Kolisi nuwe Stormerskaptein met Etzebeth sy adjudant

Siya Kolisi en Eben Etzebeth – die nuwe Stormerskaptein en sy adjudant is groot vriende.

Siya Kolisi en Eben Etzebeth – die nuwe Stormerskaptein en sy adjudant is groot vriende.

Die ervare Springbokflank Siya Kolisi sal die Stormers in vanjaar se Superreeks aanvoer, met die Bokslot Eben Etzebeth as sy adjudant.

Dit is gister deur die Stormers se hoofafrigter Robbie Fleck bevestig nadat daar vroeër oor die aanwysings bespiegel is.

Kolisi, wat die tweede deel van verlede seisoen weens ʼn kniebesering misgeloop het, neem die leisels oor by Juan de Jongh wat vanjaar weer die gunsteling was om die Stormers op die veld te lei maar op sy beurt nou beseer is.

Kolisi, hoewel hy slegs 25 is, maak reeds geruime tyd indruk met sy leierseienskappe en sal ʼn gewilde leier onder sy spanmaats wees. Etzebeth is een van sy groot vriende in die span en dié tweetal sal saam met ervare manne soos ondermeer Frans Malherbe, Pieter-Steph du Toit, Damian de Allende en Nizaam Carr ʼn sterk leierskorps vorm.

Kolisi, wat reeds 76 Superwedstryde op sy kerfstok het en ook in 16 toetse gespeel het, is as junior speler al geïdentifiseer en het benewens junior provinsiale rugby ook skolerugby by die OP Kings gespeel waar hy in Port Elizabeth by Grey High op skool was. Daarna het hy ondermeer twee jaar vir die Junior Springbokke uitgedraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Darius Els ·

Dankie,Stormers/WP. Ons het gedink diegeldelike probleem gaan julle ondergang wees ,maar Fleck se TWEE keuses,sal seker darem die Pumsa se bevordering na super rugby help,terwyl ons heerlik wag op julle afgradering na onderste liga.Onthou mnr Fleck slegte rugby bedryf,geld loop met voete by die hek uit! Kyk waar was julle al in die 1ste jaar . Nerens in super of curriebeker. Spanbou is amper al so ou woord soos korrupsie in SA. (voor en na 1994 se SA).Kwelvrae sal nog ook beantwoord moet word oor die ou SA se :
a. Hoeveel springbokke tussen 1982-1995 het
WERKLIK diensplig gedoen?
b. HOEVEEL politici/Generaals se se seuns het grensdiens gedoen ?
Daar IS meer bokke wat nie diensplig gedoen het nie, teenoor die handvol wat dit gedoen(om net in elk geval in sportkantore gewerk het.)
Daar het bv 2( ?)generaals se seuns omgekom op die grens.Waar was die ander politici /generaalse se seuns die 25jr van die grensoorlog?Se maar net

wicus ·

EK IS SEKER STUPID WANT ENN IS N BULLS ONDERSTEUNER , MAAR WAT HET DIENSPLIG EN GENERAALS NOU MET DIE KAPTEINSKAP UIT TE WAAI .

Hewitt ·

Reg so Darius, dankie vr die nuttelose inligting wat jy met ons deel vanoggend. Hopelik voel jy nou beter oor die mense wat nie diensplig gedoen het nie. En wil jy nou meer, dit veroorsaak toe dat die Stormers jare later vir Kolisi en Etzebeth aanstel as leiers vir die 2017 SupeRugby reeks… “Mind BLOWN”!!!!!!!

Christo Visagie ·

Moet sê Kolisi het mooi gevra in die koerante dat hy kaptein moet wees,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,en siedaar,,,,,,,,,,,,,,,ons is weer polities korrek.

Koperaal ·

Ag nee wragtag!!! Ek was laaste wat diensplig gedoen het en dit was in 93 toe van vandag se spelers nog doeke gedra of nog in vloeistof vorm was!!!

Jonathan ·

En daar dog ek Suid Afrikaanse rugby gaan beter raak die jaar maar met besluite soos die weet ek regtig nie . Ek wonder net waar kom hulle daaraan dat hy nou n ervare springbok is na 16 toetse. Dit is een GROOT GRAP

Jy moet kraai my broer ·

Hoe op dees aarde gaan Etsebeth en die meeste ander speler na Kolisi luister. Raad aan alle opponente. Maak net vir Etsebeth kwaad en wag vir n rooi of geelkaart. Met respek teenoor Kolisi(hys n goeie speler). Kapteinskap moet verdien word.

SHANE ·

Was die skrywer sarkasties toe hy “ervare” geskryf het? Want dan moes dit in aanhalings tekens gewees het. Dis soos om te sê laasjaar was Coetzee suksesvol as afrigter. Dit sal mos “susksesvol” wees, of verstaan ek humor verkeerd? Of is die skrywer ernstig? Wat my dan laat dink die skrywer moet maar eerder oor iets anders skryf…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.