Kiwi’s en kie krap kop oor SA blasers

Veral Egon Seconds loop onder oorsese kritici deur. Australiese pers het geskryf dat hy 43 strafskoppe aan SA spanne in drie kragmetings toegestaan het. Daarteenoor het hy sy fluitjie net ses keer in die guns van besoekende spanne geblaas. Foto: Facebook.

Die vertoning van Suid-Afrikaanse skeidsregters in plaaslike Superrugby-wedstryde, is besig om Australiese en Nieu-Seelandse ondersteuners na hul ekwivalent van boegoebrandewyn te laat gryp.

Televisie-skeidsregter Marius Jonker het verlede week Sevu Reece se drie teen die Stormers nie toegeken nie, omdat hy beslis het dat een van die voorafgaande aangeë vorentoe was. Die beeldmateriaal het egter talle Crusaders-ondersteuners warm onder die kraag gehad.

Die Stormers en Crusaders het uiteindelik gelykop gespeel – ’n goeie uitslag want die Kapenaars het nie verdien om te verloor nie – maar ʼn mens wil ook op ’n regverdige wyse gelykop speel.

Dan was die vertoning van Rasta Rasivhenge in die Lions/Highlanders-wedstryd ook in die kollig.

Die Suid-Afrikaner het 12 keer sy fluitjie in die Johannesburgers se guns geblaas, terwyl hy net drie keer in die Highlanders se guns beslis het.

In die afgelope seisoen het internasionale spanne die strafskoptelling 96 – 47 verloor wanneer Suid-Afrikaanse skeidsregters aan die stuur van sake was. Snaaks genoeg, wanneer ’n onafhanklike internasionale skeidsregter in beheer van SA vs. NS/Aus-span is, is dié telling skielik 72 – 66.

As dié tendens voortduur, gaan die gevaarligte beslis begin flikker.

Die All Blacks se breier, Steve Hansen, het juis gesê dat plaaslike skeidsregters nie bestendig genoeg is nie en dat besoekende spanne aan die kortste ent trek.

“Baie van die strafskoppe is die korrekte beslissing, maar hulle (SA skeidsregters) bestendigheid is soms in die kollig. As dit ’n strafskop vandag is, dan is dit ’n strafskop vir die hele dag en nie nét vir ’n gedeelte van die dag nie,” het Hansen aan die media gesê.

“In Suid-Afrika is daar 48 strafskoppe aan die Lions toegeken, terwyl hulle dan net ses afgestaan het. Ek sê nie die strafskoppe wat hulle toeken is verkeerd nie, maar daar word beslis ’n paar gemis.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Colin ·

Ek stem 100% saam dat skeidsregtiers bestendig en billik moet wees. Dis net interresant dat wanneer dinge teen Aus/NZ gaan dan begin hulle kerm, maar bly tjoepstil wanneer dinge in hulle guns swaai. Dis maar sondige menslike natuur.

Johan ·

Colin ek stem saam. Elke span moet dieselfde hanteer word en eerlikheid moet op die ou einde van die dag seevier. Mens wil nie wen omdat die skeidsregter jou bevoordeel nie. MAAR dit pla my dat die dinge net onder die kollig kom as ‘n NZ of Aus span benadeel word.

Mac ·

Dit is die tweede keer dat die Stormers gehelp is deur die skeidsregter onthou die Lions wedstryd

kolla ·

48 teen 6 lyk darem baie ongebalanseerd vir my en dis Leeus tuiswedstryde. Wonder wat daar aangaan? So terloops – Stormers wil op ‘n regverdige wyse wen, Moanga se kort vorentoe aangee vir hul derde drie moes opgeblaas gewees het. So Stormers het op onregverdige wyse gelykop gespeel, hulle moes eintlik gewen het.

TN ·

Kolla , jy is voorwaar onder die invloed __ die aangee waarvan jy praat was ook nie vorentoe nie ; vergewis jou van die reëls voordat jy lawwe kommentaar lewer . Meeste van ons is ware sport liefhebbers en sonder regverdigheid kan sport nie voortbestaan nie EN een fout maak nie ‘n latere een reg nie . Alle lande se spelers word professioneel deur die beste beskikbaar afgerig __ 48 strafskoppe teen 6 in die guns van ‘n tuisspan is laf ! Die beste skeidsregters op die oomblik is almal van Australië en NZ en ons moet net hoop dat hulle nie gaan besluit dat as hulle spanne nie regverdig hier kan behandel word nie , daar geen rede is waarom ons spanne daar regverdig behandel moet word nie !

kolla ·

Definitief vorentoe, albei. Die NZ’ers kom nogal hiermee weg, kyk maar. 43 teen 6 ten gunste van die Lions is egter ongehoort, daar moet iets fout wees daar.

Judge Dredd ·

Snaaks dat hulle niks gese het to Richie McCaw van die ALL Blacks met alles kon wegkom.

