Koch enigste verandering aan Bokke se beginspan

Vincent Koch (Foto Saracens.com)

Vincent Koch (Foto Saracens.com)

Vincent Koch in die plek van die beseerde Julian Redelinghuys is die enigste verandering aan die beginspan van die Springbokke wat Saterdag in Salta in die tweede toets van die Rugbykampioenskap speel.

Hulle speel wéér teen Argentinië nadat hulle die Poemas verlede naweek in Nelspruit 30-23 geklop het.

Koch het Redelinghuys in Nelspruit kort voor rustyd vervang en goed in die skrums en vaste los vertoon.

Sy plek op die bank word deur Lourens Adriaanse ingeneem wat een van die twee plaasvervanger-stutte sal wees. Steven Kitshoff sal aan die loskopkant dekking verskaf.

In nog ʼn verandering op die bank vervang Morné Steyn vir Juan de Jongh. Die afrigter Allister Coetzee meen dat Steyn se bewese taktiese skopvermoë in algemene spel en sy ervaring vir die Springbokke meer opsies met sy skopwerk kan bied

Dit is die Bokke se eerste wegtoets onder Coetzee.

Hulle het sedert hulle aankoms Maandagaand in Buenos Aires voorberei en vlieg Vrydag Salta toe.

Die span –

15 Johan Goosen, 14 Ruan Combrinck, 13 Lionel Mapoe, 12 Damian de Allende, 11 Bryan Habana, 10 Elton Jantjies, 9 Faf de Klerk, 8 Warren Whiteley, 7 Oupa Mohoje, 6 Francois Louw, 5 Lood de Jager, 4 Eben Etzebeth, 3 Vincent Koch, 2 Adriaan Strauss (kapt.), 1 Beast Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Lourens Adriaanse, 19 Pieter-Steph du Toit, 20 Jaco Kriel, 21 Rudy Paige, 22 Morné Steyn, 23 Jesse Kriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.