`Klubrugby staan terug vir ANC en verkiesing’

opruKlubrugby in Port Elizabeth staan blykbaar Saterdag terug vir die bekendstelling van die ANC se manifes vir die komende munisipale verkiesing.

Na wat verneem word, is die tien wedstryde in die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se reeks om die Grootuitdaagbeker wat Saterdag sou plaasvind, uitgestel.

Dit kon nie vasgestel word of dit die ander ligas ook geld nie.

Die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes vind Saterdag in die Nelson Mandelastadion in die stad plaas.

♦ In nog `n verwikkeling rakende die OPRU het Despatch Dinsdag hofstukke op die bond en die klub Port Elizabeth Polisie laat bedien om die aanwysing van Polisie as die OP se verteenwoordiger in die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker tersyde gestel te kry.

Die respondente het drie weke tyd om hul verweerstukke in te dien, waarna die griffier `n datum vir die hofsaak sal bepaal.

Despatch meen hý moet die bond in die nasionale reeks verteenwoordig

♦ Rugbygewys laat weet Llewellyn Loots, `n woordvoerder van Bedford Crusaders, die klub het die Adelaide Wildboys die afgelope Saterdag 23-12 in die liga van die Middelland-subunie geklop.

“Wildboys het eerste momentum gekry en gevolglik ook die eerste punte met `n strafdoel behaal.

“Hulle moes egter op die duur die knie buig onder die magtige skrumwerk van die Crusaders.

“Albei spanne het taktiese aanvalle van stapel laat loop en die wedstryd is in `n goeie gees gespeel,” sê Loots.

Crayton Vitelingum was die speler van die wedstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.