Korea is steeds in die wedloop om ʼn plek in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan los te slaan.
Hy het Maleisië Saterdag in Intsjon, Korea, met 67-12 in die Asiatiese Rugbykampioenskap vermorsel.
Die Koreane is tans die voorloper in dié reeks, maar Hongkong (tweede) het ʼn wedstryd minder gespeel.
Die Asiatiese kampioen speel teen die Cook-eilande (Oseanië) uit om ʼn plek in die vierhoekige heruitdun wat die laaste van die 20 plekke in die WB-toernooi sal bepaal.
♦ In Almaty, Kazakstan, het die tuisspan seker gemaak hy wen Afdeling III Sentraal van die kampioenskap, toe hy Pakistan se neus met 48-0 in die stof gevryf het.
Die Nomade het vroeër ʼn wegholoorwinning van 55-6 oor Mongolië behaal.
Pakistan het Kirgisië met 82-0 verbrysel.
Die beplande wedstryd tussen Mongolië en Kirgisië het deur die mat geval.