Kiwi’s reeds los voor SA franchise’e

En toe is Nieu-Seelandse rugby weer vir Suid-Afrika voor, meer as drie maande voordat die 2018-Superseisoen begin.

Dinsdag het Pale Toe! redes uitgewys waarom die Crusaders deur die jare met professionaliteit die beste Superrugbyspan was – en dat hulle Woensdag hulle groep vir die 2018-Superreeks bekend sou maak.

Ja, hulle het – saam met die ander vier franchise’e wat hulle groepe aangekondig het.

Die voordeel is dat elk van die Nieu-Seelandse spanne nou in groepsverband kan begin oefen, met elke speler wat kan oefen met die wete dat hy klaar gekies is.

Wanneer gaan die SA spanne aangewys word? Ons lees steeds daagliks van spelers wat van die een franchise of Curriebekerspan na ander oorloop. Dis maar die ou-ou onsekerheid van die verlede.

Soos maar by alle professionele spanne is daar by die vyf Nieu-Seelandse spanne ook spelers wat oorsee gaan speel, deur ander franchise’e gekontrakteer word en die magsbasis van sekere spanne wat mag verskuif.

In die geval van Nieu-Seeland kan ʼn mens egter maar aanvaar dat die skuiwe – aanwinste en vertrekkende spelers – deur hulle uitstekende afrigters tot voordeel van die franchise aangewend sal word.

Só lyk die Nieu-Seelandse franchise’e wat aanstaande jaar in die nuwe Super15 die titel sal najaag. 

BLUES 

Aanwinste: Leni Apisai, Isaac Salmon, Mike Tamoaieta, Dalton Papalii, Glenn Preston, Jonathan Ruru, Daniel Kirkpatrick, Matt Johnson, Tamati Tua, Caleb Clarke.
Vertrekkendes: Charlie Faumuina, Steven Luatua, Brandon Nansen, Epalahame Faiva, Sam Prattley, Billy Guyton, Piers Francis, Ihaia West, Matt Vaega, Declan O’Donnell, Rene Ranger.

Hakers: Leni Apisai, Matt Moulds, James Parsons
Stutte: Alex Hodgman, Sione Mafileo, Pauliasi Manu, Isaac Salmon, Mike Tamoaieta, Ofa Tuungafasi
Slotte: Gerard Cowley-Tuioti, Josh Goodhue, Scott Scrafton, Patrick Tuipulotu, Jimmy Tupou
Losvoorspelers: Blake Gibson, Akira Ioane, Jerome Kaino, Dalton Papalii, Glenn Preston, Kara Pryor, Murphy Taramai
Skrumskakels: Sam Nock, Augustine Puli, Jonathan Ruru
Losskakels: Otere Black/Daniel Kirkpatrick, Bryn Gatland, Stephen Perofeta
Senters: Matt Johnson, George Moala, Tamati Tua, TJ Faiane, Sonny Bill Williams
Vleuels/heelagters: Caleb Clarke, Michael Collins, Matt Duffie, Rieko Ioane, Melanie Nanai, Jordan Trainor. 

CHIEFS 

Aanwinste: Fin Hoeata, Luke Jacobson, Tyler Ardron, Te Toiroa Tahuriorangi, Marty McKenzie, Tiaan Falcon, Regan Verney, Levi Aumua.
Vertrekkendes: Hika Elliot, Tom Sanders, Michael Leitch, James Tucker, Tawera Kerr-Barlow, Finlay Christie, Aaron Cruden, Stephen Donald, James Lowe, Glen Fisiiahi, Chase Tiatia.

Hakers: Liam Polwart, Nathan Harris, Samisoni Taukei’aho
Stutte: Aidan Ross, Atunaisa Moli, Kane Hames, Mitchell Graham, Nepo Laulala, Sosefo Kautai
Slotte: Brodie Retallick, Dominic Bird, Fin Hoeata, Michael Allardice
Losvoorspelers: Lachlan Boshier, Liam Messam, Luke Jacobson, Mitchell Brown, Mitchell Karpik, Sam Cane, Taleni Seu, Tyler Ardron
Skrumskakels: Brad Weber, Jonathan Taumateine, Te Toiroa Tahuriorangi
Losskakels: Damian McKenzie, Marty McKenzie, Tiaan Falcon
Senters: Alex Nankivell, Anton Lienert-Brown, Charlie Ngatai, Johnny Faauli, Regan Verney
Senters/vleuel: Tim Nanai-Williams
Vleuels/heelagters: Levi Aumua, Sam McNicol, Shaun Stevenson, Solomon Alaimalo, Toni Pulu. 

