Kollig skerp op Pollard in Springbokkamp

Springbokke-vs-AllBlacks-Aksiefotos-GBJordaan-Handre-Pollard-004

Handré Pollard (Foto: GB Jordaan)

Op die vooraand van die Rugbykampioenskap vanjaar, val die kollig by vandeesweek se Bokkamp veral skerp op die vordering van die losskakel Hanré Pollard ná `n besering hom sedert Februarie uit rugby gehou het.

Die Bokafrigter, Allister Coetzee, het weliswaar die afgelope week sy voorkeur vir die huidge posbekleër, Elton Jantjies – wat deesdae briljante rugby speel – te kenne gegee, maar Pollard is voor sy teenspoed as een van die helderste jong sterre aan die wêreldrugbyhemel beskou.

As Pollard ten volle op dreef kom, kan die stryd tussen hom en Jantjies om die Bokke se nommer 10-trui die tonge lekker laat klap, en Pat Lambie dalk oorbodig laat voel.

Die moontlikheid bestaan seker steeds dat Lambie heelagter toe geskuif kan word, waar dit lyk of Willie le Roux stoom verloor het.

In dié opsig is die insluiting van Jessie Kriel in vandeesweek se groep moontlik ook van belang. Hy het heelagter vir die Blou Bulle gespeel voor Heyneke Meyer die insig getoon het om hom met groot sukses as senter in te span.

Coetzee het egter ook laat blyk dat hy vir Cheslin Kolbe plek in die Bokspan soek, en hy sal moontlik beter op heelagter as op vleuel vaar.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se die vernaamste doel van vandeesweek se kamp is om die fiksheid van die 18 genooide spelers aan te slaan.

Coetzee se hulle sal ook aan basiese vaardighede, voortgesette herstel en fiksheid aandag gee.

Die Lions-spelers is noodwendig nog met hul Superrugby-veldtog gemoeid, en geen oorsese spelers is vir die kamp op Stellenbosch oor weeg nie.

Die groep –

Agterspelers: Damian de Allende, Jesse Kriel, Pat Lambie, Lwazi Mvovo, Rudy Paige, Handré Pollard, Jan Serfontein.

Voorspelers: Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Vincent Koch, Frans Malherbe, Oupa Mohoje, Tendai Mtawarira, Sikhumbuzo Notshe, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Len ·

Ek kyk hierdie groep spelers van agtien en dink: Daar is Stormer en Shark spelers (hierdie spanne het sleg verloor in die kwarteindstryd) en dan is daar spelers wie se franchises maar pateties gevaar het. Dan is daar soos gewoonlik die kwota spelers. Enige afrigter wat sy sout werd is, sou die hele Lions groep net so neem en spelers by daardie groep voeg. Ek sê dit nou opdubbelsinnig: Allister, hou aan met jou vorige span en jy gaan ‘n moerse pak slae kry. 80% van die Springbokspan moet Lions wees.

Dewald ·

Lekker pollie ek kannie wag om jou weer in aksie te sien nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.