Klubrondomtalie: strawwe stryde in SWD

Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga het van die strafste kragmetings in die jongste weekronde klubwedstryde opgelewer.

Evergreens (Pacaltsdorp) en Silver Stars (George) het met 24-24 gelykop gespeel; Barbarians (Mosselbaai) het Bridgton (Oudtshoorn) met13-12 getroef; en Blanco het met 26-25 teen Maori’s (George) gewen.

Groot-Brakrivier het Crusaders (George) met 14-5 ondergesit.

Die kampioen, Progress (George), het darem gerieflik met 35-15 teen die nuweling in die liga, Heidelberg, gewen.

Met slegs ses ligapunte verskil tussen die derde en agtste geplaaste spanne kan daar vorentoe heelwat vuurwerk wag.

Opgesomde punteleer –

Progress 40, Barbarians 33, Evergreens 26, Heidelberg 26, Silver Stars 25, Crusaders 24, Bridgton 22, Groot-Brakrivier 20, Blanco 5, Maori’s 4.

Goue Leeus

In die Goue Leeus se Pirates-grootuitdaagreeks(PGU) het Raiders verras deur die heersende kampioen, die NWU Pukke, met 41-30 te verslaan.

Ander uitslae –

PGU

Wits 36, Roodepoort 23; Wanderers 31, Randfontein 7; UJ 41, Pirates 7.

Bailybeker

Johannesburg Polisie 31, Alberton 17; Unie 31, Diggers 17; Soweto Eagles 25, Germiston Simmer 20.

Naka Bulle se puntemakers: Ian van Deventer, Marnus Coetzee, Louis van Biljon, Anton Beswick, Frans Botha en Sylvester Booysen. (Foto: Johanna de Vos)

Blou Bulle

In die Blou Bulle se Carltonliga het die Naka Bulle met 38-22 met Centurion afgereken.

Rustenburg Impala (Luiperds) het Springs (Valke) met 75-14 in die noordelike Superliga oorrompel; en Quins-Bobbies-rugby (Blou Bulle) het East Rand United (Valke) met 38-32 ondergesit.

Die Tukkies het ʼn vyftiental van die Blou Bulle in ʼn vriendskaplike wedstryd met 20-12 geklop.

Puntemakers –

Naka – Drieë: Kefentse Mahlo, Frans Botha, Louis van Biljon, Ian van Deventer, Sylvester Booysen, Marnus Coetzee. Doelskoppe: Anton Beswick (4).

Centurion – Drieë: Christian Burger, Cornel Jacobs, Rohan Ströh, Ashwill Botha. Doelskop: Ashwill Botha.

Impala – Drieë: Maverick van der Merwe (3), Xolani Nkosi (2), Aubrey McDonald, Cecil Dumond, Dewald Havenga, Danie Jordaan, Eugene le Maitre, Mzivukile Duma. Doelskoppe: Cecil Dumond (10).

QBR – Drieë: Sima Yafele, Jan-Hendrik Bosman, Jacobus Botha, Vincent Gwavu, Jasper Genis. Doelskoppe: Jacobus Botha (4), Jacques le Roux. Skepdoel: Jacques le Roux.

Tukkies – Drieë: Johan Grobler, Dwight Pansegrouw, Xander Kruger. Doelskop:Xander Kruger. Strafdoel: Xander Kruger.

Blou Bulle – Drieë: Jerome Bossr (2). Doelskop: Boeta Hamman.

Ander uitslae –

Fezelas (UP) 38, Tuine 27; Naka II 52, Centurion II 7; Naka III 40, Centurion III 5; Tshwane Universiteit vir Tegnologie 36, QBR II 22; QBR III 23, TUT II 19.

♦ Die herleefde Pretoria-rugbyklub is tans ná sewe wedstryde die onoorwonne voorloper in die Carlton-B-liga.

Sy tweede span is tweede in die afdeling vir tweede spanne, en die klub bedryf drie derde spanne om aan jonger spelers ontwikkelingskans te bied.

Opgesomde punteleer –

Pretoria 35, Dragons 29, Hartbeespoort 25, Korrektiewe Dienste 20, Brits 17, Bronkhorstspruit 10, Eersterust 7, Silver Valke 1.

