Klerksdorp en Wellington in die brandpunt

Veral Klerksdorp en Wellington is Vrydag en Saterdag in die brandpunt met die voortsetting van die Curriebeker- Eerste Liga.

Die derbywedstryde tussen die Luiperds en die Griffons (Vrydag by die Hoërskool Klerksdorp) en tussen die Boland en die Suidwestelike Distrikte (Saterdag op Bolandpark) kan van die felste stryde van die reeks oplewer.

Op Klerksdorp is dit deur en deur ‘n konfrontasie om die boonste plek op die punteleer; op Wellington het die tuisspan sy oog op die SWD se derde plek, maar onderhewig aan hoe ander spanne vaar.

Die Valke het ook ‘n oog op daardie derde plek, en kan dit inpalm as die Arende vasval. Die Gautengers behoort in elk geval met die sukkelende Oostelike Provinsie af te reken waar hulle op Despatch aanmekaar spring.

In Oos-Londen speel twee van die onderste spanne, die Grens en die Welwitschias van Namibië, teen mekaar, in ‘n wedstryd wat baie gelykop kan verloop.

Afskoptye –

Vrydag

16:00 Luiperds teen Griffons, Hoërskool Klerksdorp.

Saterdag

13:30 Boland teen SWD, Boland-stadion, Wellington.

15:00 OP teen Valke, WJ de Wet-stadion, Despatch.

15:30 Grens teen Welwitschias, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.