Kolisi sal Stormers teen Lions aanvoer

Siya Kolisi. Argieffoto.

Siya Kolisi sal een van agt Springbokke in die Stormers-groep wees wanneer hy die Kapenaars teen die Lions in Saterdag se Super Fan-wedstryd op Loftus Versfeld aanvoer.

Die Springbok-kaptein is saam met spelers Warrick Gelant, Damian Willemse, Herschel Jantjies en Steven Kitshoff in die Stormers se beginspan, terwyl Bongi Mbonambi op die plaasvervangersbank is.

Daarteenoor sal die Lions se Bulls-aanwins, die senteraanwins Burger Odendaal, die wedstryd vir die Johannesburgers begin, terwyl Jaco Kriel ook weer deel van die leeutrop is.

Die wedstryd sal om 18:55 begin en sal regstreeks op SuperSport 211 uitgesaai word.

Lions: Divan Rossouw (heelagter), Rabz Maxwane (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), André Warner (skrumskakel), Hacjivah Dayimani (agtsteman), Vincent Tshituka (flank), Jaco Kriel (flank), Marvin Orie (slot), Ruben Schoeman (slot), Ruan Dreyer (stut), Jaco Visagie (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Sti Sithole, Jan-Henning Campher, Carlu Sadie, Wilhelm van der Sluys, Reinhardt Nothnagel, MJ Pelser, Francke Horn, Len Massyn, Dillon Smit, Gianni Lombard, Stean Pienaar, Daniel Kriel, Manuel Rass, Jamba Ulengo en EW Viljoen.

Stormers: Warrick Gelant (heelagter), Leolin Zas (regtervleuel), Dan du Plessis (buitesenter), Rikus Pretorius (binnesenter), Seabelo Senatla (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Ernst van Rhyn (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), JD Schickerling (slot), Salmaan Moerat (slot), Frans Malherbe (stut), Scarra Ntubeni (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Leon Lyons, Neethling Fouche, Chris van Zyl, Nama Xaba, Hannes Gouws, Paul de Wet, Tim Swiel, Michal Hazner, Angelo Davids en Tristan Leyds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

twaalfboor ·

Gaan interresant wees om te sien wie almal die knie gaan vat.

My siening ·

Ja rugby sal nooit meer dieselfde wees nie en die kaptein van wp en bokke saai politieke verdeling.

JBN ·

Stel nie meer belang in die rassistiese kwota sportspanne nie. Gee nie om wat julle maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.