Kolisi sal Bokke lei

Rassie Erasmus. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

As jy teen verlede week nog gewonder het oor Rassie Erasmus se Bokspan vir die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan, dan het jy waarskynlik sosiale media vermy en jou oë toegemaak as jy verby die koerantplakkate teen lamppale langs die pad gery het.

Want ja, Siya Kolisi sal die span aanvoer, en ja, Kwagga Smith is in en Rynhardt Elstadt is uit.

Tydens vanmiddag se spanaankondiging was dit interessanter om te sien watter voorafopgeneemde video gespeel gaan word om die betrokke speler aan te kondig. Maar dit is dalk nie ’n slegte ding nie; want in ’n Wêreldbeker-jaar wil jy dalk nie té veel verras word nie.

SA Rugby se president, Mark Alexander, het die spelers voorspoed toegewens en gesê dat die 2019-Wêreldbeker nou in alle erns begin.

“Elke liewe Suid-Afrikaner sal deel wees van dié reis en dit sal ’n verenigende uitwerking op die land hê. Dankie vir julle bydrae tot die nasie,” het Alexander gesê.

Buiten Rynhardt Elstadt, was daar ook nie plek vir Warren Whiteley, Damian Willemse, Marco van Staden, Aphiwe Dyantyi of Curwin Bosch nie.

Die Springbokgroep vir die komende Wêreldbeker (soos wat dit uitgelees is):

Herschel Jantjies (skrumskakel), Cobus Reinach (skrumskakel), Warrick Gelant (heelagter), Elton Jantjies (losskakel), Handré Pollard (losskakel), Makazole Mapimpi (vleuel), Schalk Brits (haker), S’bu Nkosi (vleuel), Cheslin Kolbe (vleuel/skrumskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Bongi Mbonambi (haker), Malcolm Marx (haker), Lukhanyo Am (senter), Frans Malherbe (stut), RG Snyman (slot), Lood de Jager (slot), Franco Mostert (slot), Damian de Allende (senter), Vincent Koch (stut), Steven Kitshoff (stut), Kwagga Smith (losvoorspeler), Trevor Nyakane (stut), Willie le Roux (heelagter), Frans Steyn (senter), Francois Louw (losvoorspeler), Duane Vermeulen (losvoorspeler), Beast Mtawarira (stut), Eben Etzebeth (slot), Pieter-Steph du Toit (slot), Jesse Kriel (senter) en Siya Kolisi (losvoorspeler).

  • Die Springbokke speel op 21 September teen die All Blacks in Yokohama.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Hendrik ferreira ·

As n all black ondersteuner is ek min gepla oor die ou protea spannetjie of wat hulle ookal nou genoem word.

Gert ·

Mens moet darem erg optimisties wees as jy enigsins dink dat Kolisi die wêreldbeker omhoog gaan hou. Sy rekord as kaptein is bedenklik.

kolla ·

So die afrigters se rekord en ook al die ander ouens wat in die span speel se rekord is dan ook bedenklik, oukei.

Stefaans ·

So 2 of 3 vraagtekens oor spelers wat die span gehaal het, daar is egter niks wat nou verander kan word nie. Kom ons hoop maar vir die beste…….

kolla ·

Ek sou vir Willemse in Gelant se plek gekies het maar andersins kan mens nie kla oor die keuses nie.

kolla ·

Ek sou gekla het as hy bo Coetzee gekies was as laasgenoemde nie beseer was nie.

Poot ·

@Kolla
Ai kolla….. wat van sommer die hele weepee span as n bokspan.

Andre Coetzee ·

Ja ek ook All Black ondersteuner so die ou bokkie groepie sal nie te veel aandag trek nie.Hulle kan maar my kat vir senter kies…sal nie groot verkil maak nie.

Leon ·

en daar gaan die wereld beker droom, gedink Rassie se ogies sal oop gaan, maar dit blyk dat hy ook politikus is en daardeur gelei wor

Kobus ·

Maar ongelukkig kan jou kaptein nie goeie rugby speel nie. Om sy karwats te slaan gaan nie help nie.

kolla ·

Hy’s beter as al die ander oopkant-flanke in SA dis verseker. Beste wat ons het.

