar in die Kaap

Die stryd tussen die Blou Bulle en WP is die enigste een wat Saterdag regstreeks uitgesaai word (vanweë die Springbokke se toets) en met goeie rede: Baie mense wil kyk hoe hierdie twee aartsvyande bots.

Die WP het ’n bra gemiddelde vertoning gelewer en die OP Kings gemaklik in hul openingswedstryd geklop. Die Bulle was power en het op Ellispark slae teen die Goue Leeus gekry.

Albei spanne sal weet hulle moet verbeter om saam te kan gesels in hierdie kort reeks waar elke sege en nederlaag tel. Die WP het vier (amper vyf) drieë teen die Kings gedruk.

Die Kapenaars, wat verlede jaar net die eindstryd verloor het, gaan dus vanjaar meer hoërisiko-rugby speel en dit is goed vir die Curriebeker en rugby in die land. Dit is nie goeie nuus vir die Bulle nie, wat deur die Leeus aan flarde gehardloop is.

Die Ligbloues se skrum was ver benede peil teen die Leeus.  Marcel van der Merwe, wat in Junie op die Bokke se bank was, vervang Dean Greyling op loskopstut om die skrum ekstra woema te gee.

Nog ’n groot aanwins is Jacques du Plessis se insluiting op flank. Daar sal van hom verwag word om die bal soveel moontlik oor die voordeellyn te dra. Sy kombinasie met die baljag-vaardighede van die kaptein, Deon Stegmann, kan nuwe lewe in die Bulle se spel blaas.

Spanne

WP: 15 Cheslin Kolbe, 14 Kobus van Wyk, 13 Juan de Jongh (kaptein), 12 Michael van der Spuy, 11 Seabelo Senatla, 10 Demetri Catrakilis, 9 Nic Groom, 8 Nizaam Carr, 7 Michael Rhodes, 6 Siya Kolisi, 5 Manuel Carizza, 4 Jean Kleyn, 3 Pat Cilliers, 2 Stephan Coetzee, 1 Alistair Vermaak.
Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 Brok Harris, 18 Ruan Botha, 19 Rynhardt Elstadt, 20 Louis Schreuder, 21 Kurt Coleman, 22 Jaco Taute.

Blou Bulle: 15 Jurgen Visser, 14 Akona Ndungane, 13 JJ Engelbrecht, 12 Burger Odendaal, 11 Sampie Mastriet, 10 Jacques-Louis Potgieter, 9 Piet van Zyl, 8 Jono Ross, 7 Jacques du Plessis, 6 Deon Stegmann (kaptein), 5 Grant Hattingh, 4 Paul Willemse, 3 Werner Kruger, 2 Callie Visagie, 1 Marcel van der Merwe
Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Hencus Van Wyk, 18 Nicolaas Janse van Rensburg, 19 Jacques Engelbrecht, 20 Rudy Paige, 21 Tony Jantjies, 22 Jesse Kriel.

Afskop: 14:05

Beamptes
Skeidsregter: Rasta Rasivhenge
Assistente: Marius van der Westhuizen, Quinton Immelman
TV: Jason Jaftha

OP Kings sal sukkel teen Goue Leeus

Vriend en vyand het ná hul 41-13-vernieling van die Blou Bulle kennis geneem van die Goue Leeus se verdere groei as span.

Hulle is klinies, slinks, sterk, vinnig, gemotiveerd en honger vir sukses n speel boonop Saterdag op, Ellispark, teen die OP Kings, wat nog moet regverdig hoekom hulle in die Curriebeker se Premierliga hoort.

Nodeloos om te sê: Die Kings gaan nie maklik wen nie.

Die Oos-Kapenaars sal tog bemoedig word deur die leemte van Marnitz Boshoff, wat deur die jong Jaco van der Walt gevul word.

Maar Boshoff is nie die alfa en omega van hierdie Leeus-groep nie. Dit word bewys deur hul samespel en spelers soos Stokkies Hanekom, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Derick Minnie en Jaco Kriel se indiwiduele vertonings teen die Bulle.

As die Kings enige kans wil hê om te wen of slegs nie te ver te verloor nie, sal hulle die Leeus se skrum moet tem, hul sagte oomblikke moet uitskakel (waarvan daar baie teen die WP was) en vir Minnie en kie by die afbreekpunte moet beteuel. Dit gaan moeilik wees.

