Krag-teen-krag Curriebekerrugby ook op weeksdae

sa-rugby-logo-cropDaar sal vanjaar net sewe spanne in die Curriebekerreeks se Premierliga speel en van die wedstryde sal deur al die spanne in  die middel van die week gespeel word.

SA Rugby het Vrydag na maande se gesloer die nuwe reeks aangekondig.

Die voorste ses spanne van verlede jaar se reeks sal saam met die Pumas in die uitsoekreeks speel wat op 12 Augustus begin – ʼn week na die Superreeks se eindstryd.

Die spanne wat in die premierliga sa speel, is die Vrystaat Cheetahs, die Blou Bulle, die Goue Leeus, die Westelike provinsie, die Sharks, Griekwas en die Pumas.

Die nuwe reeks is ʼn poging om deurgaans krag-teen-krag wedstryde op te lewer wat in nie verlede jaar se liga van nege spanne gesien is nie.

Die Pumas het weliswaar agste geëindig en die Boland sewende, maar het hulle insluiting daaraan te danke dat hulle buiten die boonste ses spanne die beste rekord die afgelope vyf jaar het.

Hierdie besluite is Vrydag deur die Spesiale Algemene Raad van SA Rugby geneem.
Die reeks, waar elk van die spanne op ʼn tuis- en weggrondslag teen die ander spanne sal speel, sal vanjaar ook ʼn reeks promosie- en relgasiewedstryde tussen die laaste span in die Premierliga en die voorste span in die Eerste Liga insluit.

Die Eerste Liga sal uit agt spanne bestaan wat ʼn verteenwoordigende span van Namibië die Welwitchias insluit. Die agt spanne sal in ʼn enkelronde meeding en die Namibiërs sal ook om promosie mag speel.

Die spanne in die Eerste Liga is Boland, Griffons, Valke, Luiperds, OP, Grens, SWD en die Weltwitschias (Namibië).

Die Curriebeker se eindstryd word op 28 Oktober gespeel. Soos verlede jaar sal Nasua en Direct Axis weer die reeks finansieel steun.

♦  Vroeër Vrydag het Pale Toe! daarop gewys dat daar reeds op elke dag behalwe Dinsdag en Woensdag wedstryde gespeel word, maar nou het Woensdag ook klaarblyklik ʼn wedstryddag geword.

Daar is darem nog Dinsdae oor…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.