Kom nou, mense, hou by die Blou of jou eie span!

Frans Ludeke

Frans Ludeke

Sulke dinge hoort mos nie in rugby nie, en veral nie in Pretoria nie. Dit kan `n baie lang seisoen raak as ondersteuners ná net een wedstryd kerm, kla en ween.

Ons het julle mos gewaarsku, is daar van vroegoggend af oor die radio, op webwerwe en in die koerante se brieweblaaie  gesê ná Saterdag se begrafnis op Loftus toe die Stormers die Bulls getroef het.

Ek het geen probleem as daar kritiek uitgedeel word nie, want toeskouers betaal om deur hul span vermaak te word (lees hier maar WEN).

Maar hoekom is die kritiek so persoonlik van aard? Hoekom word die afrigter, Frans Ludeke, so bygekom? Jinne, die man het darem al Superbekers in sy kantoor. Hoekom word Barend van Graan-hulle van onbekwaamheid beskuldig?

Dit geld nie net vir die Blouspan nie. Aanvaar soms maar `n hou teen die kennebak, of is dit n geval om van opgekropte emosies tuis en by die werk ontslae te raak? Gaan dit eerder oor taxi’s, beurtkrag, transformasie, Nkandla en oneerlikheid?

Dit laat my dink, van wanneer af is die Ligblou-ondersteuners so behep met hardlooprugby? Hulle het jare lank gejuig en elke Saterdag en Sondag gekraai en gebraai wanneer Naas Botha die teenstanders voos geskop het. En wat van André van Tonder, Piet Steyn, Dudley Gradwell en Alan Menter voor hom. En Morné Steyn en Loftus se ‘Liefling’ Derick Hougaard?

Hang daar nie ‘n Boktrui of foto van John Smit en Jake White saam met die Wêreldbeker (2007) teen julle mure of in jul gunsteling kroeë nie? Hardlooprugby?

Wat is jul alternatiewe vir Ludeke?  `n Hele paar onstoke ondersteuners stel voor dat daar ‘n SOS aan Jimmy Stonehouse in Japan gestuur word. Ek het agting vir Stonehouse, want hy het met `n beperkte spelersbegroting wondere by die Pumas verrig. Maar is hy al op hoër vlak (ek praat nie hier van een of twee wedstryde teen ‘n toerspan nie) getoets?

En waar gaan die Bulls of enige Suid-Afrikaanse franchise die geld kry om die miljoene te betaal wat Jimmy voortaan in yen sal ontvang?

Kry vir John Plumtree, sê `n ander. Maar is hy dan nie by die Sharks gepos nie? En hoe gaan jy hom uit sy kontrak by die Hurricanes kry?

As julle so aangaan, kry dan vir Peter (Snorre) de Villiers, want hy soek ‘n joppie.

Nee mense, kom ons gee die Bulls `n regverdige kans en dan gesels ons weer. Stel `n voorbeeld en tree op soos regte ondersteuners op, soos om nie  die teenstanders uit te jou wanneer hulle pale toe skop nie (ek gee nie om of dit ook op op Ellispark, Edenpark, Nuweland en ander velde gebeur nie).

Kom ons bal ons vuiste net in ons sakke, kom gebruik ons rassisme en skeldtaal eerder by die werk of in die kerk, kom ons geniet dit weer om rugby te kyk.

Ek is ook vies en teleurgesteld as enige SA span slae kry, maar staan by julle span; in Pretoria, hou by die blou, al maak `n nederlaag ook al hoe seer.

Dan kan julle die Bulls-trui met trots dra – soos ook die ondersteuners van al ons spanne wanneer dit by hulle ook nie na wense gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GINA GOUWS ·

HOE LANK MOET ONS NOG TEVREDE WEES MET DIE STAND VAN SAKE. LUDEKE HET ‘N SUKSESVOLLE SPAN MET ‘N WEN KULTUUR BY HEYNEKE OORGEVAT DIT IS HOEKOM ALMAL NOU KAN SE HY HET 2 BEKERS IN SY KANTOOR. ONS VAAR ELKE JAAR SLEGTER EN SLEGTER. HOE LANK MOET ONS GEDULDIG BLY EN AAN DIE AGTER SPEEN BLY SUIG. WANEER GAAN ONS DAN VERBETER DIT IS DIE JACKPOT VRAAG. AS LOFTUS HEELTEMAL LEEG IS EN NET DIE SPAN TEEN WIE ONS SPEEL OP DIE PAVILJOENE SIT?

