Kitshoff is kaptein in Kolisi se plek

Steven Kitshoff is die Stormers se kaptein. (Foto: GB Jordaan)

Loskopstut, Steven Kitshoff, sal Vrydag die kapteinsarmband dra in die Stormers se Superrugby-wedstryd teen die Rebels in Melbourne (wedstryd begin om 11:45 SA tyd).

Kitshoff sal die span in Siya Kolisi se afwesigheid aanvoer, wat ’n blaaskans kry vir die laaste kragmeting van die Kapenaars se toer na Australië en Nieu-Seeland.

Die ervare Kitshoff sal ’n voorry-kombinasie saam met Bongi Mbonambi (haker) en Wilco Louw (vaskopstut) vorm. Salmaan Moerat en Cobus Wiese sal die nuwe slotpaar wees, met Johan du Toit op die plaasvervangersbank.

Ernst van Rhyn sal sy Stormers-debuut in Kolisi se plek maak, met Kobus van Dyk en Jaco Coetzee wat hul plekke in die beginspan behou.

Die enigste verandering in die agterlyn is Herschel Jantjies wat die nommer nege‑trui sal dra, met Seabelo Senatla wat sy eerste wedstryd van die seisoen vanaf die plaasvervangersbank sal begin.

Robbie Fleck (Stormers se breier) het gesê sy span is vasberade om hul toer op ’n hoë noot in Melbourne af te sluit.

“Ons konsentreer die week om so akkuraat as moontlik in alles wat ons doen te wees, sodat ons die meeste van ons geleenthede kan maak,” het Fleck gesê.

Stormers: Damian Willemse (heelagter), Sergeal Petersen (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Dillyn Leyds (linkervleuel), Jean-Luc du Plessis (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Jaco Coetzee (agtsteman), Kobus van Dyk (flank), Ernst van Rhyn (flank), Cobus Wiese (slot), Salmaan Moerat (slot), Wilco Louw (stut), Bongi Mbonambi (haker), Steven Kitshoff (stut en kaptein). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Frans Malherbe, Johan du Toit, Juarno Augustus, Justin Phillips, Josh Stander, Seabelo Senatla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.