Klubrondomtalie: eerste vir ERU in Superliga

Charles van Staden (regs) oorhandig die beker wat sy naam dra aan Sylvester Booysen, die Naka Bulle se kaptein. (Foto: Johanna de Vos)

East Rand United (ERU) het in die vyfde weekronde die eerste Valkeklub geword om ʼn wedstryd in die Noorderbonde se Superliga te wen.

Hy het Centurion (Blou Bulle) in die jongste ronde met 29-19 geklop.

Laasgenoemde het ses keer die afgelope sewe jaar in die Carltonreeks se halfeindstryd gespeel, en het dié reeks twee jaar gelede gewen.

Dis teen dié tyd duidelik dat die span wat die Superliga of die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga wil wen, die Tukkies sal moet klop.

Die studente het ná ses wedstryde ʼn voltal van 30 ligapunte op die Superliga se punteleer en het reeds 50 drieë teen 15 gedruk.

Springs (Valke) het hulle Saterdag met 50-35 ten prooi geval.

Hul sterkste uitdager lyk tans na die Naka Bulle, wat nog net teen die universiteit verloor het (31-34), en met 27 ligapunte spog.

Naka het Saterdag die Charles van Stadenbeker gewen toe hy die verdedigende Carltonkampioen, Quins-Bobbies-rugby (QBR), met 54-16 verslaan het. Dié beker is op die spel wanneer dié twee klubs mekaar aandurf.

Steven Moir, die Tukkie-losskakel, is nou met 91 die voorste puntemaker.

Frans Botha – voorste driedrukker. (Foto: Johanna de Vos)

Frans Botha, ʼn vleuel van die Naka Bulle en ʼn broer van die Springbokflank Arno Botha, is die voorste driedrukker deurdat hy in ses wedstryde reeds nege keer agter die doellyn gaan kuier het.

Puntemakers –

ERU – Drieë: Leon Potgieter (2), Juan Botha, Cameron Rooi. Doelskoppe: Cameron Rooi (3). Strafdoel: Cameron Rooi.

Centurion – Drieë: Paul Jacobs, Cornel Jacobs, Ashwill Botha. Doelskoppe: Johan Barnard (2).

Tukkies – Drieë: Abri Reynolds (2), Tony Botha (2), Xander Kruger (2), Thinus van Wyk, Theuns Reynolds. Doelskoppe: Steven Moir (5).

Springs – Drieë: Janu du Toit (3), DJ Oosthuizen, Robin Howell, Francois Prinsloo. Doelskop: André Smit. Strafdoel: André Smit.

Naka Bulle – Drieë: Kefentse Mahlo (2), Ruaan du Preez, Frans Botha, Jerome Bastick, Sibongile Njoma, Franzwa Schutte, Etienne Storm. Doelskoppe: Anton Beswick (7).

QBR – Drieë: Reynhard Honiball (2). Strafdoele: Carling Forwood (2).

Impala – Drieë: André Grobler (3), Dean van der Merwe (2), Joe Engelbrecht (2), Bruce Müller (2), Dewald Havenga, Strafdrie. Doelskoppe: Cecil Dumond (6), Johnny Welthagen (3).

Ander uitslae –

Superliga

Rustenburg Impala 75, Brakpan 14; Naka II 65, QBR II 14; QBR III 29, Naka III 27.

Carlton-A2-liga

Impala II 33, Tuine I 31; Impala III 28, Tuine II 24.

Carlton-B-liga

Tuine III 41, Dragons 17.

Opgesomde punteleer –

Superliga

Tukkies 30, Naka 27 (dié twee spanne het ʼn wedstryd meer as die res gespeel), Rustenburg Impala 20, QBR 15, Centurion 10, ERU 9, Springs 2, Brakpan 0.

Limpopo Blou Bulle

♦ In die Limpopo Blou Bulle se Waterbergliga het Thabazimbi vir Mogol met 14-8 geklop toe dié twee klubs die eerste keer in vier jaar weer kragte gemeet het.

