Klubrondomtalie: groot skokke by Goue Leeus

Die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker het ʼn klompie groot skokke opgelewer, wat daarop dui dat die magsewewig in dié bond ʼn verwisseling kan ondergaan.

Wits het verlede jaar se naaswenner, die Universiteit van Johannesburg (UJ), oortuigend met 32-17 verslaan.

Wanderers het op sý beurt Raiders, verlede jaar se beste oop klub en die GLRU se Goue Beker-deelnemer, in ʼn wegwedstryd met 29-26 getem.

Roodepoort, die afgelope jaar of wat een van die agterosse, en wat selfs die vrees laat ontstaan het dat die klub kan doodloop, het Pirates op dié se tuisveld met 46-10 verniel. Laasgenoemde was voorverlede jaar nog die bond se beste oop klub.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagbeker

NWU Pukke 90, Randfontein 22.

Bailybeker

Johannesburg Polisie 81, Soweto Eagles 0; Alberton 42, Germiston Simmer 10; Unie 28, Harlequins 0.

Senior Grootuitdaagbeker

Kagiso 21, Alexandra 19; Tshuma Stingers 55, Eldoronians 0.

Blou Bulle

Spelers van die Naka Bulle en die Blou Bulle-vyftiental na die wedstryd. (Foto: Johanna de Vos)

In die Noorderbonde se Superliga het die Tukkies (Blou Bulle) met 38-11 teen die Valke se East Rand United (ERU) gewen; die Blou Bulle se Quins-Bobbies-rugby (QBR) het Springs (Valke) met 69-38 oorweldig; en Rustenburg Impala (Luiperds) het met 42-28 teen Centurion (Blou Bulle) geseëvier.

Pleks van teen Brakpan, wat aan die liga onttrek het, het die Naka Bulle ʼn Blou Bulle-vyftiental in ʼn vriendskaplike wedstryd gepak. Die vyftiental het met 28-14 gewen.

Puntemakers –

Tukkies – Drieë: Gerrit Engelbrecht, Dewald Naudé, Marius Oosthuizen, Johan Grobler, Bart le Roux, Damian van Wyk. Doelskoppe: Steven Moir (4).

QBR – Drieë: Juan Nel (2), Jacques le Roux (2), Pieter Botha (2), Jasper Genis (2), Jacobus Botha, Duan du Plessis, Bradley Harper. Doelskoppe: Jacques le Roux (7).

Impala – Drieë: Dumisani Matyeshana, Jacques Rossouw, Henro Huyser, Isak Deetlefs, Chaney Willemse, André Grobler. Doelskoppe: Trevor Visser (2), Cecil Dumond. Strafdoele: Trevor Visser (2).

Centurion – Drieë: Etienne Matthys, Jacques Olivier, Curtley Brinkhuis. Doelskoppe: Gaybrin Smith (2). Strafdoele: Gaybrin Smith (3).

Blou Bulle – Drieë: Theo Boshoff, Johan Grobbelaar, Damian Bonaparte, Christopher Hollis.Doelskoppe: Cliven Loubscher (4).

Naka Bulle – Drieë: Kefentse Mahlo, Jonathan O’Neill. Doelskoppe: Anton Beswick (2).

Ander uitslae –

Presidentsliga

Fezelas (UP) 49, TUT 32; Tuine 49, QBR II 36; Tuine II 31, QBR III 29; Tuine III 31, QBR IV 12.

Griekwas

Griekwas se verdedigende kampioen, Sishen, is besig om terug te veg nadat hy die seisoen swak afgeskop het.

Hy het United (Upington), verlede jaar die naaswenner van die bond se Superliga, met 85-12 verfomfaai.

Opgesomde punteleer –

Kimberley 19, Young Tigers (Calvinia) 15, Sishen 13, United 10, Upington-dorp 6, Postmasburg 3.

Griffons

Die Griffons-Luiperds-kampioen, Welkom, het Klerksdorp met 59-18 oorskadu in ʼn kragmeting waar sterker teenstand van die Noordwesters verwag is.

Die vorige jaar se kampioen, Rovers (Welkom), het Odendaalsrus met 47-15 opgedreun.

Ander uitslae –

Welkom II 69, Klerksdorp II 17; Rovers II 37, Odendaalsrus II 0.

KZN

Varsity College (VC) het die tweede keer in drie jaar sy intervarsity teen UKZN Pietermaritzburg gewen, dié keer met 45-23.

Ander uitslae –

Premierliga (Moorbeker)

Durban Collegians 54, Richardsbaai 20; Amanzimtoti 35, Crusaders 19.

Premierreserweliga (Wyliebeker)

Collegians 60, Richardsbaai 10; Toti 31, Crusaders 19; VC 67, UKZN 19.

Eerste Liga (Suid)

Zululand Rhinos 15, Jaguars 12; Ballito Dolphins 26, Durban Mets 13; Westville Old Boys (WOB) 57, Pietermaritzburg Collegians 5; Hillcrest 34, UKZN Durban 27.

