Kings se beurt om hul slag te toon

Die Southern Kings kan, soos die Cheetahs Vrydagaand teen Leinster, wys dat hulle die afgelope week hard gewerk het voor Saterdagaand (19:35 SA tyd) se Pro14-wedstryd teen Zebré in die Nelson Mandelabaai-stadion.

Swak verdediging, hantering wat nie altyd op standaard was nie en oordeel het die Kings tot dusver gekos. Dit was verlede week in die neerlaag teen Leinster steeds opvallend teenwoordig, hoewel daar ʼn groot verbetering van hulle eerste treetjie in die kompetisie waarneembaar was.

Afrigter Deon Davids is tevrede met die afgelope week se voorbereiding waar hy met meer rustigheid aan die brak kolle kon werk. Hy is ook baie naby aan sy beste span nadat hy letterlik eers die vermoëns van die saamgeflanste lotjie moes beoordeel.

Daar is heelwat talent – en Davids het ná die Kings ‘n bewese rekord van vreemdelinge in ʼn span saamsnoer.

Saterdag sal gaan oor konsentrasie en uitvoering op die veld met die klem op verdediging in die stryd tussen twee spanne wat albei ná drie wedstryde steeds na ʼn eerste oorwinning soek.

En: die Kings sal hulle kanse om punte aan te teken moet benut en nie met onvolwasse opsies drieë laat verlore gaan nie.

Spanne –

Southern Kings
15 Masixole Banda, 14 Yaw Penxe, 13 Berton Klaasen, 12 Luzuko Vulindlu, 11 Sibusiso Sithole, 10 Pieter-Steyn de Wet, 9 Rudi van Rooyen, 8 Andisa Ntsila, 7 Victor Sekekete, 6 Khaya Majola, 5 Andries van Schalkwyk, 4 Stephen Greeff, 3 Luvuyo Pupuma, 2 Michael Willemse (kaptein), 1 Schalk Ferreira. Bank: 16 Stephan Coetzee, 17 Rossouw de Klerk, 18 Martin Dreyer, 19 Bobby de Wee, 20 Freddy Ngoza, 21 Godlen Masimla, 22 Oliver Zono, 23 Jacques Nel.

Zebré
15 Matteo Minozzi, 14 Giulio Bisegni, 13 Tommaso Boni, 12 Tommaso Castello (kaptein), 11 Mattia Bellini, 10 Carlo Canna, 9 Marcello Violi, 8 Renato Giammarioli, 7 Giovanni Licata, 6 Johan Meyer, 5 George Biagi, 4 David Sisi, 3 Roberto Tenga, 2 Oliviero Fabiani, 1 Andrea Lovotti. Bank: 16 Sami Panico, 17 Andrea De Marchi, 18 Dario Chistolini, 19 Jacopo Sarto, 20 Derick Minnie, 21 Guglielmo Palazzani, 22 Serafin Bordoli, 23 Ciaran Gaffney.

Skeidsregter: Seán Gallagher (Ierland)
Assistent-skeidsregters: Andrew Brace (Ierland), Quinton Immelman (Suid-Afrika)
Televisie-skeidsregter: Marius Jonker (Suid-Afrika)
Afskop: 19:35 (SA tyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.