CRUSADERS 

Aanwinste: Ethan Blackadder, Mike Delany, Braydon Ennor, Billy Harmon, Will Jordan, Tom Sanders, Jack Stratton
Vertrekkendes: Heiden Bedwell-Curtis, Jed Brown, Leon Fukofuka, Sione Fifita, Digby Ioane, Marty McKenzie, Sean Wainui

Hakers: Ben Funnell, Andrew Makalio, Codie Taylor
Stutte: Mike Ala’alatoa, Wyatt Crockett, Owen Franks, Oliver Jager, Joe Moody, Tim Perry
Slotte: Scott Barrett, Mitchell Dunshea, Luke Romano, Quinten Strange, Sam Whitelock
Losvoorspelers:  Ethan Blackadder, Billy Harmon, Kieran Read, Tom Sanders, Pete Samu, Jordan Taufua, Matt Todd
Skrumskakels: Mitchell Drummond, Bryn Hall, Jack Stratton
Losskakels: Mike Delany, Mitchell Hunt, Richie Mo’unga
Senters: Tim Bateman, Ryan Crotty, Jack Goodhue, Braydon Ennor
Vleuels/heelagters:George Bridge, Israel Dagg, David Havili, Will Jordan, Jone Macilai, Manasa Mataele, Seta Tamanivalu. 

HIGHLANDERS 

Aanwinste: Josh McKay, Tevita Nabura, Thomas Umaga-Jensen, Josh Ioane, Shannon Frizell, Pari Pari Parkinson, Kalolo Tuiloma, Tyrel Lomax
Vertrekkendes: Shane Christie, Siosuia Halanukonuka, Malakai Fekitoa, Craig Millar, Joe Wheeler, Gareth Evans, Hayden Parker, Patrick Osborne, Jason Emery

Hakers: Liam Coltman, Ash Dixon, Greg Pleasants-Tate
Stutte: Daniel Lienert-Brown, Tyrel Lomax, Guy Millar, Aki Seiuli, Siate Tokolahi, Kalolo Tuiloma
Slotte: Alex Ainley, Josh Dickson, Tom Franklin, Jackson Hemopo, Pari Pari Parkinson
Losvoorspelers:  Elliot Dixon, Shannon Frizell, Dillon Hunt, James Lentjes, Dan Pryor, Liam Squire, Luke Whitelock
Skrumskakels: Kayne Hammington, Josh Renton, Aaron Smith
Losskakels: Josh Ioane, Fletcher Smith, Lima Sopoaga
Senters: Richard Buckman, Patelesio Tomkinson, Rob Thompson, Teihorangi Walden, Thomas Umaga-Jensen
Vleuels/heelagters: Matt Faddes, Tevita Li, Josh McKay, Tevita Nabura, Waisake Naholo, Ben Smith. 

HURRICANES 

Aanwinste: Asafo Aumua, Alex Fidow, Toby Smith, Isaia Walker-Leawere, Murray Douglas, Sam Henwood, Gareth Evans, Jamie Booth, Finlay Christie, Jackson Garden-Bachop, Ihaia West
Vertrekkendes: Loni Uhila, Mike Kainga,  Leni Apisai, Mark Abbott, James Broadhurst, Geoffrey Cridge, Callum Gibbins, Hugh Renton Toa Halafihi, Te Toiroa Tahuriorangi, Kylem O’Donnell, Otere Black, Pita Ahki, Cory Jane.

Hakers: Asafo Aumua, Dane Coles, Ricky Riccitelli
Stutte: Chris Eves, Alex Fidow, Reg Goodes, Ben May, Toby Smith, Jeffery To’omaga-Allen
Slotte: James Blackwell, Murray Douglas, Michael Fatialofa, Sam Lousi, Isaia Walker-Leawere
Losvoorspelers:  Gareth Evans, Vaea Fifita, Sam Henwood, Reed Prinsep, Ardie Savea, Brad Shields, Blade Thomson
Skrumskakels: Jamie Booth, Finlay Christie, TJ Perenara
Losskakels: Beauden Barrett, Jackson Garden-Bachop, TJ Va’a, Ihaia West
Senters: Vince Aso, Ngani Laumape, Matt Proctor, Peter Umaga-Jensen
Vleuels/heelagters: Jordie Barrett, Wes Goosen, Ben Lam, Jonah Lowe, Nehe Milner-Skudder, Julian Savea

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan ·

Met die inkomste wat hulle genereer agv die uitsaairegte (lees SA geld), sal hulle seker glo dat hulle kan doen wat hulle wil. Wat is die storie in wêreld rugby dat die Varings hul siel vir ‘n pot lensiesop verkoop het? Ondetsteun Ierland vir die Wêrelldbeker in 2023 en kry die asnbiedingsreg vir Argentinië in 2027 as ruil in dievgekonkel. G’n wonder ons spanne wil Super Rugby verlaat nie.

Daan ·

Met die inkomste wat hulle genereer agv die uitsaairegte (lees SA geld), sal hulle seker glo dat hulle kan doen wat hulle wil. Wat is die storie in wêreld rugby dat die Varings hul siel vir ‘n pot lensiesop verkoop het? Ondetsteun Ierland vir die Wêrelldbeker in 2023 en kry die asnbiedingsreg vir Argentinië in 2027 as ruil in die gekonkel. G’n wonder ons spanne wil Super Rugby verlaat nie.

Frans C ·

Sover ek kon vasstel is elke span beperk tot 38 spelers.Wat is die posisie tov Suid Afrika se super 15 spanne.Is dit bv waar dat die Sharks reeds die Cheetahs se ster vleuel Makazole Mapimpi gekontrakteer het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.