CT Botha ·

Ag, dis verby met rugby. Gaan kyk skole se rugby. Daar kan ‘n senter nog systap en plettervatte uitvoer. Helaas dan word hy gekeur vir groter rugby en in ‘n pastroon ingedril. Doef, doef en weer doef en nog ‘n keer en dan doef onder hulle eie pale. SHAME

Maans Kotze ·

Alle afrigters het net ‘n sekere tyd om ‘n span af te rig dan is sy idees en plan bekend aan die besoekers en dan gebeur dit wat by die Bulls gebeur. Ludeke is ‘n goeie afrigter maar dit is tyd dat hy ‘n skuif maak na ‘n ander span waar hy weer sy idees met nuwe spelers kan uitvoer. So is dit ook met Naka, al het hy per abuis die Sharks gewen, sy tyd by die Cheetals is uitgedien. Dit is bewys deur alle lande se afrigters, moet na ‘n paar jaar vervang word met ‘n afrigter met nuwe idees. Onthou alle idees en planne werk nie met alle spelers nie al is die afrigter hoe goed.

Arie ·

Piet Kruger, om jou vraag te beantwoord is maklik – die name wat jy genoem het IS die oorsake ons probleme!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johan ·

Regtig? Druk jou kop terug in die sand en al die probleme verdwyn. Bulls ondersteunetrs is moeg vir verloor en die Superbekers is baie lank terug. Amper so lank as Matfield se era. Vergeet van hulle. Jy maak hordes verskonings en al wat die toeskouers wil hê is RESULTATE. In die vervolg moet jye eerde die wedstryde kyk voor jy begin verskongs uitdink. Saterdag was regtig swak en ons verwag en verdien beter. Vir die salarisse wat die hele lot verdien, soveel meer!

Henk ·

, kom gebruik ons rassisme en skeldtaal eerder by die werk of in die kerk, kom ons geniet dit weer om rugby te kyk. – Pieter Kruger, wat presies bedoel jy met hierdie sin van jou? Gebruik skeldtaal en rassisme in die kerk? Ek gee nie om hoeveel duisende aanhangers jy het nie. Die feit dat jy skeldtaal aanhits in die kerk, spreek boekdele van JOU karakter! Derhalwe sal ek nie eens my asem mors op jou belaglike skrywe oor rugby, spelpatrone en afrigters nie.

Tinkie Nagel ·

Ag nee manne hou moed, waar was ons, uit die S15 geskop deur politiek in Rugby. ‘n afrigter kan ook net soveel doen, daai manne op die veld behoort te weet as plan A nie werk nie ,speel plan B hulle is rugby spelers en die afrigter kannie altyd die blam kry vir spelers se foute nie. Kyk hoe het ons Leeus saterdag gespeel en Ackers kannie die blaam vir dit kry nie.. Hou moed en julle sal en gaan weer great rugby speel soos tevore. Sterkte van ‘n groot Leeu ondersteuner.

Johann Burger ·

Na aanleiding van Piet Kruger se verskonings en dat dit die Bulle se eerste wedstryd was, wat het in die tweede wedstryd gebeur die Bulle het weer pak gekry op hulle tuisveld.
Moenie vir my vertel dat Frans Ludike bekers gewen het nie Waar het die bulle verlede jaar in die liga geeindig en wanneer laas het die Bulle iets gewen. Die bulle beskik oor van die land se beste spelers maar kan niks vermag nie.
Die fout is by die afrigters, raak ontslae van hulle soos dit in ander sportsoorte die geval is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.