Griekwas

Griekwas se Superligakampioen, Sishen, het Upington-dorp met 72-7 verrinneweer.

Griffons

Klerksdorp en Rovers (Welkom) het mekaar behoorlik vasgevat in die Griffons-Luiperdsoorgrensliga en met 26-26 gelykop gespeel.

Die verdedigende kampioen, Welkom, het Potchefstroom-dorp met 66-11 oorskadu.

KZN

Dit lyk op die fut terug in Durban Collegians is, en die Moorbekerhouer, College Rovers, moes uithaal om hom met 26-24 onder te kry.

Ander uitslae –

Premierliga (Moorbeker)

Varsity College 32, Richardsbaai 10; Crusaders 38, UKZN Pietermaritzburg 10.

Eerste Liga (Suid)

Hillcrest 43, Durban Mets 3; Westville 61, Zululand Rhinos 6; South Coast Warriors 87, Pietermaritzburg Collegians 0; Ballito Dolphins 35, Jaguars 5.

Middelland

Drakensberg (Winterton) is die nuwe voorloper in die Middellandse Subunie nadat hy die eerste geplaaste Voortrekker-oudleerlinge II met 93-3 kafgeloop het.

Greytown het Young Lions (Woodlands) met 63-7 opgedreun.

Opgesomde punteleer –

Drakensberg 30, VOL I 30, VOL II 26, Greytown 24, Cedara 5, Nagle Dam Rhinos 5, Young Lions 4, Obhejane 2, Howick Eagles -1.

Luiperds

In die Luiperds se Neserliga het Hartbeesfontein naelskraap met 22-21 teen Zeerust, verlede jaar se Jaap Steyn-wenner geseëvier.

Ander uitslae –

Jaap Steyn-liga

Koster 28, Ikageng 0; Westonaria 43, Leeudoringstad 8; Potchefstroom-landboukollege 25, Vryburg 17.

OP

Progress (Uitenhage), die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagkampioen, is steeds op die wenpad nadat hy Despatch met 45-12 opgefrommel het.

Ander uitslae –

Barbarians (Fort Beaufort) 46, African Bombers (Zwide) 27; Missionvale 23, Trying Stars (Alexandria) 22; Park (Port Elizabeth) 36, Born Fighters (Somerset-Oos) 18.

Pumas

Boschpick Newcastle Highlanders het sy eerste oorwinning in die Pumas se Premierliga behaal deur Witbank in Newcastle met 35-31 te klop.

André Swanepoel, die wenspan se hoofafrigter, sê dit het gelyk of Highlanders die wedstryd maklik sou wen nadat hulle sommer vroeg reeds 21-5 voorgeloop het. Dit was ook die rustydtelling.

Twee vinnige drieë ná die blaaskans (21-19) het Witbank terug in die prentjie geplaas, en Swanepoel sê swak afronding het voorkom dat Newcastle sy wurggreep verskep.

Hy sonder Ruben Swanepoel, die agsteman wat ná 20 minute haker moes gaan speel, tussen die voorspelers uit. Lappies Labuchagne(slot) het goeie lynstaanballe vir die tuisspan gewen.

“Ferrari Hadebe(linkervleuel) het beïndruk deur sy vaart en twee keer gaan druk – en nog twee net-net misgeloop.”

Highlanders II het sy tweedePumas-sege behaal deur Witbank II met 27-19 te klop, en Heinrich Swiegers(losskakel) wat die oog gevang het.

Valke

In die Valke se Peregrineliga het die NWU Vaal vir Kemptonpark oortuigend met 48-12 verslaan.

Ander uitslae –

Merlinliga

Vaal Universiteit vir Tegnologie 59, Benoni 26; Nigel 14, Sasolburg 6.

Kestrelliga

Buffels (Grootvlei) 36, Edenpark 21; Heidelberg 32, Katlehong 31; Oos-Randse Polisie 31, Elsburg 15; Edenvale Panthers 19, Daveyton 10; Vanderbijlpark 36, Delmas 15.

Zimbabwe

Old Georgians (Harare), verlede jaar die Zimbabwiese kampioen en Goue Beker-verteenwoordiger, het Mutare met 52-6 opgedreun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.