Hendrik ·

Judge Dredd: Ek het nie geweet dat McCaw weer vir die Crusaders speel nie. Vergeet van die verlede, SA skeidsregters het ook vir McCaw met watookal laat wegkom. So What?

kolla ·

Ek is bekommerd oor die Stormers se wedstryd teen die Lions in Johannesburg. Seconds sal moet blaas vir enige balans.

Bekommerd ·

Moenie worry nie, na sy gemors met die Bulls /Stormer wedstryd is hy by 2 wedstryde daarna deur Jaco Peyper “gecoach” van die kant af. So hy sal weer gehelp word van die kant af tot hy op standaard is. Maar moes hulle hom in die diepkant ingegooi het? Pleks hy blaas eers Vodacom en CB voor hy SR blaas. Dink net as hy n toets moet blaas. lol

jonathan ·

Ek stem 100% saam met die KIWI’S ons refs is maar ………

Kiewiet ·

Die Crusaders is beroof van in wen. Maruis Jonker moet sy oe laat toets. Of so nie moet hulle hom vervang, met iemand wat oordentlik kan sien en die reels ken.

kolla ·

Jy moet in gedagte hou dat hy alle angles tot sy beskikking het, nie net dit wat jy op tv sien nie. Ek vertrou ook eerder op sy oordeel as ouens wat dink hulle weet beter.

Jay ·

Al die NZ se spanne is heeltyd ”offside”…maar niks word gesê nie…Steve kan sy oë gaan laat toets.

Kiewiet ·

Dis nie die eerste keer dat hy in span laat verloor, asgevolg van sy verkeerde beslising nie. Dit het al voorheen ook gebeur.

Koos B ·

Laat onpartydige skeidsregters blaas en nie skeidsregters van jou eie nie.Dan is al die verskonings en stryery oor.Daar kan dalk bietjie logistieke probleme wees maar elke sport het sy beserings.

Bekommerd ·

SA skeidsregters is die oorsaak dat as ons spanne oorsee gaan speel, “looi” daai skeidsregters ons omdat SA skeidsregters hier vir SA blaas en teen die ander spanne. Hoe se hulle: “bloed is dikker as water”
Tyd dat neutrale skeidsregters moet kom blaas. SA skeidsregters is in elke geval maar swak.

Vreugdevol ·

1. So oorsese blasers “looi ons” wel?
2. Dit is geregverdig?
3. Is dit nie dalk andersom nie? Ons blasers “looi oorsese spanne” want hulle “looi ons”?

Charles ·

Hoe is daai laaste drie nie vorentoe nie? As jy die lyn… as maatstaf gebruik, dan word daai daai bal ten minste ‘n meter vorentoe oor die lyn aangegee.

thys swart ·

Ek het al gese en wil weer dit noem. As twee sa spanne teen mekaar speel kry iemand van aus of nz om te blaas en tmo te beman. As nz span teen sa span speel kry eimand van aus om te ref en tmo te beman , wat is nou eenvoudiger as dit . Al die geskreeu oor hy trek die span voor of daai een is dan op einde.

JohanL ·

Dit was op ‘n tydstip so en is toe gelos – nie presies seker van die rede nie, maar dink dit was logistieke aspekte gekoppel aan onkoste (geld).

Seun ·

Eugene Seconds moet nie eens toegelaat word om laer skool rugby te blaas nie regtig SA rugby moet regtig hierdie sal blazers skors

Petrus ·

Rasta, Egon en Marius hoort al vir die laaste 5 jaar nie in die rolle as skeidsregters nie. Hul was en is steeds hopeloos!

Jr ·

Dit werk altwee kante toe. As ons daar speel word ons in ons kannone geblaas. Play the game man. As NZ en Aussie spanne begin verloor dan wil hulle bolle rol. As ons vuil speel in NZ of Aussie dan word ons ge” site ” maar as hulle hier vuil speel gebeur niks. Sleg verloorders , dis wat hulle is

Polla Roux ·

Sal graag wil weet hoeveel manne wat kommentaar lewer al self n wedstryd op enige kompetisievlak geblaas het . Ons het almal die voordeel van die kyk weer maar die man in die middel moet onmiddellik n besluit maak. Selfs die bestes maak dan soms n fout Wie onthou nog Craig Joubert se oordeelsfout in die wedstryd tussen die All Blacks en Skotland so n paar jaar gelede (En hy was een van die bestes.!!!

Peer ·

@Polla, EEN keer is n fout, Egon Seconds…BAIE MEER as een fout. Hy het 2 lynregters en n TMO, hy is by ver nie “alleen” nie. Snaaks hoe skielik die TMO op begin let om die stormers uit te help. Saffa refs is die jaar werklik pateties.

Karl ·

Egon Seconds is dié swakste ref wat nog ooit op n rugby veld was. Pateties.

Charles ·

Hoe is daai laaste drie nie vorentoe nie? As jy die lyn… as maatstaf gebruik, dan word daai daai bal ten minste ‘n meter vorentoe oor die lyn aangegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.