Kiwi-derbies die fokus in Australasiese wedstryde

aus-ns-logoDrie van die vier Australasiese Superwedstryde hierdie naweek sal waarskynlik die verbeelding aangryp omdat van die topspanne van die Land van die Silwervaring in aksie is.

Chiefs het baie om teen Hurricanes te bewys

Wanneer twee voorste Nieu-Seelandse spanne met mekaar kragte meet, gryp dit gewoonlik die verbeelding aan.

Vrydagoggend sal dit geen uitsondering wees wanneer die Chiefs en die Hurricanes mekaar in Waikato se FMG-stadion pak nie.

Die Hurricanes, die verdedigende Superkampioen, sal met baie selfvertroue opdraf. Die Chiefs het verlede jaar in die halfeindronde van die toernooi teen die einste Hurricanes vasgeval.

Albei spanne is vanjaar ook nog onoorwonne na twee rondes van Superrugby.

Spanne –

Chiefs: 15. Damian McKenzie, 14. Toni Pulu, 13. Tim Nanai-Williams, 12. Anton Lienert-Brown, 11. James Lowe, 10. Aaron Cruden (mede-kapt.), 9. Tawera Kerr-Barlow, 8. Michael Leitch, 7. Sam Cane (mede-kapt.), 6. Mitchell Brown, 5. Brodie Retallick, 4. Dominic Bird, 3. Nepo Laulala, 2. Hika Elliot, 1. Kane Hames. Bank: 16. Sebastian Siataga, 17. Siegfried Fisi’ihoi, 18. Atu Moli, 19. Taleni Seu, 20. Lachlan Boshier, 21. Jonathan Taumateine, 22. Stephen Donald, 23. Shaun Stevenson.
Hurricanes: 15. Nehe Milner-Skudder, 14. Vince Aso, 13. Matt Proctor, 12. Ngani Laumape, 11. Julian Savea, 10. Beauden Barrett, 9. TJ Perenara, 8. Reed Prinsep, 7. Ardie Savea, 6. Brad Shields, 5. Michael Fatialofa, 4. Mark Abbott, 3. Jeffery Toomaga-Allen, 2. Dane Coles (kapt.), 1. Loni Uhila. Bank: 16. Ricky Riccitelli, 17. Chris Eves, 18. Ben May, 19. James Blackwell, 20. Callum Gibbins, 21. Chris Smylie, 22. Otere Black, 23. Jordie Barrett.

Afskop: 8:35 (SA tyd)

Brumbies wil regmaak na Sharks-blaps

Derbies gryp gewoonlik die verbeelding aan. Twee Australiese spanne  speel Vrydag teen mekaar wanneer die Brumbies en die Force mekaar in die GIO-stadion pak.

brumbies-logo-grootDie Brumbies sal wil vergoed vir hulle neerlaag verlede naweek in die doodsnikke teen die Sharks, terwyl die Force pronkstert na hulle oorwinning teen die Reds sal wees.

Benewens Brumbies-sterre soos die vleuel Henry Speight en die senters, Tevita Kuridrani en Kyle Godwin, wat dalk vir opwindende rugby kan sorg, is dit te betwyfel of dié wedstryd veel entoesiasme buite Australië sal ontlok.

Spanne –

Brumbies: 15. Aidan Toua, 14. Henry Speight, 13. Tevita Kuridrani, 12. Kyle Godwin, 11. James Dargaville, 10. Wharenui Hawera, 9. Joe Powell, 8. Jordan Smiler, 7. Chris Alcock, 6. Ben Hyne, 5. Sam Carter (kapt.), 4. Rory Arnold, 3. Allan Alaalatoa, 2. Josh Mann-Rea, 1. Ben Alexander. Bank: 16. Robbie Abel, 17. Nic Mayhew, 18. Leslie Leulua’iali’i-Makin, 19. Blake Enever, 20. Tom Staniforth, 21. Lolo Fakaosilea, 22. De Wet Roos, 23. Andrew Smith.
Force: 15. Dane Haylett-Petty, 14. Chance Peni, 13. Curtis Rona, 12. Billy Meakes, 11. Luke Morahan, 10. Jono Lance, 9. Ryan Louwrens, 8. Richard Hardwick, 7. Kane Koteka, 6. Brynard Stander, 5. Matt Philip, 4. Ross Haylett-Petty, 3. Tetera Faulkner, 2. Heath Tessmann (kapt.), 1. Pek Cowan. Bank: 16. Tatafu Polota-Nau, 17. Ben Daley, 18. Jermaine Ainsley, 19. Onehunga Havili Kaufusi, 20. Isi Naisarani, 21. Michael Ruru, 22. Ian Prior, 23. Robbie Coleman.

