Kings se vierde neerlaag onderstreep OP-wanorde

Die Southern Kings het Saterdagaand met 14-54 teen die Scarlets groot pak in Llanelli gekry en het ná vyf wedstryde net die enkele oorwinning, verlede naweek teen Ulster in die Baai, op die punteleer.

Dit bring die fokus net eenvoudig terug tot die werklikheid dat sake in die Oostelike Provinsie, om dit sagkens te stel.

ʼn Mens kan die spelers nie verkwalik nie. Hulle gee alles. Jy kan Deon Davids nie verkwalik nie. Hy is ʼn goeie afrigter wat man-alleen en sonder noemenswaardige begroting sy spelers moet werf en afrig.

Hulle speel as span en enkelinge na die beste van hulle vermoë, maar die realiteit is dat jy nie met ʼn gesinsmotor die Grand Prix kan wen nie.

Dit was Saterdagaand wéér so toe hulle teen die verloor-finalis van verlede seisoen se Pro14 aanvanklik redelik gehou het en rustyd net met 14-21 agter was. Maar toe was die gehalte en ervaring teen hulle net te veel en het hulle in die tweede helfte 33 punte afgestaan sonder om  self punte aan te teken.

Agt drieë teen en net twee wat hulle in die eerste helfte gedruk het, vertel die storie.

♦  In die Baai staan sake ná die Kings se neerlaag nou só: Een oorwinning in die 26 wedstryde wat die vier Baaise spanne vanjaar gespeel het, en al vier spanne wat die naweek nogmaals groot pak gekry het.

Wat in die Oostelike Provinsie fout is, weet mens nie. Dit is seker tyd dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) ingryp ná verloor-tellings van 14-54, 29-101, 0-173 en 18-47 vir die onderskeidelik die Southern Kings, die Curriebekerspan, die o.21s in die 0.19s van die OP die afgelope naweek.

Tot dusver het die Kings die enigste wedstryd, verlede week teen Glasgow, van die OP-spanne se26 wedstryde gewen. Hulle het nou in vyf wedstryde 97 punte aangeteken en, in die konteks van die Baai se spanne, nét 171 punte afgestaan.

Die Curriebekerspan van die eens trotse bond speel nou nie eers meer in die Premierliga nie, en het ná sy vyf wedstryde in die Eerste Liga 110 punte teen 273, ʼn gemiddelde telling van 22-55. Saterdag het die span ʼn honderdtal afgestaan en met 29-101 teen die Valke verloor.

Die onder 21-span het die naweek met 0-173 teen die Westelike Provinsie verloor. Dit was die derde honderdtal teen hulle in hul vyf wedstryde waarin hulle net 27 punte aangeteken en 610 afgestaan het.

Saam het die vier spanne in hulle 26 wedstryde net 370 aangeteken en 1 809 afgestaan (ʼn gemiddelde telling van 14,2 punte vir en 69,6 teen).

Puntemakers Scarlets vs Southern Kings ‒

Scarlets (21) 54: Drieë: Jonathan Davies (2), Paul Asquith, Ioan Nicholas, Dan Davis, Simon Gardiner, Steff Evans, Kieran Hardy. Doelskoppe: Rhys Patchell (5), Angus O’Brien (2).
Kings 14 (14): Drieë: Bjorn Basson (2). Doelskoppe: Masixole Banda (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frans C ·

Die Kings en Cheetahs is nou die slagoffers van nog ‘n ondeurdagte SARU besluit.Wat as ‘n troosprys moes dien nadat hul onregverdig uit Superrugby geskop is,ontaard nou in ‘n nagmerrie veral vir die Kings.

What a joke! ·

Hoe de *** verloor jy 0-173.??? Daag seker nie op nie en die ander span speel teen hulself…ja dit is nou maar Suid Afrika se norme deesdae ne..

Frans C ·

Wolla
Hier is die 2017 Super 18 log.
1 South Africa Lions 65
2 New Zealand Crusaders 63
3 South Africa Stormers 43
4 Australia Brumbies 34
5 New Zealand Hurricanes 58
6 New Zealand Chiefs 57
7 New Zealand Highlanders 51
8 South Africa Sharks 42
9 New Zealand Blues 37
10 Argentina Jaguares 33
11 South Africa Southern Kings 28
12 Australia Western Force 26
13 South Africa Cheetahs 21
14 Australia Reds 21
15 South Africa Bulls 20
16 Australia Waratahs 19
17 Japan Sunwolves 12
18 Australia Rebels 9

Vertel my nou wie volgens jou die swakste spanne in die kompetisie was en eintlik
weggelaat moes gewees het,maar wat net op grond van vorige prestasie en grootnaam spelers behou is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.