Kiwi’s kies hul blitse vir Dubai, Kaapstad

Nieu-Seeland se sewesrugbyspan is gedugte teenstanders. (Foto: X/All Blacks Sevens)

As die verdedigende seweskampioenspan is Nieu-Seeland oorgehaal om op sy sukses voort te bou – veral met die Olimpiese Spele om die draai.

Die Kiwi’s het ʼn sterk groep vir die eerste twee SVNS-toernooie – in Dubai en Kaapstad – gekies en hulle sal ongetwyfeld op die vaardighede van Leroy Carter en Akuila Rokolisoa steun om die wêreld se blitsrugbyvelde aan die brand te speel.

Al twee spelers is vir Wêreldrugby se sewesspeler van die jaar genomineer, terwyl Scott Curry se ervaring ook deurslaggewend kan wees.

Nieu-Seeland is saam met Suid-Afrika, Kanada en Samoa in ʼn groep vir die Dubai-toernooi en hulle speel hul eerste wedstryd op 2 Desember teen die Kanadese.

Die Blitsbok-groep vir die Dubai-sewesaksie word Vrydag aangekondig en die span vertrek Maandag na die Verenigde Arabiese Emirate.

Nieu-Seeland se sewestoerspan: Leroy Carter, Che Clarke, Tepaea Cook-Savage, Scott Curry, Sam Dickson, Fehi Fineanganofo, Moses Leo, Sione Molia, Tim Mikkelson, Ngarohi McGarvey-Black, Akuila Rokolisoa, Codemeru Vai en Regan Ware.

Sewestoernooie:

2-3 Desember: Dubai

9-10 Desember: Kaapstad

26-28 Januarie: Perth

23-25 Februarie: Vancouver

2-3 Maart: Los Angeles

5-7 April: Hongkong

3-5 Mei: Singapoer

31 Mei tot 2 Junie: Madrid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

Onder wie se afrigtingskap het die blitsbokke so vrot gevaar.Ek gaan jou nie mis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.