Kolisi net gewaarsku oor kopstamp teen Skotland

Siya Kolisi – net gewaarsku. (Foto GB Jordaan)

Siya Kolisi, Springbok-kaptein, sal Saterdag teen Wallis in die Bokke se laaste toets van hul jaareind-toer mag speel.

Kolisi het Maandag ʼn skorsing vrygespring nadat hy ʼn teenstander wat op die grond gelê het, met sy agterkop gestamp het toe hy vasgehou is.

Hy is net deur die uitwysbeampte, David Pelton van die VSA, gewaarsku.

Só ʼn waarskuwing word volgens Wêreldrugby se regulasie 17 uitgereik vir oortredings wat net duskant die drumpel van rooikaartoortredings is. Dit sal egter wel op die speler se dissiplinêre rekord aangeteken word.

Dié beslissing beteken dat Kolisi nie ʼn tugverhoor hoef deur te maak wat tot ʼn skorsing kon lei nie.

Die voorval is nie deur die skeidsregter, die twee assistentskeidsregters of die televisieskeidsregter raakgesien nie.

♦ Pelton het beslis dat daar versagtende omstandighede is wat nie ʼn rooikaart en dus uitwysing en ʼn tugverhoor regverdig nie.

Die feit dat Kolisi deur die teenstander, die Skotse senter Pete Horne, vasgehou is en daardeur nie weer by die spel kon aansluit nie, en ook dat Kolisi sy teenstander skrams en nie met volle geweld aan die kant van sy kop getref het nie, was die grondslag vir dié besluit.

♦ Vir die Springbokke is dit goeie nuus. Hul kaptein het Saterdag teen Skotland een van sy beste toetse nóg gespeel en sy afwesigheid sou die balans van die effektiewe lostrio teen Skotland ongetwyfeld versteur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Nico ·

As ‘n Skot nou die uitdeler was en ‘n SAer die ontvanger was dit ene tranedal soos teen Engeland!

Anton X ·

Ek wil nie meer kommentaar lewer nie, maar nog net die keer.
Verbeel jou nou dit was Bakkies, Victor of Etzebeth.
Ag vrek mens, hul gooi jou met die boek, dan gooi hul die sleutel weg.

Rinkhals ·

Swak gedrag van ‘n kaptein. Hy is eintlik maar “a dwarf in a giants robe”.

Callie ·

Kwota gelukkie. Was hy nie, was hy paar games uit. Dit raak baie siek.

Kokkie ·

Ja nee, dit lyk my verskillende reëls geld vir verskillende spelers.

Lukie Carelsen ·

Kom ons wees eerlik. Die feit dat Kolisi vasgehou was is irrelevant.
Dit was DEFINIEF ‘n rooi kaart.
Bly vir Kolisi maar hy het met moord weggekom!

Therese ·

Die feit dat Siya Kolisi, eerste swart Springbokkaptein, die “Laureus Sports Moment of the Month”-toekenning in Julie ontvang het, het heel waarskynlik ‘n rol gespeel in hierdie besluit.
Wêreldrugby wys met hierdie omstrede beslissing presies hóé moeilik dit vir skeidsregters moet wees om in die hitte van die stryd op die veld altyd honderd persent korrekte besluite te maak. Dan word hulle met mening gekruisig tot in lengte van dae deur ondersteuners én rugbyskrywers.
Soveel reëls, soveel verskillende interpretasies daarvan, maak van die sport ietwat van ‘n klug. Is kopstamp in sekere situasies nou toelaatbaar?

wolla ·

Die ouens wat weet het na die wedstryd ure gehad om die korrekte beslissing te neem, wat hulle ook gedoen het.

wolla ·

Vir my gelyk asof hy bloot uit frustasie sy kop agteroor geruk het. Gevaarlik maar definitief nie die intensie om die speler spesifiek te kopstamp nie. Van wanneer af stamp jy in elk geval iemand met jou agterkop, jy kan seerder kry as die ontvanger. Korrekte beslissing.

Kosie ·

Natuurlik Bolla, oeps ekskuus Wolla, want dis die polities korrekte beslissing en NIE die moreel korrekte een nie…

Callie ·

Wolla, betree asb die politiek. Jy sal baie goed vaar as een van daai minister waaraan ons al gewoond is. Soos die een wat dit stel slaagsyfer moet 0% wees

Nic ·

Ek dink die Walliesers is net so bly hy is nie geskors nie, want nou kan hy Saterdag speel.