Afskop: 10:45 (SA tyd)

Highlanders sal uit stof wil opstaan

Nog ’n derby, maar met meer opwinding sal Saterdagoggend wees wanneer die Highlanders en Blues mekaar op Edenpark pak.

Die Highlanders, met verskeie All Blacks in hul midde, is steeds segeloos in vanjaar se kompetisie, terwyl die Blues tot dusver een keer gewen en een keer verloor het.

Die span van Otago sal teen ’n omgesukkelde Blues-span wil bewys dat hulle beter is as wat hulle plek op die punteleer aandui. Die Blues begin onder Tana Umaga se afrigting al hoe meer weer na ’n span lyk wat rugby kan speel.

Spanne –

Blues: 15. Michael Collins, 14. Matt Duffie, 13. Rieko Ioane, 12. George Moala, 11. Rene Ranger, 10. Ihaia West, 9. Augustine Pulu, 8. Murphy Taramai, 7. Blake Gibson, 6. Jerome Kaino, 5. Patrick Tuipulotu, 4. Jimmy Tupou, 3. Charlie Faumuina, 2. James Parsons (kapt.), 1. Pauliasi Manu. Bank: 16. Matt Moulds, 17. Sam Prattley, 18. Ofa Tu’ungafasi, 19. Gerard Cowley-Tuioti, 20. Akira Ioane, 21. Billy Guyton, 22. Piers Francis, 23. Melani Nanai.
Highlanders: 15. Richard Buckman, 14. Waisake Naholo, 13. Malakai Fekitoa, 12. Rob Thompson, 11. Tevita Li, 10. Lima Sopoaga, 9. Aaron Smith, 8. Luke Whitelock, 7. Elliot Dixon (kapt.), 6. Gareth Evans, 5. Tom Franklin, 4. Alex Ainley, 3. Siosuia Halanukonuka, 2. Liam Coltman, 1. Daniel Lienert-Brown. Bank: 16. Sekonia Pole, 17. Aki Seiuli, 18. Siate Tokolahi, 19. Joe Wheeler, 20. Jackson Hemopo, 21. Dillon Hunt, 22. Kayne Hammington, 23. Marty Banks.

Afskop: 8:35 (SA tyd)

Crusaders sal wil voortbou

Dis te betwyfel of die Reds genoeg skietgoed vir die Crusaders het.

Enigiemand wat dink die Crusaders is paloekas na verlede naweek se sukkelende begin teen de Highlanders, moet maar sorg dat hulle Saterdagoggend voor hulle televisiestelle sit wanneer dié sewemalige kampioen met die Reds slaags raak.

crusaders-logo-teamspagesDie Crusaders was verlede week 6-27 agter teen die Highlanders, voordat hulle teruggeveg en die skynbare onmoontlike reggekry het deur die  oorwinning te behaal. As dit jou nie iets van ’n span se veggees sê nie ….

Die manne van Canterbury se laaste kroon was in 2008. Vroeg in 2017 is dit nie vergesog om van hulle as die moontlike kampioen te praat nie.

Spanne –

Reds:15. Karmichael Hunt, 14. Izaia Perese, 13. Samu Kerevi, 12. Duncan Paia’aua, 11. Eto Nabuli, 10. Quade Cooper, 9. Nick Frisby, 8. Scott Higginbotham, 7. George Smith, 6. Hendrik Tui, 5. Izack Rodda, 4. Rob Simmons, 3. Sam Talakai, 2. Stephen Moore, 1. James Slipper (kapt.). Bank:16. Andrew Ready, 17. Sef Fa’agase, 18. Taniela Tupou, 19. Kane Douglas, 20. Adam Korczyk, 21. James Tuttle, 22. Jake McIntyre, 23. Chris Kuridrani.
Crusaders: 15. Israel Dagg, 14. Seta Tamanivalu, 13. Jack Goodhue, 12. Ryan Crotty, 11. Digby Ioane, 10. Mitchell Hunt, 9. Mitchell Drummond, 8. Whetu Douglas, 7. Heiden Bedwell-Curtis, 6.  Pete Samu, 5. Sam Whitelock (kapt.), 4. Scott Barrett, 3. Michael Ala’alatoa, 2. Codie Taylor, 1. Joe Moody. Bank: 16. Ben Funnell, 17. Tim Perry, 18. Oliver Jager, 19. Luke Romano, 20. Jordan Taufua, 21. Bryn Hall, 22. Marty McKenzie, 23. George Bridge.

Afskop: 10:45 (SA tyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.