Klubrondomtalie: Nóg twee ou klubs smelt saam

Nog twee rugbyklubs met ʼn lang en stoere geskiedenis het hul kragte saamgesnoer om die eise van die beroepsera beter die hoof te bied.

Witbank Ferros en Highveld – met hul wortels in die eertydse Suidoos-Transvaalse Rugbyunie (Sotru), deesdae die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) – het saamgesmelt om ʼn nuwe klub, Witbank, te vorm.

Ferros het vroeër tot stand gekom toe die oorspronklike Witbank (sedert 1950) en Ferrometals (sedert 1977) een geword het.

Ferrometals het die gewese Suidoos-Transvaalse Rugbyunie se senior liga nege keer gewen. Witbank het dit sewe keer gewen en een keer gedeel.

Die nuwe klubwapen kombineer Ferros en Highveld se klubkleure met die geelaronskelk, wat die Sotru se embleem was.

Die nuwe klub is egter in sy eerste kragmeting in die bond se Premierliga deur die Pumas se verdedigende kampioen, Sasol van Secunda, met 62-20 oorskadu.

Dit was oor die algemeen ʼn goeie naweek vir die provinsiale titelhouers.

OP

♦ Die houer van die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagbeker, Progress (Uitenhage) het Saterdag korte mette met Suburban (Kleinskool) gemaak en hul wedstryd in dié liga met 100-7 gewen.

♦ Die nuweling Missionvale het verras deur Windvogel met 24-0 onder te sit.

Ander uitslae –

Grootuitdaagbeker

Gardens (Uitenhage) 58, Brumbies (Grahamstad) 23; Port Elizabeth Polisie 35, Barbarians (Fort Beaufort) 15; NMMU 22, Park (PE) 15; Kruisfontein (Humansdorp) 24, Jeffreysbaai 15; PE Harlequins 12, African Bombers (Zwide) 8; Star of Hope (Uitenhage) 45, Gelvandale Wallabies 21.

Grootuitdaagskild

Rhodes-universiteit 88, Booysen Pride 3; St. Marks (Alicedale) 28, Rosebuds 10; Zwide 3, St. Marks (PE) 0.

KZN

♦ UKZN Pietermaritzburg was die ongelukkige span aan die ontvangkant toe die houer van die KwaZulu-Natalse Moorbeker, College Rovers, Saterdag ʼn klinkende sege van 81-0 behaal het.

Nóg ʼn hoofstadse span, Pietermaritzburg Collegians, het ʼn loesing van 5-85 teen die Eerste Ligakampioen, Hillcrest, op die lyf geloop.

Ander uitslae –

Premierliga (Moorbeker)

Amanzimtoti 62, Richardsbaai 21; Varsity College (VC) 26, Crusaders 23.

Premierreserweliga (Wyliebeker)

Rovers 90, UKZN 0; Toti 27, Richardsbaai 17; Crusaders 25, VC 13.

Eerste Liga (Suid)

South Coast Warriors (SCW) 31, UKZN Durban 22; Westville Old Boys (WOB) 40, Ballito Dolphins 24; Durban Mets 15, Zululand Rhinos 15.

Eerste Reserweliga (Suid)

UKZN 17, SCW 10 (vriendskaplik); WOB 29, Ballito 12; Hillcrest 33, Collegians 0; Rhinos 31, Mets 0.

Middelland

♦ In KZN se Middelland-subunie het Voortrekker-oudleerlinge (VOL) van Pietermaritzburg met 120-0 teen die Nagle Dam Rhinos gewen, en VOL II met 42-12 teen Cedara.

Opgesomde punteleer –

VOL II 25, Drakensberg (Winterton) 20, VOL I 20, Greytown 15, Cedara 5, Nagle Dam 5, Young Lions 4, Howick Eagles 0, Obhejane -3.

Boland

♦ Die Bolandse Grootuitdaagkampioen, Roses United (Wellington), het die nuwe ligaseisoen goed afgeskop deur Ceres in ʼn wegwedstryd met 54-28 te oorrompel.

Die Bolandse ligas het laat begin as gevolg van die droogte in die Wes-Kaap.

♦ Die houer van die Gemeenskapskild, Elandskloof, het Gold Stars met 40-15 verslaan.

Goue Leeus

♦ Ná vier wedstryde loop die Universiteit van Johannesburg voor in die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagreeks, met Roodepoort tweede.

Wits het die heersende kampioen, die NWU Pukke, harde bene laat kou voordat hy met 24-22 kon wen.

Verlede jaar se beste oop klub, Raiders, moes eweneens uithaal om Roodepoort met 27-20 te troef.

♦ Vier klubs – Diggers, Johannesburg Polisie, Alberton en Unie – het elk tien ligapunte in die reeks om die Bailybeker.

