Kolisi voor kapteinskap-kruispad

siya kolisi

Siya Kolisi lig die Webb Ellis-trofee in 2023. (Foto: @Springboks/X/Twitter)

Siya Kolisi is beslis nog deel van die Springbok-planne, maar as kaptein het sy loopbaan dalk ʼn kruispad bereik.

Kolisi is tans in aksie vir Racing 92 in Frankryk en hoewel sy kontrak hom toelaat om internasionale rugby te speel, sal Rassie Erasmus dit verkies as die Springbok-kaptein sy rugby in Suid-Afrika speel.

“Bloot omdat die betrokke speler dan net ʼn oproep en ʼn kort vlug weg is. Sodoende kan ons byvoorbeeld oor ʼn naweek byeenkom en beplanning doen,” het die Springbok-hoofafrigter gesê.

Kolisi, wat onlangs ʼn suksesvolle handoperasie ondergaan het, het al vantevore aangedui dat hy nog vuur en vlam is om die Springbok-trui oor sy kop te trek.

“Dit is ʼn unieke situasie,” het Erasmus voortgegaan. “Siya sal oorweeg word. Hy wil dit bitter graag hê en hy speel nog goed genoeg. As ons voel dat dit doenbaar is, is daar dalk plek vir so iets. Ons sal dinge egter net mooi moet uitwerk.”

Kolisi het die Springbokke reeds in 83 toetse verteenwoordig en hy het 67% van sy 53 wedstryde as kaptein gewen.

Benewens sy dubbeldoor Wêreldbeker-sukses (die Bokke het immers in 2019 ook die Webb Ellis-trofee omhoog gehou), was hy ook aan die stuur van sake toe die Suid-Afrikaners in 2021 met die Britse en Ierse Leeus afgereken het.

Hy het in dieselfde jaar die eerste Springbok-kaptein (sedert Jean de Villiers in 2013) geword om met SA Rugby se speler van die jaar-toekenning weg te stap.

Kolisi sal – weliswaar saam met ʼn rits ander Bok-sterre – aan die verkeerde kant van 35 jaar oud wees wanneer Suid-Afrika sy Wêreldbeker-veldtog in 2027 van stapel stuur.

Erasmus het egter erken dat dié hardebaardspelers nie onmiddellik plek vir jonger talent sal maak nie.

“In 2018 [toe hy vir die eerste keer die afrigterleisels vasgevat het] het ons as’t ware ʼn padkaart van die spelers gehad. Waar sal ʼn betrokke speler dan in 2019, 2023 en 2027 wees? Ons weet presies watter spelers nog ʼn jaar kan speel en hulle moet die jonger manne bystaan.

“Dit is egter ʼn uitdaging om vir ʼn speler te sê sy Bok-pad is verby. Ons het ouens in hul dertigs wat vasbeslote is om nog ʼn Wêreldbeker te wen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos10 ·

Siya, staan opsy en word onthou as een van die mees suksesvolle Springbok kapteins. Ander kapteine het geklou soos ‘n neet, en hulle word eerder onthou vir hulle mislukkings eerder as suksesse.

Kuver ·

Sonder die ander spelers sou die nar niks kon reg kry nie, raak ontslae vsn kolisie NOU

Karoo ·

Jy kan nie jou brood aan alby kante gebotter he en og jam ook nog vra nie

piet ·

Wen die RWB driekeer in ‘n ry. As daar ‘n kaptein is wat dit kan regkry, is dit kaptein Kolisi. Beste Bok-kaptein ooit.

Manie ·

Die kaptein behoort ‘n speler te wees wie sy rugby in SA speel en met wie die afrigter gereeld oog tot oog kan gesels. Rassie moet die ou hout begin uitsny en beplan vir 2027. Daar is baie spelers wat al aan die verkeerde kant van 30 gaan wees wanneer die volgende wêreldbeker aanbreek.

Anel ·

Kry ‘n ander kaptein. Hoeveel wedstryde het hy die volle wedstryd gespeel? Die ander sterk leiers het hom goed laat lyk. Lekker om op ander se rug te ry.

Blikke ·

@Piet, ek hoop maar die ou hou links verby……en reguit aan….

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis jou volgende ANC minister van sports, piet.

George ·

@Rep, sit sy stats op. Self John Smit het gegee dat Siya die beste is, so ook wereld wyd, behalwe in SA, ons weet hoekom.

Republikein in die Wes Kaap ·

So, George, skop dié man uit as kaptein en sy span(ne) val uitmekaar? Dink nie so nie. Net ‘n gemiddelde provinsiale speler met ‘n groot boot agter hom. Ek hoop wel dat SA Rugby hom sal ondersteun na sy uittrede. Jy onthou seker hoe sy lewe in 2020 ‘n laagtepunt bereik het.

SjN ·

Ek wonder of die kaptein nie n aangetroude familielid van Piet is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.