Eerste Reserweliga (Suid)

Rhinos 35, Jaguars 12; Ballito 54, Mets 14; WOB 64, Collegians 5; Hillcrest 19, UKZN 5.

Onder 20A-liga (Frank Norrisbeker)

College Rovers 25, Durban Collegians 14; VC 41, UKZN Durban 21.

Onder 20B-liga (Kingsparkbeker)

VC 31, Rovers 12.

Middelland

Daar is ʼn onoorbrugbare kloof tussen die vier topspanne en die onderste vyf in die Middellandse Subunie se liga.
Drakensberg (Winterton) het Young Lions (Woodlands) in die jongste weekronde met 103-3 stukkend gespeel.

Ander uitslae –

Obhejane 63, Howick Eagles 19; Voortrekker-oudleerlinge (VOL) 87, Cedara 0; Greytown 12, VOL II 11.

Opgesomde punteleer –

VOL II 26, Drakensberg 25, VOL I 25, Greytown 19, Cedara 5, Nagle Dam Rhinos 5, Young Lions 4, Obhejane 2, Howick Eagles 0.

Limpopo Blou Bulle

Kill-a-Bug Mogol is die nuwe voorloper in die Waterbergliga nadat hy Vaalwater met 32-3 kafgedraf het.

Recha Welman, Mogol se sekretaresse, sê die wenspan het vyf drieë (deur Albert Schoeman, Jack Lamola, Adriaan de Lange, Steve Thiart en Dandré Bosse) in ʼn baie fisieke kragmeting gedruk, en weereens skitterend verdedig.

De Lange het ʼn strafdoel bygevoeg, en Bronwin Craill het een van die drieë verdoel.

Mogol teen Vaalwater. (Foto: Recha Welman)

Luiperds

In die Luiperds se Neserliga het Lonmin vir Zeerust naelskraap met 19-18 getroef, en Fochville het Vaal Reefs III met 50-12 platgeloop.

In die Jaap Steynliga moes Leeudoringstad hard werk om Potch Landbou met 35-30 te klop. Vryburg het ʼn wegholsege van 47-7 oor Hurricanes (Stilfontein) behaal, en Westonaria het met 28-0 teen Ikageng gewen.

Namibië

United het in die Namibiese Premierliga verras deur die tweede geplaaste Wanderers met 25-21 onder te sit.

Die Namibiese kampioen, Unam, het verlede jaar se beste oop klub, Western Suburbs, met 46-38 opgedreun, en Rehoboth het sonder sukkel met 30-0 teen Reho Falcon gewen.

Opgesomde punteleer –

Unam 33, Wanderers 27, United 21, Kudus (Walvisbaai) 19, Suburbs 17, Rehoboth 15, Falcon 1.

OP

Die nuweling Missionvale het sy goeie vertoning in die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks voortgesit deur Brumbies (Grahamstad) met 28-17 te verslaan.

Ander uitslae –

Grootuitdaagbeker

Gardens (Uitenhage) 35, Trying Stars (Alexandria) 23; Park (Port Elizabeth) 29, United Barbarians (Fort Beaufort) 16; PE Polisie 32, PE Harlequins 17; Kruisfontein (Humansdorp) 27, Born Fighters (Somerset-Oos) 16.

Grootuitdaagskild

St. Marks PE 62, Booysens Pride 5; Glen Roses 21, St. Marks(Alicedale) 14; Rhodes-Universiteit 19, Motherwell 15; Kwaru (Kwazakhele) 27, Rosebuds (Alicedale) 7.

SWD

Heidelberg, die nuweling in die Suidwestelike Distrikte se Premierliga, vaar steeds indrukwekkend en het Saterdag vir Evergreens (Pacaltsdorp), wat die afgelope klompie jare ʼn oorheersende rol in die bond gespeel het, met 27-17 verslaan.

Hy het nog net een kragmeting in die reeks verloor, en is tans derde op die punteleer waar hy ʼn wedstryd minder as die voorlopers gespeel het.

Ander uitslae –

Barbarians (Mosselbaai) 40, Groot-Brakrivier 17; Silver Stars (George) 35, Bridgton (Oudtshoorn) 27; Crusaders (George) 21, Blanco16; Progress (George) 49, Maori’s (George) 7.

Opgesomde punteleer –

Progress 35, Barbarians 29, Heidelberg 26, Crusaders 24, Evergreens 23, Silver Stars 22, Bridgton 21, Groot-Brakrivier 16, Maori’s 3, Blanco 1.

Valke

Vereeniging, die Valke se verdedigende Peregrineliga-kampioen, het NWU Vaal Saterdag met 33-24 geklop.

Ander uitslae –

Merlinliga

Benoni 48, Meyerton 46.

Kestrelliga

Buffels (Grootvlei) 43, Oos-Randse Polisie 26; Edenvale Panthers 32, Vanderbijlpark 32.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.