Kobus Wiese: ‘Alle lewens is ewe belangrik’

Kobus Wiese (Foto verskaf deur AfriVriendelik)

Kobus Wiese het in 1995 saam met die Springbokke die Webb Ellis-trofee vir die hele Suid-Afrika omhoog gehou, ongeag of jy ’n swart, bruin, wit of Indiër ondersteuner was.

Nou, 25 jaar later, voel die gerespekteerde voormalige slot en rugbykommentator dieselfde: Alle lewens is ewe belangrik.

“Ek bly dit glo,” het hy vanoggend aan Maroela Media gesê.

“Ons woon in ’n demokratiese land en in ’n demokrasie is almal se lewens ewe belangrik en almal het ewe veel sê.”

Volgens Wiese is almal se lewens vir hom belangrik, ongeag ’n persoon se kleur of taal.

“Alle bruin mense se lewens is belangrik, alle Indiërs se lewens is belangrik, alle kinders wat gemolesteer word se lewens is belangrik, alle vroue wat onder geslagsgebaseerde geweld ly se lewens is belangrik. Om een ras uit te sonder, is doodeenvoudig rassisties,” het Wiese gesê.

Volgens Wiese het elke Suid-Afrikaner ook die reg tot veiligheid. Hy het veral sy kommer oor die boerdery-gemeenskappe uitgespreek.

“Die boere in Suid-Afrika voed die land; hulle vertolk ’n kritieke rol in die samelewing. ’n Boer – ongeag van sy kleur – verskaf kos vir al die landsburgers. Hulle moet in watte toegedraai word.”

Nóg ’n Suid-Afrikaanse sportheld, die Bafana Bafana-verdediger Mark Fish, het onlangs op Twitter sy steun tot die All Lives Matter-beweging gegee.

“Ek is jammer as ek aanstoot gegee het. Ek is beslis nie ’n rassis nie, maar ek glo in alle mense; dus maak alle lewens saak. Maak nie saak wat jou verlede is nie, konsentreer op vandag en op die toekoms,” het Fish op Twitter gereageer nadat hy onder meer deur die kletsrymer Cassper Nyovest aangevat is.

In Amerika het Sam Coonrod, wat vir die San Francisco Giants speel, staande gebly terwyl die res van sy spanmaats verlede week die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig het voor hul wedstryd teen die Los Angeles Dodgers.

“Ek bedoel niks slegs daarby nie en ek dink beslis nie dat ek beter as enigiemand anders is nie. Ek is ’n Christen en ek glo ek kan slegs voor Jesus Christus kniel,” het Coonrod in die Amerikaanse media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Dankie mnr Wiese. Mag jy en jou geliefdes God se vrede beleef selfs hier op aarde.

Kosie ·

Dankie Kobus jy is n beter mens as jou kaptein van 95, ek het baie respek vir jou en Mark Fish

Annelize ·

Baie baie dankie, my sentiment presies. Alle lewens is ewe belangrik, ongeag velkleur, geloofsoortuiging, finansiele welstand noem dit maar op.

Nie een is SO belangrik, dat die een sy knieg voor die ander moet buig nie. Oor my dooie liggaam. Ek buig net my knieg voor God.

Pieter ·

Kobus, nou praat jy. Ons siening is dieselfde. Dankie vir die wat die werklikheid kan sien en in God vashou.

Net ek ·

Respek vir jou Kobus Wiese en Mark Fish!! Ongelukkig het ek alle respek vir die res van die Suide-Afrikaanse sport wêreld verloor, krieket, rugby en netbal. Ek sal die knie buig net voor ons Skepper en Verlosser Jesus, geen mens of beweging nie!!!!!!!!

Kokkie ·

Die gekniebuigery is uit en uit politiek. Dit walg my dat François Pienaar en Graeme Smith dit gedoen het. As voormalige kapteins van gemengde ( kleur) SA-nasionale spanne, moes hulle standpunt doodeenvoudig gewees het dat alle lewens belangrik is. Klaar, oor en uit. Daarom haal ek my hoed vir ou Kobus Wiese af. Ek respekteer jou standpunt , Kobus. En ek respekteer jou omdat jy jou nie met ‘n siek politieke set laat vang het nie.

Rian ·

Kobus, jou pa het jou mos mooi groot gemaak daar in Oranjemund! Hy het ons almal geleer om saam te werk met enige taal en kleur, veral die Owambo mans wat ons groot gemaak het. Philomon (owambo) en jou pa het saam die passie van kompenterende fietsrenne gedeel. Hy was ons bachelor in E21 8ste laan. Ek hoor jou lied.

MakersMark ·

Dankie Kobus vir die standpunt, ek het nooit gedink jy sal kniebuig voor die blm afgode nie. En jy is reg alle lewens tel. Aan jou slaprug kaptein van ’95, asook Faf, John, en AB kan ek sê “bly stil daar gaan ‘n man verby. Sy naam is Kobus Wiese”.

Vrijburger ·

Ek het respek vir jou moed, oortuiging en stem saam met jou standpunt.
Ek verskil net met een punt – “Ons woon in ‘n demokratiese land”. Nee, ons woon in ‘n de facto een-party Afrika demokrasie. Dit is iets heel anders as ‘n demokratiese land.

Dubbelloop ·

Dit is baie goed om sportmanne se standpunte te sien en van te lees, Kobus Wiese, Mark Fisch, Boeta Dippenaar, Rudi (sy van vergeet ook ń krieket speler) en daar is nog meer. Ja, dat hulle nie kan saamstem met die dreg van ń Faf, Greame, Francois en die ander ouens nie.

Niklaas ·

Kobus, dankie vir jou standpunt. Papbroek Pienaar en sy mede BLM ondersteuners kan gerus notisie neem en minder wonder wat hul borge wil hê.

Die Wolf ·

Net jammer dat daar nie meer sportpersone is wat hulle stem laat hoor nie. Vir die knie buigers, nie lank nie dan is julle politeke geskiedenis.

Piet ·

Dan is alle moord ook belangrik. Moenie een tipe bo die ander verhef nie

Karel Lourens ·

Dankie vir almal wat glo dat all lewens saak maak ,om so bysiende te wil wees om net sekere lewens uit te sonder is defnitief n duidelike teken van rassisme.

JohanEtz ·

Ek voel vere vir misdadigers – CRM = *CRIMINALS DONT MATTER!*

Nico ·

God is die Skepper van die mens daarom is alle mense belangrik

tweeling ·

Mooi Sam Coonrod, wonderlike getuienis van jou asook dat jy jou nie emosioneel laat rondlei nie. ALM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.