Swartwolf ·

Hoop hy gebruik die sweep op homself as hy wegraak na 30 min in ‘n harde game. Hy sal seker die tradisionele aansporing verstaan.

Kiwi Haka ·

Die krieketspan is ook hier weg met n groot lawaai en kyk wat het met hulle gebeur…………

Kerneels ·

Dié Bok-span gaan [email protected] skop! Almal weet Kolisi net ‘kaptein’ om politieke redes – die werklike kapteins , Vermeulen, Pollard en kie sal hul kant bring.

Frans C ·

Dit is nie ‘n slegte span nie.Ongelukkig is daar ‘n paar swak plekke.Nie een van die twee
heelagters boesem vertroue in op verdediging veral teen sterk groot vinnige vleuels.

Voorlangs behoort die span sy man te staan.Ongelukkig het Engeland met sy pak voorspelers Ierland 57-14 verwoes wat wys dat hul drieë kan druk.Hopelik is ek verkeerd maar op die oomblik lyk dit vir my dat die trofee erêns in die Noordelike halfrond sy tuiste sal vind met Engeland en Wales die groot aanspraakmakers.

Pieter ·

Gelukkig kan ek kyk hoe verf droog word as om opgewonde te wees oor die rugby!!

Gam ·

Altyd gedink jy weet iets van rugby af. Wys jou net hoe verkeerd mens kan wees.

Petrus ·

Die span laat my koud, sonder emosie. Weet nie wie en wat hulle verteenwoordig nie.

Swartwolf ·

En dis presies waar die bokke gaan platval – leierskap. Die kaptein steek baie sleg af teen ander internasionale kapteine, maar daar is baie ander, Pollard, Schalk, Vermeulen etc wat kan lei.

Apools ·

Dis waar die fout is. Na 50 min in ‘n toets in lei hy nie meer nie hy ly. Dan probeer Duane en Pollard lei.

TN ·

Met Kolisi as kaptein kon hulle eerder tuis gebly het behalwe as Rassie hom dalk ‘n nie-spelende kaptein gaan maak . Op die veld beteken hy niks nie .

sarel ·

probleem gaan kom met senters sal by kan hou met wereld se top spanne nie

Vintcent ·

Kolisi is daar vir “window dressing”. Klassieke voorbeeld van hoe dinge in SA werk en waarmee baie mense assosieer. Jy bevorder ‘n onder-gemiddelde presteerder tot ‘n top posisie en verwag dat hy/sy suksesvol moet bestuur. Die outjies wat onlangs begin rugby volg het, sal natuurlik van my verskil, want hulle het nie grootgeword in ‘n milieu waar meriete al maatstaf is vir bevordering en aanstelling nie.

Rinkhals ·

1995 en 2007 se wereldkampioene sal die span pap speel. En Francois en John was reuse van die spel en vir hul leierskap hoog aangeslaan in die sport wereld. Anders met vandag se kaptein.

JohanL ·

Kiwi Haka – as ek reg onthou is ons kriektspan juis NIE hier weg met ‘n groot lawaai nie. Daar was nie vooraf hierdie verskriklike verwagtinge van hulle nie. Nie deur meerderheid ondersteuners nie.

Rugby – Oor die algemeen kan ons nie kla nie, want dit is “redelik in lyn” met wat Rassie die afgelope wedstryde gekies het (laaste toets uitgesonder). Ek sou ook eerder Willemse bo Gelant gekies het – bied mens darem ietwat van ‘n X-faktor, wat ek nie dink Gelant is nie.

Kapteinskap? ‘n Kaptein in my opinie moet ‘n leier wees. Ek gaan my dus nie uitlaat oor ENIGE speler se leierseienskappe nie, want ek ken hulle nie. Wat ek wel glo, is dat die hele spanopset van so aard is, dat ek regtig nie glo Kolisi as individu gaan die verskil tussen wen of verloor wees itv leierskap nie. Hy kan wel ‘n verskil maak as SPELER en wat hy op die veld doen – dit sal eerder ‘n faktor wees. Of hy genoegsaam herstel het na sy besering om met vertroue op die veld te gaan en te speel soos hy moet, sal ons maar moet sien.