Buffel ·

Geen twyfel. Wallis se pak voorspelers is sterker as die Skotte met groter vermoe op die afbreekpunte. Pieter Steph en Duane sal hul man staan. Vrees is as dit hard raak verdwyn die bok kaptein en word gesub op 60 min. Dan tree ware leiers soos Duane en Pollard na vore. As die kaptein nie kan lei wanneer dit hard raak nie hoekom is hy kaptein?

nico k ·

Almal wat so negatief is teen Kolisi. Wat moet ‘n man maak wat vasgehou word? Skeidsregters blaas glad nie daarvoor nie en dit word algemeen gedoen. As skeidregters hul werk doen sal dit nie nodig wees nie. En Anton X weet duidelik nie wat Bakkies en Etsebeth al alles op ‘n rugbyveld gedoen het nie en daar mee weggekom het nie. Hulle is 2 van die vuilste rugby spelers wat al Springbok gespeel het.

Siestog ·

As iemand vir Kolisi vashou dan kan hy dit na die game gebruik as verskoning omdat hy niks gedoen het tydens die game nie. Die skeidsregter wil nie die kwota speler gestraf het nie dis al rede waarom hulle dit mis gekyk het. Bakkies en Etsebeth se name en speel vermoee is in ‘n baie hoer klas as Kolisie sin. Almal in die rugby wereld weet dit maar jy snap dit nog steeds nie. Selfs in Netbal word spelers vasgehou maar niemand word geslaan met die kop nie. Veral nie deur die kaptein nie.

Buffel ·

Geen twyfel. Wallis se pak voorspelers is sterker as die Skotte met groter vermoe op die afbreekpunte. Pieter Steph en Duane sal hul man staan. Vrees is as dit hard raak verdwyn die bok kaptein en word gesub op 60 min. Dan tree ware leiers soos Duane en Pollard na vore. As die kaptein nie kan lei wanneer dit hard raak nie hoekom is hy kaptein?

Siestog ·

Ek wonder of ou Rassie ook nou Kolisi se kopstamp gaan oefen? As iemand jou vashou dan gee jy hom ‘n kophou. Kolisi is ‘n verleentheid vir Springbok rugby want ‘n kopstamp hoort nie by ‘n Kaptein nie.

wolla ·

Pollard is g’n kapteinmateriaal nie. Hy vou onder druk soos weer duidelik geblyk het toe hy teen die einde strafskoppe pale toe gemis het en Jantjies die skopwerk moes oorneem.

Derick ·

Moet tog nooit die kwota Bok kaptein vervang of uit die span haal nie.
Dit gaan die Iere en AB baie help in die WC.

Swartwolf ·

Dink nie hy sal maklik vervang word nie. Die konings van onderprestasie en verrotting die cANCer het Rassie gedwing om hom en ander kwota kaders daar te ontplooi. Volgende jaar is die kwota ratio 50%. Dit se jou dat wisselvalligheid, onderprestasie en verval aan die orde van die dag sal wees. Bokke so tussen 9 en 4 op die ranglyste die volgende 5 jaar.

Swartwolf ·

Dink nie hy sal maklik vervang word nie. Die konings van onderprestasie en verrotting die cANCer het Rassie gedwing om hom en ander kwota kaders daar te ontplooi. Volgende jaar is die kwota ratio 50%. Dit se jou dat wisselvalligheid, onderprestasie en verval aan die orde van die dag sal wees. Bokke so tussen 9 en 4 op die ranglyste die volgende 5 jaar.

Baljoggie ·

Weet in sokker mag jy met jou kop speel. Seker deurmekaar geraak.

TN ·

Waarom dink jy het die AB’s daai wedstryd in NZ ” weggegee “__ indien mens ‘n brein het gee jy maklik ‘n veldslag prys maar wen steeds die oorlog maklik ; die ” regte ” mense daar help reeds baie . Die dowe skeidsregter was natuurlik ook deel van die politieke korrekte kliek maar dit kan natuurlik nie later herstel word nie .

Frans C ·

Glo nie Barrett het opsetlik 4 skoppe gemis nie. Hy het net een nodig gehad om gelyk op te speel en nog een om te wen.Feit is hy het ‘n afdag gehad en dit het die Bokke instaat gestel
om te wen en met desperate verdediging te keer dat die All Blacks die wendrie druk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.