Spanne

Goue Leeus: 15 Andries Coetzee, 14 Lionel Mapoe, 13 Stokkies Hanekom, 12 Harold Vorster, 11 Ruan Combrinck, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronje, 8 Warren Whiteley (kaptein), 7 Derick Minnie, 6 Jaco Kriel, 5 Franco Mostert, 4 MB Lusaseni, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Schalk van der Merwe.
Bank: 16 Armand van der Merwe, 17 Jacques van Rooyen, 18 Willie Britz, 19 Warwick Tecklenburg, 20 Guy Cronje, 21 Kwagga Smith, 22 Howard Mnisi.

Kings: 15 Scott van Breda, 14 Ronnie Cooke, 13 Tim Whitehead, 12 Shane Gates, 11 Siviwe Soyizwapi, 10 Gary van Aswegen, 9 Tobie Botes, 8 Luke Watson (kaptein), 7 Stefan Willemse, 6 Thembelani Bholi, 5 David Bulbring, 4 Steven Cummins, 3 Tom Botha, 2 Edgar Marutlulle, 1 Lizo Gqoboka.
Bank: 16 Albe de Swardt, 17 CJ van der Linde, 18 Steven Sykes, 19 Aidon Davis, 20 Kevin Luiters, 21 George Whitehead, 22 Ntabeni Dukisa.

Afskop: 14:30

Skeidsregter: Craig Joubert
Assistente: Francois Pretorius, Sieg van Staden
TV: Willie Vos

Taai stryd tussen buurunies

Die twee bure, Griekwas en die Vrystaat Cheetahs, pak mekaar Saterdag in Bloemfontein in wat ’n kanniedood-stryd kan wees.

Beide spanne het hul eerste wedstryd verloor en sal nie aan motivering ontbreek nie. Die Vrystaat kon dalk in Nelspruit teen die Pumas gewen het en Rayno Benjamin se twee drieë daar wys hulle gaan nie afwyk van hul ondernemende spel nie.

Hulle het straks daardie kragmeting teen die Pumas voorlangs verloor terwyl Griekwas se voorspelers juis die terugvegpoging teen die Sharks gelei het. Die Poubloues sal dit stellig as ’n kwesbaarheid wil uitbuit en só op die voorvoet kom.

Drie aspekte kan voorts van deurslaggewende belang wees. Eerstens kom twee goeie lostrio’s teen mekaar te staan. Carel Greeff en Marnus Schoeman is al gesoute Griekwas en albei het drieë teen die Sharks gedruk. Hul uitdaging is Saterdag weer groot: om Jean Cook en die vurige Boom Prinsloo by die afbreekpunte te troef.

Tweedens is Elgar Watts weer terug in die nr. 10-trui vir die Cheetahs. Hy is gemis in Nelspruit en sy skopskoen, ervaring op die aanval en vermoë om geleenthede vir ander agterspelers te skep, is ’n reuseskaduwee oor Griekwas se wenkanse.

Laastens het die Pumas gewys hoe om die Cheetahs se aanvalsangels doeltreffend te trek deur middel van die regte verspreiding van die verdedigers.

Spanne:

Vrystaat Cheetahs: 15 AJ Coertzen, 14 Rayno Benjamin, 13 Francois Venter, 12 Joubert Engelbrecht, 11 Raymond Rhule, 10 Elgar Watts, 9 Sarel Pretorius, 8 Boom Prinsloo, 7 Jean Cook, 6 Tienie Burger, 5 Francois Uys, 4 Carl Wegner, 3 Luan de Bruin, 2 Torsten van Jaarsveld (kaptein), 1 Kevin Stevens.
Bank: 16 AJ le Roux, 17 Dolph Botha, 18 Neil Claassen, 19 Waltie Vermeulen, 20 Shaun Venter, 21 Willie du Plessis, 22 JP du Plessis.

Griekwas: 15 Nico Scheepers, 14 Ederies Arendse, 13 PJ Vermeulen, 12 Wayne Stevens (kaptein), 11 Rocco Jansen, 10 Francois Brummer, 9 Tian Meyer, 8 Carel Greeff, 7 RJ Liebenberg, 6 Marnus Schoeman, 5 Jaco Nepgen, 4 Boela Serfontein, 3 Ewald van der Westhuizen, 2 Ryno Barnes, 1 Steph Roberts.
Bank: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Maks van Dyk, 18 Hugo Kloppers, 19 Burger Schoeman, 20 Abrie Griesel, 21 Marais Schmidt, 22 Jonathan Francke.

Afskop: 15:00

Beamptes
Skeidsregter: Marius Jonker
Assistente: Lesego Legoete, Francois de Bruin
TV: JJ Wagner

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.