Koch help Saracens wen

Saracens het die Leicester Tigers met 34-27 geklop. (Foto: Twitter / Saracens)

Springbok Vincent Koch het een van Saracens se vyf drieë gedruk in Saracens se belangrike oorwinning van 34-27 teen die voorlopers op die Engelse Premierskap-punteleer, die Leicester Tigers.

Die Zimbabwiër en voormalige speler van die Bulle, Eli Snyman, het die Tigers se eerste drie gedruk. Die Tigers het steeds ʼn voorsprong van 12 punte boaan die punteleer met Saracens in die tweede plek, maar hulle het een wedstryd minder gespeel.

In gister se ander wedstryde het Bath die Bristol Bears met 29-17 geklop. Gloucester het met 35-30 met Northampton Saints afgereken.

Springbok Vincent Koch het een van Saracens se vyf drieë teen die Leicester Tigers gedruk. (Foto: Twitter / Vincent Koch)

London Irish het die Worcester Warriors met 43-12 geklop. Kragvleuel Duhan van der Merwe het vroeg in die tweede helfte ʼn rooi kaart gekry nadat hy ʼn speler afgestamp het en die skeidsregter dit as gevaarlike spel bestempel het. Dit het die einde van die Warriors se kanse beteken.

Vanmiddag 17:00 Suid-Afrikaanse tyd speel die Exeter Chiefs teen Sale Sharks.

Daar is agt Suid-Afrikaners in Sale Sharks se beginspan. Hulle is Robert du Preez, Rohan Janse van Rensburg, Cobus Wiese, Coenie Oosthuizen, Lood de Jager, Jean-Luc de Preez en Jono Ross. Faf de Klerk en JP du Preez is op die reserwebank.

Die Suid-Afrikaners Jacques Vermeulen en Jannes Kirsten is in Exeter se beginspan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.