Agge nee, nie dít óók nie!
Dit was sekerlik die skokgevoel van elke Springbokondersteuner toe die Suid-Afrikaanse Rugbyunie Dinsdag aangekondig het dat die Bokke in rooi truie in die Rugbykampioenskaptoets in Salta teen die Argentynse Poemas sal speel.
Is dit die begin van die einde, was die vraag wat onmiddellik deur elke briesende ondersteuner se kop gemaal het; want hoekom rooi?
Dit was ʼn lae hou, ene wat ons nie verwag het nie, veral nie op dieselfde dag waarop daar oor die toekoms van die president gestem is nie.
Aan die geliefde Springboktrui moet daar nie gekarring word nie. Dink maar aan die gestry en baklei om die Springbokembleem te behou, dink maar aan die polemiek wat ontstaan wanneer die embleem verander word, toe die springende springbok in die sestigerjare verander het na ene wat gelyk het of die bokkie die bal vasklou, toe die Springbokembleem na die anderkant op die trui geskuif is, toe ʼn bos proteas in die negentigerjare onderaan gevoeg is, wanneer dit vir Wêreldtoernooie na die mou toe skuif.
Ek sal nooit die bitterheid van dr. Danie Craven vergeet toe die Toyota-embleem (die borgskap was ʼn ‘allemintige’ R75 000) in 1986 aan die regterkant op die Bok-trui vir die kragmetings met die Nieu-Seelandse Kavaliers verskyn het nie.
“Dis die begin van die einde,” is daar gesê.
Ons het gestry en baklei toe ʼn bierborg se naam die eerste keer groot op die trui gepryk het. Rian Oberholzer, die destydse uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie, moes walgooi, want die media en ondersteuners was in opstand.
Die Bokke speel al sedert 1906 in ʼn groen trui (toe met donkerblou broeke en kouse) en die Springbok op die bors. Ja, dit was nie aan die begin van die toer die geval nie en die besluit is eers op toer geneem deur die kaptein, Paul Roos, die onderkaptein, Harry (Paddy) Carolin, en die spanbestuurder Cecil (Daddy) Carden.
Dis niks nuut nie dat spanne hul truie verander. Ons praat hier nie van wanneer truie bots nie, soos wanneer die Bokke in wit teen Ierland speel nie, ons praat van truie wat verander word.
Dit gaan alles oor die borg, oor bemarkingswaarde, hoewel daar feitlik elke keer kritiek daaroor uitgespreek word.
Die All Blacks het in 2016 in swart-en- wit-truie teen die Franse gespeel, die Engelse het al in rooi en selfs in pers truie gespeel. Die Franse in wit, ligblou, donkerblou en ook in rooi, Wallis in groen en rooi en swart, en so kan ons aangaan.
En nou volg die Bokke.
Gaan oor geld en geld maak n paar honderduisend van die rooi truie sit dit in winkels en viola paar miljoen rand
Die rooi trui is ok, maar daai rooi broek????!!!Nee wat!!! Ek dink ‘n swart broek sou baie beter gelyk het
Ek is dan nou ñ volwaardige All Black ondersteuner. Julle vat ons trots weg.
Dit is nie nodig om altyd agter die res van wereld aan te hardloop nie. Wat van ons eie sienings
Nee man hul lyk GREAT!
Hul het net red berrets ook nodig op hul koppe dan lyk hul volwaardig soos n EFF span.
Met sulke politieke span keuses wat Mnr AC nege lewens of al dan eerder 999 lewens alweer maak, maak alles perfek sin……Go All Blacks!
ek wonder wie se nefie of broer of iets bvesit die kontrak vir die nuwe truie. hier is my raad. kom ons boikot sa rugby vir n paar games en kyk wat gebeur. ons het n stem gebruik dit.
Wel as hulle nie al die leeus bokke wil maak agv van kwotas nie dan trek hulle maar die bokke aan soos leeus!!
Verwyder ook die bok embleem en behou die rooi trui , ek stel in elkgeval nie meer belang in n kwota bok span nie , ek hoop julle vetloor!!!!!!!
Miskien verdien van hulle nie die groen en goud?