Kla blaserslaners krimineel aan, eis Saru-baas

Mark Alexander (Foto: Facebook/Saru)

Die SA Rugbyunie (Saru) se grootbaas eis dat diegene wat skeidsregters skel en aanrand, krimineel vervolg word, nadat `n speler onlangs ʼn Bolandse blaser katswink geslaan het.

Die voorval het ná ʼn klubwedstryd op Tulbagh plaasgevind.

Mark Alexander, Saru se president, pleit Vrydag op die liggaam se webwerf by “toeskouers, spelers en ouers” om die rol van wedstrydbeamptes te respekteer.

“Skeidsregters is integraal deel van die spel en niemand kan sonder hulle speel nie,” sê hy.

Hul diens aan die spel moet aangemoedig en waardeer word.

Verskeie lewenslange skorsings die afgelope klompie jare het blykbaar nie die gewenste uitwerking gehad nie.

Alexander het insgelyks sy kommer uitgespreek oor onlangse voorvalle waar spelers moedswillig in skeidsregters vashardloop, en streng optrede daarteen bepleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.