Kolisi bedank Suid-Afrikaners vir ‘beste week van sy lewe’

Die Trofeetoer het Maandag in Kaapstad geëindig. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Die Springbokkaptein Siya Kolisi het Maandag alle Suid-Afrikaners bedank wat die afgelope week in hul derduisende opgedaag het om die Springbokke met hul Rugbywêreldbeker-sege geluk te wens.

Die Springbokke het verlede Dinsdag uit Japan teruggekeer en die afgelope vyf dae Pretoria, Johannesburg, Soweto, Durban, Oos-Londen, Port Elizabeth en Kaapstad besoek as deel van hul Trofeetoer.

“Die afgelope week was waarskynlik een van die beste in my lewe en ek praat namens al my spanmaats en die bestuur as ek sê dat die ondersteuning wat ons gekry het niks anders as merkwaardig en ongelooflik was nie,” het Kolisi gesê.

“Die viering in Tokio met pres. Cyril Ramaphosa, min. Nathi Mthethwa en prins Harry was baie spesiaal, maar niks kon ons voorberei op wat hier in Suid-Afrika sou wag nie.

“Ons het die Webb Ellis-beker vir gewone Suid-Afrikaners gewen en dit was fenomenaal om die trofee aan hulle te wys,” het die Bokkaptein gesê.

Die wêreldkampioene het vanaf die Uniegebou in Pretoria deur Hatfield oor die Nelson Mandela-brug in Johannesburg, op in Vilakazistraat in Soweto, verby die stadsaal in Durban, deur Mdantsane, Zwide, New Brighton, Despatch en Uitenhage in die Oos-Kaap gereis om die Trofeetoer Maandag in Kaapstad af te sluit.

Bokondersteuners Maandag in Kaapstad. (Foto: Henk Kruger, ANA)

SA Rugby het om verskoning gevra vir roeteveranderings in Durban en Port Elizabeth wat beteken het dat sommige Springbokondersteuners nie die Trofeeparade gesien het nie.

“Vir die ondersteuners in Durban en Port Elizabeth wat ons op die roetes misgeloop het, ons is net so teleurgesteld soos elkeen, maar ongelukkig was die roeteveranderinge van die plaaslike owerhede onvermydelik,” het Mark Alexander, SA Rugby-president, gesê.

“Dieselfde geld vir baie ander gebiede in Suid-Afrika wat ons nie op hierdie Trofeetoer kon bereik nie. Ons doel was om die maksimum aantal Suid-Afrikaners te bereik met inagneming van die beperking van tyd en ligging en dit was ongelukkig onmoontlik om die hele land te dek,” het Alexander verduidelik.

SA Rugby beplan kleiner trofeebesoeke aan ander Suid-Afrikaanse provinsies. Daar is egter nog geen besonderhede rakende dié besoeke bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dommer ·

Wonder of hulle weet daar is meer as 1 speler in die springbok span!!!!!!

Mark ·

Hulle maak nou nog ‘n ophef van Pienaar en Smith maar nou ja ons weet hoekom jy so ongelukkig klink.

Jdb ·

Niemand maak so ‘n ophef oor Pienaar en Smith nie. Jy praat twak. En beide Pienaar en Smith was duidelik en onomwonde die gesaghebbers, besluitmakers en leiers in daardie spanne. En niemand sou eens daarvan droom om enige van hulle net na halftyd van die veld af te haal in ‘n finaal, wanneer die wdstryd op ‘n mespunt balanseer nie.

WCD ·

Dit raak belaglik, dit was net n rugby game, die land het baie meer probleme, en rugby gaan dit beslis nie oplos nie, die buiteland dink verseker ons is so gewoond aan verloor, dat as ons wen, dit in n nationale sirkus moet verander.

Vintcent ·

Wonder of die skares ‘n refleksie is op die werkloosheidsyfer in SA? Indien nie, hoeveel man-ure is daar verlore?

Lindtjies ·

Ek verstaan nou hoekom al die belowende rugbyspelers eerder elders groener weivelde gaan soek. Gee hulle ook darem bietjie erkenning saam met hulle kaptein. Hy sou in elk geval dit nie sonder hulle kon doen nie.

Baie geluk ·

Baie geluk Bokke, dit is een maand wat ons net bietjie kon vergeet van al die dinge wat ons nie kan verander of verbeter nie en soos die wiel na positief draai, rol hy aan, wêreldbeker en toe reen en my gebed is dat die reen ook so mildelik sal val en seevier in ons dorre aarde, soos die rugby in ons siele en nog verder polisieering in die algemeen is besig om beter te raak, daar is nog baie werk, maar elke dag begin jy lees, sien en hoor van skelms wat vasgevat word, sterf in Polisie paraatheid en optrede. Daar is hoop en as ons kan hoop, kan dit gebeur!

Anni ·

Ek dink ook genoeg is nou genoeg, die Bokke het gewen. Dit was goed en gaaf Maar nou is dit klaar.

bokke ·

Kaptein Kolisi span die seile. Gaan die boerbokke nog lank lei.

Nasiebou ·

Rol van herder pas hom goed. Regte leiers in die span Vermeulen en Pollard.

Buffel ·

Ek glo ook so daar is darem ‘n paar baster bokke ook in die trop.

KG ·

Die oorwinning was wonderlik, maar ek is seker die ouens wil ook nou net ‘n bietjie rus en dalk tyd saam net hul geliefdes spandeer.

Foxi ·

Dankie tog! Nou moeg vir die 1 man span! Nee regtig…………

Koos de Meyer ·

Ek sê maar niks, wat ek dink en sê sal in elk geval nie geplaas word nie. Wie het die wen punte geskop, Handre kon nie deel in die spoggery nie.

Annoniem ·

Mooi Kolisie. Ek ondersteun vir jou en jou span. Ja vir n maand het ons bietjie vergeet van ons land se probleme. Die bokke het ons hoop gegee. Dink die hele bokspan moet hul eie party stig. Dan sal jy nou sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.