Recha Welman, die sekretaresse van Mogol, laat weet dit was ʼn fisieke wedstryd met klipharde duikslae en goeie hardlooprugby.

Die hoofafrigter Freddie Welman sê veral die span se hanteerwerk en dissipline sal aandag geniet voor Mogol se aanstaande wedstryd teen Naboomspruit, ʼn nuweling in die reeks.

Puntemakers –

Mogol – Drie: Johan Ross. Strafdoel: Bronwin Crail.

Ander uitslae –

Boet Fickliga

Noordelikes (Pietersburg) 126, Universiteit van Venda 0.

Boland

♦ Roses United (Wellington), die verdedigende Bolandse kampioen, het Saldanhabaai se eerste Paastoernooi gewen deur die gasheer in ʼn spannende eindstryd met 22-20 te klop.

Ander uitslae –

Tygerberg (Westelike Provinsie) 20, Wesbank 19; Darling 36, Vredenburg 32; Robertson 35, Langebaan 19.

Goue Leeus

♦ Verlede jaar se verloorfinalis van die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagbeker, die Universiteit van Johannesburg (UJ), het die seisoen goed weggespring met ʼn oortuigende sege van 28-14 oor die verdedgende kampioen NWU-Pukke in Groep 1 van die reeks.

Raiders, wat die bond in die oop klubs se reeks om die Goue Beker verteenwoordig het, moes alles uithaal om Pirates met 22-21 te troef.

Sy eerste wedstryd in Groep 2 laat Diggers met ʼn wrang smaak in die mond. Hy het die houer van die Baileybeker, Germiston Simmer, met 74-0 verniel, maar kragtens die reeksreëls verloor elk van sy spanne vyf ligapunte omdat hy nie op die wedstryddag ʼn o.19-span kon byeenbring nie. Die verloorspan kry die vyf punte.

Ander uitslae –

Groep 1

Eerste spanne

Wanderers 28, Wits 24; Roodepoort 46, Randfontein 10.

Tweede spanne

Pirates 18, Raiders 16; Wanderers 35, Wits 17; Roodepoort 26, Randfontein 10; Pukke 91, UJ 0.

Derde spanne

Pirates 17, Raiders 13; Wits 47, Wanderers 17; Roodepoort 29, Randfontein 5; Pukke 25, UJ 22.

Onder 21-spanne

Pirates 15, Raiders 12; Wits 14, Wanderers 13; Randfontein 19, Roodepoort 12; Pukke 25, UJ 22.

Onder 19-spanne

Pirates 33, Raiders 0; Wits 28, Wanderers 0; Roodepoort 45, Randfontein 17; UJ 54, Pukke 7.

Groep 2

Eerste spanne

Unie 30, Alberton 6; Harlequins onttrek teen Soweto Eagles.

Tweede spanne

Unie 29, Alberton 13; Diggers 45, Germiston 21; Quins onttrek teen Soweto.

Derde spanne

Unie 15, Alberton 13; Germiston onttrek teen Diggers; Quins onttrek teen Soweto.

Onder 21-spanne

Alberton 52, Unie 0; Diggers 19, Germiston 19; Quins onttrek teen Soweto.

Onder 19-spanne

Alberton 15, Unie 10; Quins onttrek teen Soweto.

Griffons

♦ Klerksdorp, een van die drie Noordwesklubs in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga, het Saterdag getoon hy het planne om die Noord-Vrystaters in die liga te roer.

Hy het Rovers, wat die afgelope klompie jare ʼn krag in Griffons-rugby is, op dié se tuisveld met 29-26 oorwin – die eerste keer in drie jaar dat hy die Welkomse span kon klop.

Swannie Swanepoel, die hoofafrigter van Welkom toe hy Rovers verlede jaar as kampioen onttroon het, het vanjaar die leisels by Klerksdorp oorgeneem.

