Kopstampe kos Pumas twee staatmakers

Neil Maritz – buiging wag. (Foto: André Meintjes/Steval Pumas)

Kopstampe het die Pumas genoodsaak om twee staatmakers te vervang vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Goue Leeus op Ellispark.

Die losskakel Justin van Staden word deur Kobus Marais vervang, en die agsteman Willie Engelbrecht vervang Francois Kleinhans.

Chris Cloete, die Pumas se SA A-flank, en Neil Maritz kom op die bank tereg.

Die veelsydige agterspeler Maritz sal sy buiging vir die Pumas maak, as hy van die bank af opgaan.

Die span –

15. Gerrit Smith, 14. JP Lewis, 13. Jerome Pretorius, 12. Hennie Skorbinski (kaptein), 11. Ruwellyn Isbell, 10. Kobus Marais, 9. Stefan Ungerer, 8. Willie Engelbrecht, 7. Lambert Groenewald, 6. Thembelani Bholi, 5. Hugo Kloppers, 4. Stefan Willemse, 3. Pieter Scholtz, 2. Mark Pretorius, 1. Kwezi Mona. Bank: 16. Frankie Herne, 17. De-Jay Terblanche, 18. Cameron Lindsay, 19. Brian Shabangu, 20. Chris Cloete, 21. Reynier van Rooyen, 22. Neil Maritz.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.