Klubrondomtalie: Kampioene pleeg kuikenmoord

Plek-plek het die verdedigende kampioene kuikenmoord gepleeg in die jongste ronde van die provinsiale klubligas landwyd.

Die Griffons-Luiperdskampioen, Welkom, het Odendaalsrus in die oorgrensliga met 108-0 platgevee.

In die ander kragmeting in dié reeks het Klerksdorp met 22-14 teen Potchefstroom-dorp gewen.

♦ Kroonstad is die Griffons se nuwe Sandveldkampioen nadat hy Bloemhof in die eindstryd met 28-12 geklop het.

WP

In die Westelike Provinsie se Superliga A het die oop klubs se nasionale Goue Beker-kampioen, Valsbaai, die vloer met Belhar gevryf en hom met 80-3 afgestof.

Die bond se ander Goue Beker-span van verlede jaar, Tygerberg, het sy tweede opeenvolgende nederlaag gely toe NTK hom naelskraap met 32-31 getroef het.

Ander uitslae –

Hamiltons 40, Villager 11; Dubanville-Bellville 40, Unie-Milnerton 28; Brackenfell 20, St. Georges 17.

OP

Die houer van die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker, Progress (Uitenhage) het Windvogel met 78-5 in dié reeks oorrompel.

Ander uitslae –

Gardens (Uitenhage) 34, Gelvandale Wallabies 7; Port Elizabeth Polisie 31, Kruisfontein (Humansdorp) 19; Despatch 41, Trying Stars (Alexandria) 30; Park (PE) 26, Spring Rose (New Brighton) 17; PE Harlequins 31, Born Fighters (Somerset-Oos) 17; Jeffreysbaai 25, African Bombers (Zwide) 14; Missionvale 29, Suburbans (Kleinskool) 13; Star of Hope (Uitenhage) 57, Brumbies (Grahamstad) 28.

Blou Bulle

In die Noorderbonde se Superliga en die Blou Bulle se Carltonliga het die Naka Bulle met 27-15 teen die Carltonkampioen, Quins-Bobbies-rugby (QBR) gewen.

Die voorloper in albei reekse, die Tukkies, het Springs (Valke) met 38-7 verslaan.

Centurion het die Valke se East Rand United (ERU) met 51-19 gedril.

Puntemakers –

Die Naka Bulle se puntemakers teen Quins-Bobbies-rugby: Alec Mhlanga, Ian van Deventer, Adriaan Brits, Johan Pieterse en Anton Beswick. (Foto: Johanna de Vos).

Naka Bulle – Drieë: Adriaan Brits, Alec Mhlanga, Ian van Deventer, Johan Pieterse. Doelskoppe: Anton Beswick (2). Strafdoel: Anton Beswick.

QBR – Drieë: Jasper Genis, Jacobus Botha. Doelskop: Jacobus Botha. Strafdoel: Jacobus Botha.

Tukkies – Drieë: Johan Grobler (2), Damian van Wyk, Stephan Coetzee, Theuns Reynolds, Dwight Pansegrouw.Doelskoppe: Abri Reynolds (4).

Centurion – Drieë: Curtley Brinkhuis (2), Kassie Bezuidenhout, Cornel Jacobs, De-an Ackermann, Christiaan Burger, Devin Grootboom, strafdrie. Doelskoppe: Gaybrin Smith (4).

KZN

Die KwaZulu-Natalse Moorbekerhouer, College Rovers, het Richardsbaai met 68-10 in die Premierliga oorskadu.

Ander uitslae –

Premierliga

Durban Collegians 31, Crusaders 13; Varsity College 35, Amanzimtoti 26.

Eerste Liga (Suid)

Hillcrest 27, Ballito 7; South Coast Warriors 22, Zululand Rhinos 17; UKZN Durban 61, Pietermaritzburg Collegians 19.

Onder 20B-uitklopreeks (D W Geddie-beker)

Durban Collegians 34, Middelland 10; VC 24, Crusaders 12.

Luiperds

Zeerust, wat verlede jaar die Luiperds se Jaap Steyn-liga gewen het, het verras deur die bond se verdedigende Neserkampioen, Lichtenburg, met 33-25 te klop.

Ander uitslae –

Neserbeker

Fochville 67, Lonmin 12.

Jaap Steyn-liga

Westonaria 66, Koster 17; Potchefstroom-landboukollege 28, Ikageng 0; Leeudoringstad 64, Hurricanes (Stilfontein) 29.

Namibië

Die Namibiese kampioen, die Universiteit van Namibië (Unam), het sy Premierligawedstryd teen Rehoboth met 31-7 gewen.

Ander uitslae –

Kudus (Walvisbaai) 40, United (Windhoek) 31; Wanderers (Windhoek) 66, Reho Falcon (Rehoboth) 10

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.