Germiston Simmer, die houer van diébeker, het sy eerste sege van die seisoen behaal deur Harlequins (Krugersdorp) met 28-0 te klop.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagbeker

Pirates 28, Wanderers 26; UJ 64, Randfontein 28.

Bailybeker

Unie 31, Polisie 25; Diggers 55, Soweto Eagles 27.

Senior Grootuitdaagbeker

Tsuma Stingers 45, Alexandra 0; Southern Knights 33, Eldoronians 5.

Opgesomde punteleer –

Pirates Grootuitdaagbeker

UJ 20, Roodepoort 15, Pirates 11, NWU Pukke 10, Raiders 10, Wanderers 9, Wits 8, Randfontein 1.

Bailybeker

Diggers 10, Polisie 10, Alberton 10, Unie 10, Soweto Eagles 6, Simmer 5, Quins -1.

Senior Grootuitdaagbeker

Knights 9, Stingers 5, Kagiso 5, Alexandra 0, Eldoronians 0.

Blou Bulle

♦ In die Noorderbonde se Superliga het Quins-Bobbies-rugby (QBR), die Blou Bulle-rugbyunie se Carltonkampioen, met 45-35 teen Rustenburg Impala (Luiperds) gewen.

Limpopo Blou Bulle

♦ Die Limpopo-kampioen, Northam Rhinos, het Noordelikes van Polokwane met 41-22 verslaan. Die tweede span het met 85-14 en die derde met 57-0 geseëvier.

Waterbergliga

♦ Kill-A-Bug Mogol het Kwaggas (Bela-Bela) met uitmuntende rugby 27-0 geklop, en is nou tweede in die Waterbergliga.

Recha Welman, die klub se sekretaresse, se Mogol het in die eerste helfte gesukkel om af te rond, maar ná rustyd het Bronwin Craill, Armand Davies, Corman Vos en Werner Kriek elk ʼn drie gedruk.

Mogol se driedrukkers: Bronwin Craill, Armand Davies, Corman Vos en Werner Kriek (Foto: Recha Welman)

Vrydag se wedstryd teen Vaalwater val saam met ʼn insamelingsveldtog vir minderbevoorregtes. Bydraes soos onbedrfbare kos, toiletware, skoonmaakprodukte en komberse sal as “toegangsgeld” dien.

Griekwas

♦ Die voorloper in Griekwas se Superliga, Kimberley, het United (Upington) met 34-12 gelooi.

Die verdedigende kampioen, Sishen, het Postmasburg met 63-14 afgeransel.

Opgesomde punteleer –

Kimberley 19, Young Tigers (Calvinia) 15, United 10, Sishen 8, Upington-dorp 6, Postmasburg 3.

Griffons

♦ Saterdag is ʼn groot dag in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga wanneer die onoorwonne Welkom (Griffons) en Klerksdorp (Luiperds) mekaar op laasgenoemde se tuisveld pak.

Welkom is die verdedigende kampioen, en die uitdaging kry ʼn ekstra kinkel omdat die man wat hom verlede jaar die titel help wen het, Swannie Swanepoel, vanjaar Klerksdorp afrig.

Sandveldliga

♦ Kroonstad is ná ses wedstryde steeds onoorwonne in die Sandveldliga, en Bloemhof het slegs een verloor.

Opgesomde punteleer –

Kroonstad 28, Bloemhof 22, Bothaville 21, Hoopstad 21, Bultfontein 11, Parys 11, Theunissen 5, Wesselsbron 0.

Valke

♦ East Rand United (ERU) was opnuut baas in die weeromstryd van die Boksburgse derby toe hy Boksburg se Uile met 63-27 deurmekaar gehardloop het.

Colin Booysen, ERU se spanbestuurder, laat weet die wenspan het alle fasette van die wedstryd oorheers. Sy gevaarlike agterlyn het sewe van die span se agt drieë gedruk.

ERU se lenige slot, Dwaine Morrison, was die speler van die wedstryd. Hy het die lynstane geheel en al oorheers en baie balleby Boksburg afgeneem. In die vaste los was hy ʼn doring in die teenstanders se vlees.

Puntemakers –

ERU – Drieë: Leon Potgieter (2), JP Fleming(2), Tiaan Ramat, Jackie Jonkers, Bruce McKenzie, Calvin Jantjies. Doelskoppe: Cameron Rooi (7). Strafdoele: Cameron Rooi (3).

Ander uitslae –

Peregrineliga

Springs 80, Kemptonpark 17; ERU II 43, Boksburg 12; ERU o.21 40, Boksburg o.21 19.

Merlinliga

Sasolburg 29, Meyerton 24.

Kestrelliga

Oos-Randse Polisie 43, Kathlehong 34; Edenpark 17, Daveyton 12; Buffels (Grootvlei) 40, Delmas 12; Edenvale Panthers 68, Heidelberg 22; Elsburg 34, Vanderbijlpark 20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.