Kouse by vertoonstryd het ’n Grey-skynsel

Voor: Neels Volschenk (skoolkaptein), Ruan Pienaar, Jaco Peyper, mnr. Deon Scheepers (skoolhoof), WJ Steenkamp en Jean Smith (onderkaptein, koshuis).
Agter: Dries Swanepoel, Frans Steyn, Jurie Geldenhuys (onderkaptein, stad), Derik Pretorius en Richard Kriel.

Verskoon tog môre die babbelkouse wat opgewonde oor die spelers se kouse tydens die vertoonwedstryd tussen die Cheetahs en ’n Toyota-uitnodigingspan in Bloemfontein klets.

Vanweë ’n blink inisiatief sal die spelers die geleentheid kry om in hul onderskeie skole se rugbykouse op die veld te draf.

“Met hierdie gebaar wil ons al die skole en skoolafrigters bedank vir die werk wat hulle doen om jaarliks spelers van topgehalte te lewer,” het Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs, gesê.

En met een van die land se heel beste rugbyskole net ’n paar minute se ry weg van die stadion, is dit vanselfsprekend dat Grey Kollege goed verteenwoordig sal word.

In môre se tweestryd sal Ruan Pienaar (2002), Frans Steyn (2005), Dries Swanepoel (2011), WJ Steenkamp (2018), Richard Kriel (2018) en Derik Pretorius (2016) die kouse van Grey Kollege dra. O ja, Jaco Peyper (skeidsregter) is ook ’n oudleerling van die beroemde skool.

Agter die skerms is skeidsregter-assisstente Daren Colby (oudleerling), Clearance Khumalo (onderwyser, Grey Primêr) en  Albert Keuris (oudleerling) ook werksaam.

Die skool het vanoggend amptelik die rugbykouse aan al die oud-Greys oorhandig.

Die wedstryd begin môre om 16:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Craig Barry (regtervleuel), Dries Swanepoel (buitsenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Brandon Thomson (losskakel), Ruan Pienaar (skrumskakel), Jeandré Rudolph (agtsteman), Oupa Mohoje (flank), Andisa Ntsila (flank), Rynier Bernardo (slot), Victor Sekekete (slot), Aranos Coetzee (stut), Wilmar Arnoldi (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Schalk Ferreira, Coenraad van Vuuren, Jacques Potgieter, Aidon Davis, Tian Meyer, Howard Mnisi, Duncan Saal, Chris Massyn en Alulutho Tsakweni.

Uitnodigingspan: Richard Kriel (heelagter, Bulls), Jamba Ulengo (regtervleuel, Lions), Cornel Smit (buitesenter, Stormers), Shayne Bolton (binnesenter, Shimlas), Leolin Zas (linkervleuel, Stormers), Inny Radebe (losskakel, OP), Dillon Smit (skrumskakel, Lions), WJ Steenkamp (agtsteman, Bulls), Johan du Toit (flank en kaptein, Stormers), Roelof Smit (flank, Lions), Jean Droste (slot, Cheetahs), Reinier Viljoen (slot, Shimlas), Michael Kumbirai (stut, Sharks), Marnus van der Merwe (haker, Cheetahs) en Khwezi Mona (stut, Sharks). Plaasvervangers: Dan Jooste (Sharks), Kwenzo Blose (Stormers), Sazi Sandi (Stormers), Derik Pretorius (CUT), Ruhan Straeuli (Lions), Keagan Johannes (Bulls), JP Duvenhage (Shimlas), Tristan Leyds (Stormers), Jason Alexander (Stormers), Mihlali Mosi (Madibaz) en Cohen Jasper (CUT).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.