Kraaie-rugbydag lok vier topspanne uit Boland

kraaifonteinVier topspanne uit die Boland, insluitende die bond se kampioen, sal Saterdag 5 Maart aan die Jan du Toit-rugbydag op Kraaifontein deelneem.

Veertien wedstryde word vir die geleentheid op die Kraaifontein-sportterrein beplan. Die rugby begin 12:00.

Kattes Kruger, die organiseerder van die dag, sê benewens die wenner van die Bolandse Grootuitdaagreeks, Worcester Villagers, sal Wellington, Never Despair (Malmesbury) en Ceres met drie spanne elk in aksie wees.

Al vier klubs het, wat die Grootuitdaagreeks betref, onder die topspanne in hul streke geëindig.

Die tuisspan word uit die Westelike Provinsie (WP) aangevul deur Villagers, Goodwood en Raithby Universals (Firgrove). Dié vier se o.20-spanne neem ook deel.

Die Kraaie, wat verlede jaar tweede in die WP se Superliga C was, se spanne speel almal teen hul eweknieë van Worcester Villagers.

Villagers van Brookside, wat verlede jaar derde laaste in die WP se Supeliga A was en afgeskuif is, speel teen Ceres; die Superliga C-wenner, Goodwood, durf die Spairboys aan; en Univerals pak Wellington.

Wat die o.20s betref, speel die Kraaie teen Villagers (Brookside) en Universals teen Goodwood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.