Ek dink die span het wel ‘n kans al is dit op die beste ‘n gelyke kans teenoor die ander top spanne. Met Engeland wat die krieket wereldbeker gewen het, het ek net ‘n vreemde gevoel dat ‘n Noordelike Halfrond span die jaar ‘n groot faktor gaan wees.

Ant ·

Well said JohanL, Jy kraak nie net af nie, jy se werklik iets sinvols. En ek stem saam jou, die ware leiers sal op die dag leisels oorneem as dit tel. Xolisi is eintlik net nog n speler, en ons moet hoop hy kan sy posisie verdedig op die dag nie, sy rang nie. Laat hy maar die interviews na die tyd behartig, op die veld sal Duanne en Pollard hulle laat geld

kolla ·

Kolisi is seker die gewildste kaptein wat SA nog gehad het. Baie gewild onder die spanlede (ek onthou die jare wat hy as gewildste spelers se speler by WP aangewys was toe hy nog nie eers kaptein was nie). Ook geweldig gewild onder die publiek net ‘n sekere ou groepie regses wat nog aan hulle ou vlaggies vasklou, is dikbek..

Sannie ·

Ek stem saam hou op afbreek en negatief wees, wees liewer trots op al die manne wat span gemaak het . Ons Bokke is reg elke Bok in die span verdien om daar te wees. !! Rassie doen sover net baie goeie werk met hulle.

Sterkte Bokke ons glo en vertrou julle gaan net die beste wees en Beker terug bring SA toe.

Buffel ·

Massiewe verskil tussen gewild en effektief, asook statuur en die respek wat die kaptein afdwing in die internasionale omgewing. As jy regtig rugby ken sal jy opmerk dat vanaf die eerste wereldbeker die kampioenspan aangevoer is deur legendariese leiers en spelers. Spelers wat respek in die publiek en op die veld afdwing. Wat kaptein is omdat hulle die beste leiers is en hul spanne aanspoor tot wereld kampioenskappe. Daarna kom gewildheid. Nie anders om nie.

SjN ·

kolla, ek weet nie waar jy die duimsuig statistiek kry nie, moet my asb nie bytel as deel van die publiek nie. Duidelik rugbypolitiek keuse.

kolla ·

John Smit was nie die beste speler in sy posisie in SA nie, Kolisi is.

Swartwolf ·

John Smit het in rugby bereik wat kwota net van kan droom. John word wereldwyd gerespekteer oor wie hy is. En hy het gewerk om daar te kom geen minister van sport het die coach gedwing om hom kaptein te maak nie. John Smit kon stut en haker op die boonste vlak speel, selfs die all blacks het hom beskou as ‘n “abrasive” speler. Sy persoonlikheid en statuur se hy is ‘n leier. Niemand get gewonder wie die kaptein is nie. Hy het nie in simpel TV advertensies verskyn nie, hy het nie liedjies gesing in die tonnel nie maar hy het ‘n tri nations en wereldbeker gewen. Dis die verskil tussen kwota en ‘n ware leier.

hercu ·

en daar hol my bietjie opgewondenheid mbt die wêreldbeker by die agterdeur uit toe ek lees wie die kaptein is!

ek vertrou dat daar goeie wedstryde gespeel gaan word!

Apools ·

Poot die ou weet nie veel van rugby nie in bonteheuwel speel hulle ander games.

Rinkhals ·

Is dit weer kolla wat met homself praat sodat dit lyk of iemand hom ondersteun ?? Wat ‘n nar.

Werner ·

Kolisi se beste posisie is op sy rusbank ver van rugby. Rassie het na al die bohaai steeds net n 55% wenrekord.

Henry ·

Verstommend dat daar steeds siele is wat op kolla se snert reageer.

Ruiklont ·

Kolla maak voorwaar net ‘n gek van homself. Ignoreer die man; sy stellings is nie antwoorde waardig nie. Duidelik dat hy in die politiek vasgevang is .

Apools ·

Se mos lyk nie of die kennis van rugby ver strek nie in bonteheuwel speel hulle ander games.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.