Hy sê sy span het vroeg die voortou geneem en dit nooit afgestaan nie.

“Klerksdorp se goeie dissipline en hegte verdediging het dit vir Rovers bemoeilik om op dreef te kom. Hy het die tuisspan se foute uitgebuit en sy begeesterde agterlyn het die drieë gaan druk.”

Rovers se tweede span het met 24-21 gewen.

Puntemakers –

Klerksdorp I – Drieë: Robert Hamman, Oscar Olwethu, JP du Plessis (2). Doelskoppe: Dwayne Burger (3). Strafdoel: Riandrè Vermaak.

Klerksdorp II – Drieë: Stoffel Botes, Pesto Mangolisa, Dollie Xokile. Doelskoppe: Dollie Xokile (3).

Ander uitslae –

Welkom 54, Potchefstroom-dorp 3; Welkom II 63, Potchefstroom-dorp 0.

Sandveldliga

♦ Kroonstad (onoorwonne ná drie wedstryde) en Hoopstad (twee oorwinnings in drie kragmetings) is die voorlopers in die onderskeie groepe van die Griffons se Sandveldliga.

In Groep A blaas Bloemhof, wat slegs een ligapunt minder het, in die huidige kampioen, Hoopstad, se nek.

Opgesomde punteleer –

Groep A

Hoopstad 11, Bloemhof 10, Bultfontein 6, Theunissen 4.

Groep B

Kroonstad 14, Bothaville 10, Parys 5, Wesselsbron 0.

KZN

♦ College Rovers het op een van Kingspark se buitevelde sy verdediging van die Moorbeker suksesvol afgeskop deur Varsity College met 29-5 geklop.

Tradisioneel sy sterkste teenstander, Durban Collegians, moes harder veg om Amanzimtoti met 20-10 kort te vat.

In Pietermaritzburg het Richardsbaai kookwaterrugby gespeel om UKZN Impi met 45-9 ʼn les te leer.

Luiperds

♦ Klerksdorp het die Luiperds se Presidentsbeker gewen in dié reeks teen Vaal Reefs en Potchefstroom-dorp. Lichtenburg het daaraan onttrek.

Distriksligauitslae –

Lichtenburg 75, Matlosana 0; Hartbeesfontein 57, Vryburg 22; Fochville 85, Ikageng 19; Khuma 26, Potch Tigers 10; Westonaria 62, Lonmin 5.

Pumas

♦ Die Noord-KwaZulu-Natalse klub Boschpick Newcastle Highlanders is nie tevrede nie met sy buiging in die Pumas se Premierliga toe hy met 17-38 teen Nelspruit vasgeval het.

André Swanepoel, Newcastle se hoofafrigter, sê die twee spanne het die eerste kwart van die wedstryd goed teen mekaar opgeweeg, maar daarna het Nelspruit by tye die oorhand gekry – genoeg om 38 punte op te stapel. Albei het gesukkel om af te rond.

Wessel Botha (vaskopstut), Taxi Ndhlele (slot) en Lappies Labuchagne (agsteman) het in Newcastle se voorhoede die oog gevang en agterlangs het die 19-jariges, Jaco Truter (losskakel) en Heinrich Swiegers (skrumskakel), goed gekombineer en getoon hulle kan nog baie vir die span beteken.

Puntemakers –

Newcastle – Drieë: Lappies Labuschagne, Max Mkhize. Doelskoppe: Heinrich Swiegers (2). Strafdoel: Heinrich Swiegers.

Valke

♦ In die Valke se Kestrelliga het Delmas ʼn taai stryd teen Edenvale Panthers met 30-29 gewen, en Vanderbijlpark het Edenpark met 26-14 die onderspit laat delf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Clinton Venter ·

Elsburg het 19~5 afgereken in n baie los wedstryd teen Daveyton op Springs rugby klub se velde in hulle Kestrel liga bepaling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.